riviersonderend

Woohoo! The crazy ones

with 10 comments

Môre word jy gebore te midde van groot opgewondenheid. Mense sal na hulle asem snak. Hulle sal “oe” en “ah”. Hulle sal na jou kyk en begeer. Die media sal liries oor jou berig op CNN, BBC, in The New York Times, The LA Times, Washington Post en dalk selfs in Suid-Afrika.

Met watter byvoeglike naamwoorde sal ‘n mens jou beskryf? Intuïtief? Uitmuntend? Voortreflik? Die beste? Die gevorderdste?

Woorde beskryf jou so gebrekkig. Daar is nie ‘n ander soos jy nie.

Jy is die mooiste van alle katte.

Jy maak van my ‘n geek, ‘n fan boy, goeters wat ek nooit gedink het ek kon of wou word nie.

Kom Leopard, kom gou! Haas jou vinnig oor die waters na Afrika.

Advertisements

Written by George Maru

25 Oktober 2007 at 6:50

Posted in nuus

Tagged with , ,

10 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Dit maak Jesus No 1 op my lysie

    (Mar 3:21) Toe sy mense dit hoor, gaan hulle uit om Hom in die hande te kry; want hulle het gesê: Hy is buite sy sinne.

    (Mar 3:22) En die skrifgeleerdes wat van Jerusalem af gekom het, het gesê: Hy het Beëlsebul! en: Deur die owerste van die duiwels dryf Hy die duiwels uit.

    (Joh 21:25) En daar is nog baie ander dinge wat Jesus alles gedoen het; maar as hulle een vir een beskrywe moes word, sou die wêreld self, dink ek, die geskrewe boeke nie bevat nie. Amen.

    Hy kom terug in 2011 … hou die wolke dop vanaf 21 Mei tot 21 Oktober 2011 net meer as 1300dae…. 184 weke of net minder as 44maande….!

    johannes coetzee

    25 Oktober 2007 at 9:03

  2. Johannes, ek sal graag wil weet waar/hoe jy daaraan kom… (Ek het op jou site gaan kyk, maar kon niks kry nie)

    “Hy kom terug in 2011 … hou die wolke dop vanaf 21 Mei tot 21 Oktober 2011 net meer as 1300dae…. 184 weke of net minder as 44maande….!”

    machiel

    25 Oktober 2007 at 11:28

  3. Machiel

    Jy kan ook die website http://www.timehasanend.org deurwerk of die boek “Time Has An End” by http://www.familyradio.com bestel. As jy vir Family Radio ‘n e-mail stuur en die boek aanvra, sal hulle die boek gratis vir jou beskikbaar maak.

    Dis net eenvoudig verstommend om te sien hoeveel inligting in die Skrif geskrywe is wat doodeenvoudig oor al die eeue deur Bybelstudente vrkeerd gelees is, omdat dit deur God “geheim gehou” is. Dis inligting wat nou eers korrek verstaan word omdat dit nou eers die tyd van die einde is…. en die seëls nou onlangs (die laaste 23 jaar) gebreek is

    (Dan 12:4) En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder.

    Jy kan in die aande tussen 18h00 en 01h00 oor die AM 1197khz in skakel as jy in Suid Afrika woon.

    Dankie vir die navraag.

    johannes coetzee

    25 Oktober 2007 at 12:13

  4. Machiel

    Ek het my vorige post beantwoord sonder om te kyk of daar ‘n link is na jou potgooi.nl

    So julle bly in Nederland julle behoort geen probleme te ondervind om hulle satelite uitsendings op te tel nie.

    Ek het by ‘n yahoo bybelstudiegroep aangesluit waar hierdie inligting deurentyd bespreek word. hier is die link… http://groups.yahoo.com/group/Latter_Rain/

    groete aan al ons maatjies in nederland…

    johannes coetzee

    25 Oktober 2007 at 12:22

  5. George, ek sien jy het nou ‘n “,net” adres. Kan jy dalk die geheim deel hoe om dit te bekom of is dit slegs teen betaling?

    boerinballingskap

    25 Oktober 2007 at 14:57

  6. I want to be a crazy one!

    Dis baie mooi, George.

    sonkind

    25 Oktober 2007 at 17:11

  7. Boer, die hele oefening kos $15. Jy kan meer daaroor hier lees.

    George Maru

    25 Oktober 2007 at 23:01

  8. Vandat Macintosh op BSD gebaseer is, is dit darem nie meer te vrot nie. As dit nie vir die soort reklame was nie, het ek dalk self ‘n Mac genoeg begeer om een te koop. Maar hierdie soort advertensie laat my lag. Ek kry dikwels die idee Mac-gebruikers glo werklik die Macintosh reklame. Hulle glo deur ‘n Mac te besit, hoort hulle in die geselskap van Einstein, Ghandi, Mandela en Che.

    Wat mens vir ‘n Mac-gebruiker moet vra, is: ‘Wys my wat het jy met jou Mac gemaak?’

    alleman

    28 Oktober 2007 at 13:45

  9. Alleman, ek weet nie van een Mac gebruiker wat glo dat hulle in die geselskap van Einstein, Ghandi ens. hoort nie. Die ad is bloot nice vir die idee van “think different”. Maar om ‘n Mac te koop gaan dit vir seker nie laat gebeur nie.

    George Maru

    28 Oktober 2007 at 21:50

  10. Ek het al sulkes ontmoet. Maar ek moet darem bysê jou blog is ‘n baie goeie voorbeeld van ‘think different’

    alleman

    29 Oktober 2007 at 1:31


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: