riviersonderend

Resistance is futile; you will be assimilated

with 6 comments

 

Teen 2027 behoort rekenaars mense in intelligensie verby te steek. Teen 2045 sal ons die “Singularity” bereik. Dit beteken dat tegnologie so vinnig sal ontwikkel dat suiwer biologiese wesens, soos die mens nou, nie meer sal kan verstaan nie.

Kurzweil meen ook dat daar ‘n tyd sal kom wanneer vituele seks beter en lekkerder as die ware Jakob sal wees. Oor 20 jaar sal rekenaars bewussyn hê.

Die era sal aanbreek wanneer ons en tegnologie sal saamsmelt – jou brein sal wemel van nanobots. Hierdie mens sal post-menslik wees. Kurzweil sien nie ‘n ander alternatief vir die mens as om saam te smelt met tegnologie in die toekoms nie.

Advertisements

Written by George Maru

24 Oktober 2007 at 6:38

Posted in nuus, wetenskap

Tagged with , ,

6 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Vandag skryf ek met ‘n baie mismoedige hart vir u.

    My man het 2 maande terug sy werk verloor as gevolg van die Balju van Wellington wat sy vrou vermoor het. My man was die adjunk balju.Hulle is dadelik afgedank en dus sonder inkomste.

    Ons het 3 tienner dogters en ons moet eet, ons moet rekeninge betaal, en noodsaaklikhede vir die tienners koop en weet nie wat alles nie.

    Ons is moedeloos, waarheen gaan ons. Daar is niks wat ons kan eet in ons huis nie en die kinders moet meeste van die tyd skool toe gaan sonder ontbyt.

    Waar kan ons hulp kry. Niemand sien ooit raak wat ons moet deur gaan nie. Mense dink nie daaraan dat daar honger blanke Suid-Afrikaanse gesinne is nie. Ons hele gesin is wedergebore kinders van die Here. Ons dien die Here met oorgawe.

    Ons het al orals probeer, selfs by ons kerk. Hulle het een maal gehelp en toe nie weer nie.
    Ek weet daar is mense wat kanse vat, maar hierdie is ‘n ware verhaal. Ek sou nie vra as dit nie regtig sleg met ons gegaan het nie/
    Hierdie is ‘n noodkreet.

    My bank besonderhede is as volg as u dit dalk in u hard dit vind om ons te help
    Standard Bank Paarl
    Rekening nommer: 076838692
    Takkode: 051001
    Rekening naam: L Lourens

    Louise Lourens

    Louise

    24 Oktober 2007 at 10:30

  2. Imagine… You think you want to send a fax to your friend and he reveived it….?

    Louise Lourens …. ek het daaraan “gedink” om aan jou ‘n ou klein depositokie te maak…. hoop jyt dit onvang. Laat gerus weet as ek weer moet dink… ek hoop net oom Kurzwiel se smeltkroes-kopkomper werk…!

    johannes coetzee

    24 Oktober 2007 at 11:08

  3. Dit bring ons by my punt:

    Nie eers ‘n 10de vd wereld se mense het tans rekenaars nie. Verondersteld Kurzweil n wereld waarin die ander 90% ook miljoene nanobots kan bekostig?

    freddy

    24 Oktober 2007 at 12:04

  4. Virtueel vs Real? Ek weet darem nie.

    sonkind

    24 Oktober 2007 at 20:26

  5. Louise, ek is ongelukkig ‘n effe skeptiese persoon. As jy hier lees, sal jy gou agterkom ;). Ek moet op ‘n manier kan verifieer wat jy hier geskryf het, en dan sal ek help.

    Jy meld dat jy reeds by jou kerk vir hulp aangeklop het. Dus is hulle bewus van jou situasie. As jy vir my jou dominee se besonderhede kan stuur, kan ons dalk ‘n reëling maak om deur middel van jou kerk jou te help. Ek is seker daar is ander bloggers wat ook sal help as ons op die manier jou situasie kan verifieer. As jy op “Oor riviersonderend” kliek, sal jy sien dat jy vir my ‘n privaatboodskap kan stuur. Stuur vir my jou dominee se naam, ek sal sy/haar telefoonnommer kry en hom/haar kontak.

    Dan neem ons dit van daar.

    (Good grief, kry ek sopas ‘n goeie doel vir die kerk. Haai, wat word van die wêreld?)

    Freddy, tegnologie beïnvloed almal. Mense wat nie toegang daartoe het nie, word net nog meer uitgesluit en verder agter gelaat. Maar die nanobots behoort hulle ook te “bevoordeel”. 😉

    Sonkind, jy maak my dag! Ek het al begin dink niemand gaan iets daaroor sê nie. Dankie.

    George Maru

    24 Oktober 2007 at 21:09

  6. Ek dink die mens skep nog van altyd af vir haarself verskillende vorme van “real”. Deesdae doen ons dit met tegnologie en noem dit “virtual” en nou freak dit almal skielik uit.
    Bring it on, sê ek.

    idiwidi

    28 Oktober 2007 at 18:12


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: