riviersonderend

Klim uit die kas! Klim uit die kas!

with 15 comments

cowboy.jpg

Soms moet mens in die spieël kyk en die waarheid wat jou aangluur, konfronteer. Dit help nie om ander pad te kyk nie. Dit is maar net weer daar as jy volgende keer jou gesig was.

Ek kyk deur my musiekversameling. Emmylou Harris. The Dixie Chicks. Shania Twain. Johnny Cash. Soggy Bottom Boys. Ensovoorts.

Ja, ek luister Country. En ek hou daarvan.

Oe, dit is mooi.

Advertisements

Written by George Maru

3 November 2007 at 7:49

Posted in musiek

Tagged with ,

15 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Ek dog jy’t daai in ‘n boks gepak, he he he! Ek luister net na sekere country, bv. John Denver en ‘n paar ander. Ek hou van Johnny Cash, maar het eintlik niks van hom nie, behalwe op so ‘n gemengde langspeelplaat, ‘n ding wat hy so praat-sing: A Boy Named Sue. (Pas nogal half in by jou titel). Ken jy dit?

    mykopop

    3 November 2007 at 9:53

  2. Nou voel ek ook nie meer so alleen nie, George. Onder andere, luister ek ook Country, dis maar een van my musiekgesplete persoonlikhede 😈

    Ek beplan om jou te oortuig om NIE Tequila af te sweer nie – watch and learn!

    sonkind

    3 November 2007 at 13:27

  3. hehehehe, jy laat my glimlag met die een.

    Johan Swarts

    3 November 2007 at 16:51

  4. MKOB: Ek dink nie ek het hulle ingepak nie 🙂 Ja, ek ken “A Boy Named Sue”.

    Sonkind, ek sal vir ons ‘n ondersteuningsgroepie begin vir mense wat Country, per geleentheid, geniet en daarvoor die spot van ander moet verduur.

    Johan, net glimlag?

    George Maru

    4 November 2007 at 9:47

  5. ja, kom ons hou by glimlag 😉

    Johan Swarts

    4 November 2007 at 12:06

  6. Wie het dan nou gesê daar iets verkeerd met Country? LOL!

    ….. Smile Johan smile!!!

    Basil

    4 November 2007 at 15:38

  7. /me glimlag vir ‘n vale vrek

    ek love country, i mean wie kan dan nou nie? dis so countryrig en so aan…

    Johan Swarts

    4 November 2007 at 16:57

  8. sjoe… eks bly jyt dit nie “gospel” gedoop nie..

    Die hele wereld is hartseer en gaan gebuk onder die “groot verdrukking”…

    (Psa 137:1) By die riviere van Babel, daar het ons gesit, ook geween as ons aan Sion dink.

    (Psa 137:2) Aan die wilgerbome wat daarin is, het ons ons siters opgehang.

    (Psa 137:3) Want daar het hulle wat ons as gevangenes weggevoer het, van ons die woorde van ‘n lied gevra en hulle wat ons verdruk het, vreugde, deur te sê: Sing vir ons ‘n Sionslied.

    johannes coetzee

    4 November 2007 at 19:47

  9. Basil, hulle bestaan.

    Johan, nou raak jy te esoteries vir my.

    Johannes, ek luister selfs na gospel (maar nie baie nie – meeste daarvan is musikaal verdag).

    George Maru

    4 November 2007 at 21:11

  10. As jy dit kan regkry om by Indiefeed podcasts uit te kom, is daar ‘n baie mooi channel, The Folk Americana Channel. Hul goed is ‘n mengsel van folk en country, en dis alles onbekende kunstenaars, maar regtig die moeite werd. Ek sal veral Shawn Hayes, Jaypea en sulke goed aanbeveel, maar hulle het ook ‘n paar minder bekende nommers van daai vrou wat destyds Bette DAvis eyes gesing het (ek vergeet nou vir ‘n oomblik haar naam).

    Bertus!

    4 November 2007 at 22:12

  11. My naam is René en ek luister ook Country…

    René

    5 November 2007 at 8:59

  12. Bertus, haar naam is Kim Carnes! 😈

    René

    5 November 2007 at 9:01

  13. ek love die esoteriese. i mean wie kan dan nou nie? dis so esoteries en so aan :p

    Johan Swarts

    5 November 2007 at 18:52

  14. Bertus! thx!

    René, erkenning is die eerste stap dat jy nie ‘n probleem het nie. 🙂

    Johan, kom terug! Kom terug!

    George Maru

    6 November 2007 at 7:20

  15. Ek het country musiek op my ipod… maar ek trek die lyn by Dolly Parton.

    Anoniem

    6 November 2007 at 10:39


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: