riviersonderend

Dot Dot Dot

with 2 comments

Time berig in die artikel Christianity’s image problem, dat die Barna Groep se nuutste meningsopname se bevindinge bekend gemaak is. In 1996 het 83% van Amerikaners na hulself as Christene verwys en minder as 20% van nie-Christene het ‘n negatiewe persepsie van Christene gehad.

Die jongste opname toon aan dat ongelowige jong mense (tussen 16 en 29 jaar) meer negatief begin raak in hulle siening van Christene – 38% het ‘n negatiewe persepsie van Christene. Wat presies is hiervoor verantwoordelik? 90% van dié respondente se persepsie is dat Christene anti-gay is. Dit word gevolg deur persepsies dat Christene skynheilig en veroordelend is.

Verder blyk dit ook dat die hoeveelheid nie-Christene meer word met elke geslag. 23% van Amerikaners ouer as 61, is nie-Christene, vergeleke met 27% in die ouderdomsgroep tussen 42 en 60 en 40% van die jong mense tussen 16 en 29.

Dit maak seker nie noodwendig saak vir Christene wat nie-Christene van hulle dink nie, maar die artikel wys op sekere gevaarligte. Jonger Christene begin meer saamstem met nie-Christene oor die kwessies wat nie-Christene van die Christendom afsit.

Ek kan dan nie help om te wonder of die pastore en dominees nie op die verkeerde plekke soek om die kerke te probeer volmaak nie. The New York Times berig dat pastore en dominees begin het om kinders kerk toe te lok met Halo 3, ‘n baie gewilde videospeletjie. Dit is ook uiters geweldadig. Dit gee hulle dan glo geleentheid om oor goed en kwaad te gesels oor koekies en tee nadat kinders hulle teenstanders moertoe geskiet het. Die pastore en dominees wil dit glo baie moeilik maak vir die kinders om hel toe te gaan hierdeur.

Mmm… klink vir my, soos die inbring van dromme en kitare in kerke, na ‘n effe oppervlakkige manier om dieperliggende kwessies aan te spreek en gedoem om te misluk.

Advertisements

Written by George Maru

8 Oktober 2007 at 19:33

2 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Ek het gisteraand oor exactly hierdie ding gedink toe ek my ore moes straf met Innervision, Jan de Wet se seun Petri D.

    Maggies, maar hy het die kindertjies met rukmusiek opgesweep en Jesus-slogans. En ek het gedink ja, vanaand stap hier weer ‘n nuwe geslag fanatics uit wat ander mense gaan misken omdat hulle dan so lief is vir Jesus en daardie mense is nie.

    Ek het nogal gewonder hoekom ons nie maar gewone mense kan wees wat mekaar doodgewoon aanvaar vir wie en wat ons is nie. Nou haal ons al selfs tricks in die kerk uit om mense nader te lok en te vergiftig met Jesus-boodskappies.

    Pleks ons net onsself is en vir mekaar leer hoe om respek en omgee te hê.

    rightsaidreverend

    8 Oktober 2007 at 20:37

  2. Dis maar dit wat in die Bybel verwys word as die “afval”… of afvalligheid of die “falling away”.

    Wat kan ons te wagte wees, as ons uit die Bybel leer dat die Heilige Gees nie meer in die kerke is om te red nie maar reeds met Sy oordeel begin het.

    (1Pe 4:17) Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?

    Meer nog leer ons dat God die kerke “oorgegee” het aan die vyand (genaamd die seun van die verderf) wat homself voordoen as God en in die tempel van God sit as voorwerp van aanbidding.

    (2Thess 2:3) Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf

    (2Thess 2:4) die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.

    johannes coetzee

    8 Oktober 2007 at 20:42


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: