riviersonderend

Hoe dink jy?

with 30 comments

Hier is ‘n dame wat in die rondte draai. Draai sy kloksgewys, of anti-kloksgewys? Ek hoor veral van diegene wat haar anders sien draai as ek. Want ek het nou gekyk en gekyk en ek kan haar nie so sien draai nie. Ek is seker ek word vir die gek gehou.

Ek sal later die skakel plaas, asook wat dit beteken. (Toemaar, jou antwoord is nie ‘n aanduiding van jou geestestoestand nie. Dit mag jou wel as die ingenieurstipe ontbloot.)

UPDATE: Help, ek raak mal. Sy draai nou alle kante toe!!

UPDATE UPDATE: Nou draai sy net kloksgewys. Ek kry haar nie getip nie! En ek het ‘n kopseer.

movement.gif

Advertisements

Written by George Maru

15 Oktober 2007 at 19:32

Posted in sielkunde, sommer net

30 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Twee Myprodols vir die kopseer, George. hoekom wil jy haar tip? Sy draai vir my ook alkante toe – dalk is ek net so alkante toe gedraaid as sy! En sy draai nie net nie – sy SPRING ook!

    sonkind

    15 Oktober 2007 at 20:44

  2. Liewe jimmel, het julle iets gesnuif. Hierdie vrou draai net kloksgewys. So helder soos … die Big Ben.

    RMB

    16 Oktober 2007 at 8:35

  3. uhhhh! nou voel dit asof ek weer op daardie swaai onder daardie boom is in daardie tuin van lank gelede. my kop draai.

    kloksgewys.

    idiwidi

    16 Oktober 2007 at 9:56

  4. Sy draai alleen maar kloksgewys. Vir dié van julle wat haar dan na die eenkant en dan na die ander kant (wil)sien draai, moenie verder lees nie, want hier kom die

    ***SPOILER***

    As mens na die voet wat op een plek draai kyk, kan jy hom net een kant toe sien draai…

    Om haar weer te laat antikloksgewys draai, scroll die prentjie af, dat jy nie meer haar voet sien nie en siedaar, daar gaan sy weer alle kante op!

    -of probeer jouself oortuig dat jy haar voet van onder sien…

    machiel

    16 Oktober 2007 at 12:40

  5. Albei kante toe.

    Adam

    16 Oktober 2007 at 15:08

  6. Ek weet nie wat julle snuif nie – maar of ek nou haar voete sien of nie – sy draai nogsteeds net een kant toe, kloksgewys!!

    Nou het ek ook hoofpyn! Oi!! :mrgreen:

    René

    16 Oktober 2007 at 16:55

  7. Natuurlik draai sy kloksgewys! Dis nou as jy van bo af kyk. Julle het tog wraggies haar nie van onder loop staan en bekyk nie?

    My Kop Op 'n Blok!

    16 Oktober 2007 at 22:05

  8. Ag nee my moer… ek is nou skoom dronk in die kop. Die klein merrie draai nes sy wil…

    Vertel tog maar die geheim???

    K ‘-)

    Karin

    18 Oktober 2007 at 1:25

  9. Ag nee my moer… ek is nou skoon dronk in die kop. Die klein merrie draai nes sy wil…

    Vertel tog maar die geheim???

    K ‘-)

    Karin

    18 Oktober 2007 at 1:25

  10. as ek dronk raak van 1minuut se kyk, hoe moet die arme ou poppie nie voel nie…..?

    Anoniem

    18 Oktober 2007 at 10:29

  11. Lees hier. As jy haar sien kloksgewys draai, gebruik jy na bewering meer die regterkant van jou brein; anti-kloksgewys, die linkerkant.

    Interessant, as ek net die boonste deel sien (haar kop) draai sy anti-kloksgewys. As ek die hele foto sien, draai sy kloksgewys.

    George Maru

    18 Oktober 2007 at 21:37

  12. “Kudos” vir daardie “na bewering”! 😉

    Die linker-brein regter-brein storie van daardie skakel is ongelukkig snert, volgens my, van my vriende, en een van die “wetenskaplike blogs” wat ek lees…

    Hugo

    21 Oktober 2007 at 23:36

  13. Hugo, die bespreking op een van die “wetenskaplike blogs”, sou nie dalk verwys na richarddawkins.net nie? 😉

    George Maru

    22 Oktober 2007 at 7:02

  14. So George — as dit vir jou lyk of sy albei kante toe draai, is jy basies gef*k?

    René

    22 Oktober 2007 at 9:35

  15. George: nee, ek volg nie richarddawkins.net nie. Ek is ook nie mal oor Richard Dawkins se benadering nie. Ek reken Dawkins is ‘n Sagan wannabe. 😉 (Maar ag wat, nog ‘n stem in die mensdom se “cacophony” bly maar interessant.)

    ‘n Vinnige search wys my dit was Ben Goldacre by BadScience.net se MiniBlog. Hy het geskryf:

    Excellent illusion, nonsense explanation
    http://www.news.com.au/heraldsun/story/0,21985,22556281-661,00.html
    from del.icio.us/bengoldacre by bengoldacre

    Tip: when you’ve given up, get her to flip direction by covering the body with your hand, reducing all that intrusive data, and just looking at the foot or the head.

    Hugo

    22 Oktober 2007 at 11:56

  16. Sy raad werk nie vir my nie. My metode is eintlik om na die hand te kyk, en te “besluit” watter kant toe die hand om gaan. Daarna val die res vir my in plek.

    Hugo

    22 Oktober 2007 at 11:59

  17. Nee, ek lieg. Ek loer na die hand om haar kloksgewys te kry, en na die voet *en sy refleksie* om haar weer anti-kloksgewys te kry. (Ek maak wel steeds ‘n doelbewuste poging om haar in die regte rigting te “forseer”.)

    Hugo

    22 Oktober 2007 at 12:03

  18. René, punt is: ons is almal gefok. Wat ons dink ons sien, is illusies, wat ons dink ons weet, weet ons nie altyd nie. En ons weet nie dat ons nie weet nie.

    Hugo, ek het op ‘n ander webwerf gelees dat daar ‘n bespreking op Dawkins se site was. Ek het nie self gaan kyk wat gesê word nie. Ek vind daai klomp vreeslik negatief en nie goed vir die psige nie.

    Ek het toevallig op die kop alleen gefokus. As ek dan afscroll, draai sy anti-kloksgewys, maar na ‘n ruk weer kloksgewys.

    George Maru

    22 Oktober 2007 at 19:19

  19. Anti vr my. Maar met konsentrasie draai sy om.

    Pienk Zuit

    24 Oktober 2007 at 21:42

  20. Baie oulik. Die illusie van haar voet wat swaai is nie goed genoeg om dit anti-kloksgewys te maak nie. Jy, jy kan reken dit kan so om ook gaan, maar dan is die vorm van die voet verkeerd as hy “voor jou verby kom”, oppad vanaf 6 uur na 2 uur op die horlosie. Die grafic van die voet op die swaaiende been is akkurater as jy “sien” dat sy kloksgewys draai, vanaf 2 uur na 8 uur.
    Maar nou ja, ek het gesukkel om die anti-kloksgewys op te tel, maar ek kan die ilusie insien. Gelukkig geen kopseer nie. 😉

    Da Mario

    26 Oktober 2007 at 7:46

  21. Het jy agter gekom as jy haar swaai, dan “tip” sy soortvan? Een kant toe kyk jy van bo af na haar, en ander kant toe kyk jy van onder… (Want waar “hoër”, verder beteken as mens van bo af kyk, beteken “hoër” nou skielik nader, dus moet jy besig wees om van “onder” te kyk.)

    Hugo

    26 Oktober 2007 at 12:33

  22. Volgens die skaduwee op die “vloer”, móét sy anti-kloksgewys draai. Nou soek ons net “evidence” dat sy “moet” kloksgewys draai, dan weet ons dit is ‘n Escher-tipe cheat… sonder enige rede hoekom sy kloksgewys móét draai, moet ek tot die gevolgtrekking kom dat mens “deluded” is terwyl mens haar kloksgewys sien draai…

    So.. Da Mario stel voor die voet op die swaaiende been is die sleutel vir kloksgewys? Nee, jammer, ek sien dit nie. Dit maak vir my 100% sin in ‘n kloksgewyse rigting.

    Nog ‘n ding: beweeg daardie voet ewe vinnig van links na regs, as regs na links? Ek het so ‘n vermoede dit lyk vir my vinniger na regs, stadiger na links, maar dit kan heel moontlik my bias wees. (As hy nader is, moet hy “vinniger” beweeg.)

    Hoekom mens kloksgewys sien: ‘n mens is “biased” om te aanvaar mens kyk van bo af. Hier is ‘n voorstel vir ‘n wetenskaplike eksperiment om dit te toets: vergelyk eerste oogopslag van kinders (wat kort is en op kyk na ander mense) en groot mense… of eksperimenteer met “midgets”. 😉

    Ek is regtig nie lus vir die Dawkins spul op die oomblik nie, so ek gaan nie daar gaan kyk wat hulle sê nie. (‘n Slegte navorser, is ek nou.)

    Hugo

    26 Oktober 2007 at 12:56

  23. Kloksgewys. Slegs klokgewys. Mense wat iets anders as dit sien is sekerlik gerook!

    Nico

    30 Oktober 2007 at 12:15

  24. Nico!! Hallo!! 🙂

    George Maru

    30 Oktober 2007 at 19:15

  25. Ai George, nou wat deel jy hier uit dat party van ons so gerook is! Moet nogal goeie goed wees 😆

    Hello Nico, welkom by die gerooktes!

    sonkind

    30 Oktober 2007 at 20:41

  26. Die vroutjie is getoor of sy toor met my!!!

    Philip

    16 April 2009 at 15:34

  27. Gee vir my ook wat jul rook ek wil ook die prentjie albei kante sien draai

    Philip

    16 April 2009 at 15:36

  28. Nee die vrou vok met my kop!!

    Philip

    16 April 2009 at 15:38

  29. Ag liewe hel, sy draai vir ons ook albei kante toe. Bietjie klok en bietjie anti-klok. Nou hoor ons ook die klokke!

    Magda & Cornel

    15 Julie 2010 at 11:54


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: