riviersonderend

Oor die kopskrif se foto’s

with 5 comments

Teen die tyd het lesers seker agtergekom dat die kopskrif se foto’s meer gereeld verander. Die nuwe foto is van ‘n bamboeswoud. Dit is iewers in die Ooste geneem. Die aanhaling kom uit die rolprent Crouching Tiger, Hidden Dragon.

 

bamboes.jpg

Die vorige een is ‘n foto van gebedsvlae. Die gebruik van gebedsvlae kom veral in die Himalajas voor en kan waarskynlik teruggevoer word na die Bön-geloof. Dit het in Tibet gefloreer voor die koms van Boeddhisme in die 7de eeu.

Die gebedsvlae bevat mantras van verskeie bodhisattvas, soos Avalokiteśvara, die bodhisattva van barmhartigheid. Die vlae dien as simbole van vrede, omgee, medelye, krag en wysheid.

 

gebedsvlae.jpg

Advertisements

Written by George Maru

14 Oktober 2007 at 14:32

Posted in algemeen

5 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. “Kopskrif” – mooi vertaling

    boerinballingskap

    14 Oktober 2007 at 16:06

  2. Ek hou baie van hierdie een. So rustig.

    En ek hou ook van die idee dat die foto’s gereeld verander.

    idiwidi

    14 Oktober 2007 at 16:42

  3. Ek hou meer van die bamboeswoud as wat ek van die vlae gehou het – sal wens ek kon daar gaan rondloop, net die woud inasem en luister.

    sonkind

    14 Oktober 2007 at 17:27

  4. Wat sou jou verworteling in SA uitbeeld? (Ek is net baie bewus van jou verworteling in die Ooste op die oomblik)

    RMB

    15 Oktober 2007 at 9:43

  5. Boer, dankie, maar dit is nie my woord nie. Dit is die Afrikaanse vertaling vir “header”, maar ek het nou die IT woordeboek se webwerf verloor waar die goed is.

    idiwidi, dankie. Nie almal gaan rustig wees nie.

    Sonkind, ek vermoed party in die pyplyn gaan nie almal opgewonde maak nie 🙂

    RMB, ek voel nie verwortel hier op die oomblik nie. Maar ek het darem gisteraand die rugby gekyk. Ek weet ook nie of ek myself as verwortel in die Ooste sal sien op die oomblik nie. Die vlae was na aanleiding van Burma. Die woud net vir die mooi. Maar die volgende een sal nie Oosters wees nie.

    George Maru

    15 Oktober 2007 at 19:53


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: