riviersonderend

Wat bly van jou konstruksies oor?

with 12 comments

Die foto is in die Wes-Kaap geneem en die vraag kom uit ‘n gedig. Ek dink die vraag is eenvoudig, so ook die antwoord. Die moeiliker deel is om vrede te maak met die antwoord.

monument.jpg

Spekuleer gerus oor waar die foto geneem is, en watter gedig ter sprake is. Die wenner kry niks. Net die wete dat ander weet jy was reg.

Advertisements

Written by George Maru

6 November 2007 at 20:58

Posted in sommer net

Tagged with

12 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Die gedig is van Joan Hambidge (ek dink), daai girl wat soms in Die Burger ook skryf, maar die naam ontgaan my.

    En die antwoord is… ?

    sonkind

    6 November 2007 at 21:56

  2. Ek stem ten volle met jou saam oor die konstruksies en wat daarvan oorbly. Ek is juis besig om te kyk waar myne vandaan kom…

    Die foto: Dalk die vrouemonument?
    Gedig: geen idee.

    Adam

    7 November 2007 at 10:34

  3. Eks net dankbaar jyt daai “nek-byt-knieg-inni-rug-seer-oppi-oog-swaar-inni-gemoed-waterlose-rivier-met-‘n-end” header vervang….!!!

    johannes coetzee

    7 November 2007 at 10:55

  4. Hey George,

    Al wat oor bly is…

    Die onverdraagsame kerk…

    – Breyten Breytenbach

    K ‘-)

    Karin

    7 November 2007 at 19:17

  5. Sonkind, “daai girl wat soms in Die Burger ook skryf”? 🙂

    Adam, amper. Dit is ‘n monument, maar nie die Vrouemonument nie.

    Johannes, kla jy?

    Karin, jip, dit is BB se gedig “Liewe Afrikaner…” Ek het egter nie die onverdraagsame kerk in gedagte gehad nie. Kan jy dit glo? Die rede is eintlik baie meer obskuur.

    George Maru

    8 November 2007 at 7:39

  6. George

    Nee net bly.

    johannes coetzee

    8 November 2007 at 10:34

  7. liewe afrikaner is mooi 🙂

    hmmmmmmmmm….die hugenotemonument? (dis mos die een daar in franschhoek se naam?)

    Johan Swarts

    8 November 2007 at 12:01

  8. Agtog, dis die een wat ek in gedagte gehad het. Ek onthou ‘n vrou wat daar voor staan, en toe dink ek vrouemonument. Mooi, Johan…

    Adam

    8 November 2007 at 14:39

  9. Kan ek raai dis by die Franse Hugenote Monument in Franschhoek geneem?

    O genade, ek sien nou eers Johan het klaar dit geraai! 😦 Net toe ek dink ek kan ook iets raakraai!!!

    René

    8 November 2007 at 15:46

  10. Jip, die Hugenote-monument.

    Adam, interessant. Ek doen presies dieselfde – praat ook van die Vroue monument en bedoel die Hugenote monument, alhoewel ek nog nooit by die Vroue-monument was nie.

    George Maru

    9 November 2007 at 7:06

  11. whooohoooo!!!

    Johan Swarts

    9 November 2007 at 11:36

  12. (ek doen dit ook.)

    Johan Swarts

    9 November 2007 at 11:36


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: