riviersonderend

Connect the dots…

with 10 comments

Aanhaling uit die dokumentêre rolprent Jesus Camp:

It’s no wonder, with that kind of intense training and discipling, that those young people are ready to kill themselves for the cause of Islam. I wanna see young people who are as committed to the cause of Jesus Christ as the young people are to the cause of Islam. I wanna see them as radically laying down their lives for the Gospel as they are over in Pakistan and Israel and Palestine and all those different places, you know, because we have… excuse me, but we have the truth!

Nog ene:

I can go into a playground of kids that don’t know anything about Christianity, lead them to the Lord in a matter of, just no time at all, and just moments later they can be seeing visions and hearing the voice of God, because they’re so open. They are so usable in Christianity.

Beide aanhalings deur Becky Fischer, ‘n jeugpredikant in Amerika.

Advertisements

Written by George Maru

5 Oktober 2007 at 6:33

Posted in godsdiens

10 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. “usable”!

    No dots to connect. It’s already there.

    freddy

    5 Oktober 2007 at 8:33

  2. Die een ding waaroor ek dink ‘n mens nie moet perspektief verloor nie, is dat geen vorm van ekstremisme en fundamentalisme, van watter aard ook al, nie deur geinstitusionaliseerde godsdiens aangemoedig word nie. Dis gewoonlik splintergroepe binne daardie segmente. “Ego-trips” (soos onse Becky hierbo) kry jy in alle sfere van die samelewing … nie net in godsdiens nie.

    RMB

    5 Oktober 2007 at 9:26

  3. Ek weetie waar die “connect the dots…” inpas nie…. dit klink vir my meer na die woord “geveinsdheid”

    “usable”…. perverse varke!!!

    Dis maar presies hoe die skrifgeleerdes en wetsgeleerdes in die dae van Jesus gedink het…dis maar ook hoe “hulle” (die kerkleiers) die “monk(ey)s” in Burma “inspan” …. die enigste verskil is dat die christene uit die Woord van God (die Bybel) meer slinkse en geveinste planne kan opdis sodat hulle en hulle volgelinge nie eers agterkom dat hulle vir ‘n “ride” gevat word nie.

    (Mar 8:15) En Hy het hulle beveel en gesê: Pas op, wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en die suurdeeg van Herodes.

    (Luk 12:1) Toe duisende van die skare ondertussen saamkom, sodat hulle mekaar vertrap het, begin Hy aan sy dissipels te sê: Pas veral op vir die suurdeeg van die Fariseërs, dit is geveinsdheid.

    johannes coetzee

    5 Oktober 2007 at 10:13

  4. Ek stem saam met die gedagte dat sulke optrede nie voor die deur van alle Christene en geïnstitusionaliseerde godsdiens gelê moet word asoof almal van hulle dit glo en dit sou doen nie. Dit sou darem ‘n wrede veralgemening wees.
    Jesus het tog vir Petrus gesê om sy swaard te bêre.
    Jesus sterf sodat ander (sy vyande ook) kan lewe. Ekstremiste sterf sodat hulle vyande ook kan sterf. Ek dink darem daar is ‘n verskil.
    Jesus sterf sodat ons kan lewe. Ekstremiste sterf in die hoop dat hulle sal lewe.

    attie

    5 Oktober 2007 at 11:38

  5. Attie

    Toe die voorhangsel van bo tot onder oopgeskeur het, was dit deel van God se verlossingsprogram dat Hy met die Ou Testamentiese “sinagoge-era” klaargemaak het, of die Jode dit wou “aanvaar” of nie. Hy het daarmee die Nuwe Testamentiese kerk-era begin, of die Jode dit wou aanvaar of nie, Hy het daarmee voortgegaan.

    Die Nuwe Testamentiese kerk-era (in gelykenistaal Jerusalem en Judea) sou presies dieselfde hoerpad volg as wat die Ou Testamentiese “kerk-era” gevolg het….!

    Nou dat Hy volgens Sy verlossingsprogram met die Nuwe Testamentiese kerk-era klaar is het Hy ook met hulle (die kerke en kerkstrukture) klaargemaak, of hulle dit wil aanvaar of nie…. Hy is besig om hierdie “laaste oes” in te bring …..nie deur die “bedieninge” van kerke en hulle strukture nie. Of hulle dit wil aanvaar of nie.

    Ware gelowiges (die ware kerk) is volgens God se verlossingsprogram besig om die “final harvest” buite kerke en hulle afvallige strukture, in te bring (bigtime). Of die Ou Testamentiese en Nuwe Testamentiese sinagoge-en/of kerkstrukture dit wil aanvaar of nie.

    Soos in die dae van Jesus glo niemand (hoofsaaklik christene in kerke) dat Jesus se koms binne die volgende 4jaar (enige tyd vanaf 21 Mei 2011 en 21 Oktober 2011) gaan wees nie. (Dit terwyl hoofsaaklik nie-christene uit die derde wereld dit glo)…en wel alles volgens God se wonderlike verlossingsplan wat in die Bybel vir ons aangeteken staan. Hierdie laaste 5maande op aarde lyk na ‘n tyd van groot “pyniging” (volgens Openb 9)…. die detail daarvan staan ook “geskrywe”….!

    (Hand 15:15-17) En hiermee stem die woorde van die profete ooreen, soos geskrywe is: Daarna sal Ek terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel, sodat die oorblyfsel van die mense die Here kan soek, en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die Here wat al hierdie dinge doen.

    johannes coetzee

    5 Oktober 2007 at 13:57

  6. hel dis ‘n scary rolprent daardie. ek kan onthou ek was hiperkwaad terwyl ek dit gekyk het.

    net ‘n terloopse opmerking – sulke ekstrimistiese predikers is baie keer mense wat nie op ander vlakke van die samelewing sosiaal aanvaar word nie. connect the dots? inderdaad…

    Johan Swarts

    5 Oktober 2007 at 14:10

  7. (of dalk is ‘n beter woord eerder hiper-ontsteld)

    Johan Swarts

    5 Oktober 2007 at 14:10

  8. Sela.

    attie

    5 Oktober 2007 at 14:28

  9. Die dag wanneer Christene radikale Moslems as ‘n voorbeeld voorhou, is inderdaad ‘n treurige dag…

    boerinballingskap

    5 Oktober 2007 at 15:58

  10. Mense, julle trek strepe in alle rigtings want daar is nog nie dots nie. Die dots kom nog. En terloops, dit is nie om ‘n steek teen Christene in te kry nie. Ek dink dit sê baie meer oor wie ons as mense is. As ek nou effe esoteries klink, dan is ek bly, want dit beteken ek het ge-arrive. 😉

    Seriously, daar moet nog posts kom wat saam met hierdie een gelees moet word. Hopelik word dit duidelik waarheen die dots gaan.

    🙂

    George Maru

    5 Oktober 2007 at 21:46


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: