riviersonderend

Aaarrrrggghh!

with 10 comments

Ek wens iemand kan aan my verduidelik hoekom dit so moeilik is vir 1time om ‘n vlug min of meer op tyd te laat vertrek en nie 2/3 ure later nie. Veral nie as die vlug vir 21.00 op ‘n Sondagaand geskeduleer was nie.

In elk geval.

Dit is tyd vir ‘n nuwe kopskrif-foto.

Die kopskrif is van ‘n skildery van William-Adolphe Bouguereau. Op sy dag is hy gesien as een van die wêreld se grootste skilders. In 1900 het Degas en Monet gemeen dat hy onthou sal word as een van die grootstes. Degas het dit waarskynlik ironies bedoel as kommentaar op die smaak van toekomstige geslagte.

Die skildery se titel is “Dante en Vergilius in hel.”

12.jpg

O ja, voor ek vergeet, dankie vir die ekumeniese interblogskakeling. Ons maak weer so.

Advertisements

Written by George Maru

28 Oktober 2007 at 21:20

Posted in sommer net

10 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Mmm… Terwyl ek in antisipasie op 1time wag, is dit die nuushooftrekke op BBC News:

    “Virgin co-pilot in alcohol arrest”

    En:

    “SAS grounds planes in safety fear”

    Uhm. Oukei. Goed.

    George Maru

    28 Oktober 2007 at 21:57

  2. Fabulous kopskrif, en skerp byskrif!

    idiwidi

    29 Oktober 2007 at 2:09

  3. Is die detail in die skildery nie asemrowend mooi nie?? Laat my nou terug verlang National Gallery toe!!

    René

    29 Oktober 2007 at 8:59

  4. Eina!!!

    johannes coetzee

    29 Oktober 2007 at 12:13

  5. ek het 2 gratis retoer kaartjies by 1time gekry. behalwe, hulle vlieg glad nie na ons (vierde grootste in die land) stad nie.

    maeree

    29 Oktober 2007 at 13:30

  6. Is dit liefkosing of geweldpleging?

    1time is nog okay – bly weg van Nationwide af – hulle verloor sommer op gereelde basis jou bagasie!

    sonkind

    30 Oktober 2007 at 16:10

  7. Maeree, maar Pretoria is mos naby die lughawe?

    Sonkind, dit hang seker af waar jy die streep trek?

    George Maru

    30 Oktober 2007 at 19:14

  8. wow

    of dit nou liefkosing of geweldpleging is, dis ‘n onsettende mooi skildery. amper fotorealisties. og dis vir my mooi.

    (dit lyk ook soos die helfte van quake 3 se levels, maar dis ‘n saak vir ‘n ander dag, hehe…)

    Johan Swarts

    30 Oktober 2007 at 22:12

  9. George

    Ek dink die skilder illustreer dat die mensdom “moertoe die vreemde in” lank voor ons tyd alreeds bereik.

    Dit laat my dink aan die “laaste 5 maande” van Openb 9

    (Openb 9:5) En dit is aan hulle gegee, nie om hulle dood te maak nie, maar dat hulle vyf maande lank gepynig sou word; en hulle pyniging was soos die pyniging van ‘n skerpioen wanneer hy ‘n mens steek.

    (Openb 9:6) En in dié dae sal die mense die dood soek en dit nie vind nie; en hulle sal verlang om te sterwe, en die dood sal vir hulle wegvlug.

    johannes coetzee

    31 Oktober 2007 at 9:56

  10. gauteng = een stad

    maeree

    1 November 2007 at 10:42


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: