riviersonderend

George gaan plaas toe en doen nuwe kennis op

with 15 comments

Wat het alles hierdie langnaweek gebeur?

Ek was plaas toe, het takboksosaties geëet, van Servaas op die toilet gelees, meer te wete gekom van die bergkwagga se kopulasie-gewoontes, nuwe insig verkry in die psige van die moderne vrou, stories oor ongediertes gehoor en ‘n kaktusplaas besoek. Onder andere.

Intussen het dinge hier in die stad verander. My eie blog, riviersonderend, sien my boodskappe as spam aan. Dit mag moontlik ‘n teken wees dat ek moet minder nonsens skryf. Dus, het ek besluit om liewers my nuutgevonde kennis oor alles en nog wat met julle te deel. Van nou af is hierdie ‘n opvoedkundige blog.

  • Daar is takbokke in die Karoo – die soort wat familie is van Rudolph. Ek weet, want ek het een geëet (of ‘n deel van een). Die takbokke wei net hoog op en gaan nie laer as ‘n sekere kontoerlyn nie (ek het vergeet op watter lyn hulle halstarrig raak). Takbok smaak effe soos lewer.

  • ‘n Mens kan marijuana sjampoe in Barrydale koop. Dit is glo van hoogstaande gehalte.

  • Servaas Hofmeyr was Montagu se eerste predikant. Nadat hy beroep is, het hy sy tyd geneem om daar uit te kom van Colesberg af. Sy preke het 3 herlewings op die dorp veroorsaak.

  • D.F. Malan was vir ‘n paar jaar predikant op Montagu. Hy was 31 en nog ongetroud. (Spekuleer gerus oor hoekom dit die geval was. Onthou: 100 jaar gelede moes ‘n man van 31 darem al 5.8 kinders gehad het! O, en ‘n getroue vroutjietjie.) Later het hy diep spore in die openbare lewe getrap.

  • Die N.G. Kerk het in 2004 150 jaar geword, volgens die 2004 Kalender in die toilet.

  • Tydens paringstyd kopuleer die bergkwagga ‘n paar sekondes elke dag vir ‘n maand lank. (Ek wou meer hieroor skryf, maar ek is te gedaan om ‘n kwaliteit vs. kwantiteit debat van stapel te stuur. Vir sommige word daardie keuse gemaak.) Meer inligting is in September 2007 se Jag & Wild beskikbaar.

  • Die moderne vrou braai graag vleis, en brandmerk haar linkertiet met die rooster. Sy drink Bon Courage Blush Vin Doux en laat dan 80% van die tjops in die kole land.

  • Die moderne vrou maak terloopse opmerkings in geselskap, soos: “Sy boonste hare lyk nie dieselfde as sy onderste hare nie.”

  • Die moderne vrou droom dat sy en Rassie Erasmus ‘n affair het, en bespreek dit dan die volgende oggend met haar partner.

  • Die moderne vrou het ook prikkeldrome oor Ricky Martin waarin hy vlot Afrikaans praat.

  • Die moderne vrou is nie skaam dat sy van Ricky Martin droom nie.

  • Jakkalse is baie slim. Rooikatte is effe dom. Dit is baie makliker om rooikatte in hokke en slagysters te vang as jakkalse. Daarom is dit beter om jakkalse in die nag te gaan jag, met so ‘n toeter ding wat soos ‘n jakkals klink, of ‘n lammetjie in nood. Die jakkalse kom dan vinnig aangedraf, sodat jy hulle kan pot.

Ek weet nie wat die ding se naam is nie:

Dis al.

Advertisements

Written by George Maru

24 September 2007 at 17:51

Posted in sommer net

15 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Wha ha ha ha – George, is jy seker jy het nie dalk van daardie sjampoe op Barrydale ingekry nie? Een ding is vir seker, ek braai NOOIT weer self vleis nie. ROFL!!! En Ricky Martin kan nog gaan, maar RASSIE ERASMUS – WTF?!

    Ernstig nou – ek vind hierdie post van jou uiters opvoedkundig – WHAHAHAHA! ‘Skuus!

    sonkind

    24 September 2007 at 20:20

  2. George??

    Ek het nie geweet mens mag die woord tiet op hierdie plek gebruik nie. En praat van hare bo en onder. Donnir! Ai tog. Wat het jy die naweek ingekry? Seer sekerlik meer as net die sotaties…

    O en vertel my bietjie… kan mens daardie plante goeters koop. Hulle lyk lekke… ek meen bruikbaa… ek meen nogal oulik. ‘-)

    K

    Karin

    24 September 2007 at 21:52

  3. dis ‘n peniskaktus, dan nie? 😛

    Johan Swarts

    25 September 2007 at 0:30

  4. ok daai was supposed om ‘n tong in die kies smiley te wees, nie daai massiewe tongglimlag nie

    DAMMIT

    Johan Swarts

    25 September 2007 at 0:33

  5. Het al takbok-steak ge-eet. Yummy!

    boerinballingskap

    25 September 2007 at 4:01

  6. Ek wonder nou of ek kwalifiseer as ‘n moderne vrou. Kan ons Ricky Martin met Bono vervang en dalk Rassie Erasmus met Sebastien Chabal?

    oopkop

    25 September 2007 at 12:50

  7. Ding hou van die moderne vrou met die brandmerk – natuurlik op voorwaarde dat sy besef dat ding se linkerhand beter bekendstaan as “rooster”.

    Gits, ja, die goete op die foto’s … Johan, peniskaktus? Kan ‘n man dan nou nie – bevestig net vir ding dat die natuur iewers ook maar vir homself gesorg het – so asof die natuur vir die mens wil se: F*k jou, mens, wie het JOU nodig om my op te f*k – dis waarvoor daar die peniskaktus vibrator is!

    Laat my dink – as daai goed groei waar ernstige aardbewings voorkom, mag ‘n mens dalk die verskynsel sien dat heelwat mense moontlik tydens ‘n aardbewing in die veld aangetref sal word…

    ding

    26 September 2007 at 15:50

  8. lol @ ding

    …ok, ek gee op. ek kan niks meer sê sonder dat dit ‘n double entendre word nie.

    Johan Swarts

    26 September 2007 at 16:55

  9. Tot en met 2 minute gelede het ek myself as die proto-tipe van “Die Moderne Vrou” beskou. En sopas is my hele prentjie van myself aan’t vlarde: ek weet nie wie Rassie Erasmus is nie; ek speel eerder met daai kaktussie as om vleis te braai; en ek speel beslis eerder met daai kaktussie as om met Ricky in my drome te speel. Dus? Na dese het ek nou ‘n vraag oor myself: modern of nie?

    RMB

    26 September 2007 at 17:33

  10. Sonkind, ek is net die boodskapper.

    Karin, almal het tiete.

    Johan, dat ‘n vetplantjie jou nou so opgewonde kan maak. Gaan Robertson toe. Daar is baie.

    Boer, die sosaties is van steak gemaak. Ek stem saam. Dit is lekker.

    Oopkop, ja jy kan, terwyl jy braai.

    Ding: 🙂 Dit klink na ‘n baie stekerige affêre.

    RMB, ek dink jy sal soos Anja vir ons van jou drome moet vertel dat ons jou kan evalueer in terme van modern of nie.

    (Ek wonder of ek nie hierdie post moet edit nie, want ek vermoed ek gaan nog seriously gemoer word.) 🙂

    George Maru

    26 September 2007 at 19:05

  11. almal? selfs ek?!

    WHOOHOO!!!

    Johan Swarts

    26 September 2007 at 19:20

  12. Nie edit nie George, nie edit nie. As iemand jou moer, sal ons geld insalmel vir die dokter en die mooiste girl kry om ys op die blou kolle te kom sit!

    Hierdie is net te goed om te edit! LOL!

    sonkind

    26 September 2007 at 19:46

  13. Ons het die afgelope langnaweek Barrydale se dorpsfees gaan uitkyk. Het dit toe baie amper misgekyk, moes regtig soek vir die fees. Maar (behalwe vir die daggasjampoe) is daar ‘n plekkie wat boereworsrolle maak met pasgevuurde roosterkoeke. Ah. My mond water.

    Ek hou van jou moderne vrou.

    Carien

    27 September 2007 at 10:47

  14. Carien, ons moes by mekaar verbygeloop het. Ek wonder nou wie was jy? Ek was die een met ‘n Amarula & Turkish Delight roomys in ‘n sugar cone. Ongelukkig het die nie lank gehou nie.

    Maar ja, die Barrydale fees was ‘n teleurstelling. Darem het Robertson weer ‘n fees in Oktober.

    George Maru

    27 September 2007 at 22:45

  15. Daai peniskaktus wat vir Johan so opgewonde het lyk meer vir my na ‘n pielebos! Moenie edit nie asb, die bietjie “opwinding” doen Johan goed — het jy die blos op sy wange opgemerk?

    Ek wonder nou oor hierdie moderne vrou-ding – sal dit dan nou wees dat ek nog ‘n oer-antie is, my linkertiet is nie gebrandmerk nie! (Whahaha, dit sal nogal ‘n gesig wees om te sien hoe ‘n vrou braai en haarself sodoende brandmerk!)

    Oom Ding … ek het jou nog nie sooo hoor praat nie! Jou verbeelding oorskry alle grense!

    Lyk my die vars lug doen goeie dinge vir opvoedkundige posts!!

    Lekker naweek George xx

    René

    28 September 2007 at 14:50


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: