riviersonderend

Donderdagaand #1

with 11 comments

Goed. Dit is Donderdagaand en hier volg 3 posts vinnig opmekaar. Moet nooit sê dat Riviersonderend nie deliver nie. Good grief, mense, dit is nie die nuwe Suid-Afrika nie! Die redes hoekom daar nou 3 posts vinnig op mekaar gaan volg, is te obskuur om te verduidelik. Reg. Nommer 1.

Staan bietjie stil. Nee, soos in, hou op dink aan al jou stuff. Staan stil. Nog stiller. Stiller.

Stiller.

Nog.

Lang asem in. En uit.

Dink gou aan ‘n paar stories oor jouself wat jy nóú kan vertel. Soos in nóú. Stuff, dinge wat met jou gebeur het, dinge oor wie jy is. Dinge wat so fantasties anders is, selfs al is dit alledaags.

As jou antwoord was, “Ag, daar is nie juis nou iets nie, jy weet”, miskien is dit tyd om stil te raak en bietjie te dink oor jou lewe en al daai stuff, of phone a friend.

Laat hulle jou vertel.

Advertisements

Written by George Maru

20 September 2007 at 22:46

Posted in sommer net

11 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Alle aanduidings is dat George Maru ‘n dop in het.

    Bertus!

    20 September 2007 at 23:40

  2. Bertus!

    Jou moer.

    George Maru

    20 September 2007 at 23:52

  3. Ek lees gereeld Riviersonderend.

    I’m so proud of it, I put my name on it!

    Johan Swarts

    21 September 2007 at 0:32

  4. Johan, soos gewoonlik, waardeer ek jou weldeurdagte menings wat soos ‘n vars bries die rivier se oppervlak laat rimpel.

    George Maru

    21 September 2007 at 7:00

  5. Bwahaha @ Bertus! Jou moer.

    oopkop

    21 September 2007 at 10:31

  6. Stilgeraak …. maar nie liggeraak of ligsinnig nie.

    Ek wens ek het die Bybel begin lees toe ek nog in die moederskoot was…..! Maar tog dankbaar vir dit wat ek nou onlangs eers daarin in “ontdek” het.

    Ek gaan jou verras… en nie ‘n teksvers aanhaal nie.

    George dankie vir jou riviersonderend….!

    Mag God jou ryklik seen.

    johannes_11

    21 September 2007 at 14:11

  7. Hallo Liefiekie!

    Ek het.

    Ek meen, STILgeraak.

    En toe skryf ek oor my lakens…

    Mwah!
    K

    Karin

    21 September 2007 at 16:17

  8. En nou wil ek he George moet ons vertel wat verder hier gebeur het.

    freddy

    21 September 2007 at 16:19

  9. Bertus, wat drink George?

    sonkind

    22 September 2007 at 21:31

  10. Beslis nie Coca Cola nie.

    Bertus!

    23 September 2007 at 13:36

  11. Baie dankie aan almal vir julle belangstelling in my drink- en drankgewoontes. Ek waardeer dit.

    Ter wille van openheid het ek besluit om enige misverstande wat dalk ontstaan het op te klaar:

    1. Ek kan met groot vrymoedigheid verklaar dat geen van die Donderdagaand-plasings onder die invloed van ‘n dop gemaak is nie.

    2. Nadat al die plasings gemaak is, is ek bed toe.

    Hoop alles is nou mooi helder.

    George Maru

    24 September 2007 at 16:57


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: