riviersonderend

Envoi

with 9 comments

buddha.jpeg

Ek het tot die volgende gevolgtrekking gekom:

Een en dieselfde lot tref mens en dier, hulle gaan almal dood, die een soos die ander.

Almal het net een asem.

Die mens is nie beter daaraan toe as die dier nie.

Alles kom tot niks.

Almal is op pad na dieselfde plek toe.

Almal is van stof en word weer stof.

Wie weet of die asem van die mens opstyg boontoe en of die asem van die dier afgaan ondertoe?

Advertisements

Written by George Maru

6 Oktober 2007 at 12:31

Posted in sommer net

9 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Is hierdie nou al ‘n dot? Ek hou van ‘n lekker raaisel.

    Theo

    6 Oktober 2007 at 14:35

  2. George

    Dit klink vi my meer na die lot…. die noodlot

    Dankie vir hierdie aanhaling, wonder net uit watter Boek het jy dit aangehaal…?

    (Jes 52:7) Hoe lieflik is op die berge die voete van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede laat hoor, wat goeie tyding bring, wat verlossing uitroep; wat aan Sion sê: Jou God is Koning!

    Daarom is die Woord wat God ons gegee het (die Bybel) waar, want Hy was en is Koning en sal altyd Koning bly.

    Koning ook oor hulle wat die boeddhisme as godsdiens aanhang. Ons enigste hoop vind ons in die Woord van God, dit geld vir die christen, die boeddhis, die islamiet, ens.

    johannes coetzee

    6 Oktober 2007 at 17:58

  3. onmagtig en onverhewe deel van ‘n blinde siklus.
    hoe gelukkig is ons – ons oE kan ten minste vir ‘n oomblik oopgaan sodat ons dit soms kan raaksien.

    idiwidi

    7 Oktober 2007 at 5:17

  4. gewis is alles net ‘n grap. maar die buffel ken geen metafisika.

    Johan Swarts

    7 Oktober 2007 at 19:07

  5. Dankie tog ons een asem / gees kan die ewigheid betree as ons so kies! Die rigting maak nie saak – meeste van ons s’n is in elk geval uit.

    Kowie

    8 Oktober 2007 at 20:26

  6. Kowie

    Kan ons regtig kies….?

    Lees die boek “I Hope God Will Save Me” by die volgende link http://www.familyradio.com/graphical/literature/frame/

    johannes coetzee

    8 Oktober 2007 at 20:48

  7. Theo, dit was nie as ‘n dot bedoel nie. Maar ek vermoed dit is ‘n moerse dot.

    Johan, bring die viool, blaas die fluit. Kom laat ons drink en vrolik wees.

    George Maru

    8 Oktober 2007 at 22:18

  8. Ja, Johannes – God gee elkeen die keuse of hy wil glo of nie. Hy dwing niemand nie. Is jou keuse om Hom as verlosser te aanvaar al dan nie. Mooi Loop.

    kowie

    9 Oktober 2007 at 21:13

  9. Kowie

    kan ons die wonderwerk van die skep van ‘n “nuwe hart of gees” self bewerkstellig…? in die lig van

    (Eze 11:19) En Ek sal hulle een hart gee, en ‘n nuwe gees in julle binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit hulle vlees verwyder en hulle ‘n hart van vlees gee,

    Vir my lewe lank het ek na ‘n “nuwe hart (gees)” verlang… en dikwels daai welbekende “sondaarsgebed” onderleiding van my “herder” gebid, …. en Jesus aangeneem en ingenooi en gevra ens. ens. ens. maar niks het gebeur, want ek het mos geloof so groot soos ‘n mostersaad. Ek het gedink die keuse is myne…. !

    Dis ‘n leuen wat deur die kerke aan ons opgedis word. Ek kan besluite neem tot ek blou word in my gesig…. totdat my aandag op die volgende teksvers gevestig is….

    (Exo 33:19) Maar Hy antwoord: Ek sal al my majesteit by jou laat verbygaan en voor jou die Naam van die HERE uitroep; maar Ek sal genadig wees vir wie Ek genadig wil wees, en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.

    (Rom 9:15) Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.

    (Rom 9:16) So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is.

    Dis net die kerke wat in hul arrogansie en trots vir ons “armes van gees” leer dat ons beheer oor die keuse het.

    Hulle lieg…! Vlug berge (die Woord van God) toe… ons dominees en pastore en rabbis en “vaders” en ouderlinge is “gefire” en hulle weet dit nie. Hulle gaan onverspoosd voort om hulle “volgelinge” in die duister te hou…! Want die oorgrootte meerderheid lees nie die Bybel nie.

    Mooi loop jy ook.

    johannes coetzee

    10 Oktober 2007 at 12:26


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: