riviersonderend

Prioriteite

with 4 comments

‘n Zen-meester het langs ‘n rivier gemediteer. ‘n Jong vrou wat verby hom geloop het, het hom onderbreek met ‘n versoek: “Meester, ek wil jou dissipel word.”

“Hoekom?” wou die man weet.

“Want ek wil God vind,” het die vrou geantwoord.

Die meester het opgespring, haar aan haar hare gegryp en na die rivier gesleep. Hy het haar kop onder water gedruk, terwyl sy tevergeefs gespartel het. Na ‘n rukkie het hy haar kop uit die water gelig, en gevra: “Waarna het jy die meeste gesmag terwyl jy onder water was?”

“Suurstof,” het sy uitasem geantwoord.

“Nou maar goed,” het die meester geantwoord, “gaan huis toe en kom terug wanneer jy God net soveel soek as die suurstof.”

Advertisements

Written by George Maru

21 Oktober 2007 at 16:30

Posted in boeddhisme

Tagged with ,

4 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Die jong vrou het toe huis toe gegaan, en met haar broers terug gekom. Hulle het die Zen-meester se kop onder water gedruk terwyl hy tevergeefs gespartel het.
    Na ‘n rukkie het hulle bewys dat die Zen-meester se prioriteite dieselfde as hul suster s’n is.

    alleman

    21 Oktober 2007 at 19:51

  2. lol

    Johan Swarts

    22 Oktober 2007 at 13:25

  3. 🙂 alleman, jy’t my nou lekker laat lag!

    boerinballingskap

    22 Oktober 2007 at 16:12

  4. Alleman! Jy is snaaks. Die oorspronklike verhaal praat natuurlik nie van ‘n vrou nie, maar van ‘n jong man. Die leermeester is mos altyd ‘n man, en so ook die dissipel. Ek vind dit seksisties en verander dus die geslagte soos ek voel. In een van die toekomstige stories sal die leermeester ook ‘n vrou wees.

    Die storie het my wel aan ‘n paar goed laat dink:
    1) Ek sou nie die konsep God binne die konteks verstaan soos 99% Suid-Afrikaners dit verstaan nie. Ek sou dit meer sien as ‘n metafoor vir die lewe se misteries en die vrae waarvoor daar nie antwoorde is nie: waar kom ek vandaan? Waarheen gaan ek as ek dood is? Hoekom is ek hier? Die eerlike antwoord hierop is natuurlik: ek weet nie. Wat my fassineer is die wisselende mate waarin hierdie vrae mense raak. Ek dink nie daar is ‘n reg of verkeerd nie. Ons almal is net verskillend.

    2) Ek sou wou beweer dat die frase “ek wil God vind” deur meeste mense geuiter word iewers in hulle lewens, maar dat verreweg die meeste mense nie eintlik werklik belangstel nie. Dit is ook nie noodwendig verkeerd nie. Dit gaan eintlik daaroor hoe ons onsself bluf. Eintlik kom ons elke dag goed oor die weg sonder die Godidee en wat dit verteenwoordig. Tog is ons bang om dit aan onsself te erken. Hoekom? Dalk moet ons dan ons meer optimistiese siening van die mens dan effens aanpas – iets wat ons met moeite doen? In hierdie opsig was Nietzsche reg toe hy geskryf het dat God dood is. Want die mens leef sonder die noodsaaklikheid van ‘n godheid se bestaan. Tog wil hy nog met die mond die bestaan van daarvan bely.

    Interessant.

    George Maru

    22 Oktober 2007 at 19:13


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: