riviersonderend

Amen! Amen! Amen!

with 14 comments

Via Blik kom ek op hierdie artikel in Beeld af: By: Afrikaner-vryheid en ‘die dood van God’. Daar is soveel in die artikel waarmee ek akkoord gaan. Labuschagne skryf:

Maar my eie kultuur, die Afrikaner-kultuur, staan nog onder die beheer van die Christelike kerk. Organisasies soos die ATKV, die FAK en die Vryheidsfront Plus, wat die eie koester, is so ineengestrengel met Christelikheid dat enige nie-Christen geensins ’n pad kan oopsien om tot hulle te behoort nie.

Honderde Afrikaners is lief vir hul eie en trots op hul geskiedenis, maar is nie Christene nie en word so deur deur hul eie organisasies verstoot.

Dit is dan ironies dat daar soveel keer in die media gepraat word van die transformasie wat in Afrikaner-geledere moet plaasvind in die vorm van groter inklusiwiteit, maar dit is eintlik ’n klug, want dit is net transformasie ten opsigte van ras. Wat van inklusiwiteit ten opsigte van geloof?

Hoekom is daar in Beeld byvoorbeeld geen ander spreker aan die beurt in die rubriek Godsdiens Aktueel as Christene nie? Wat van die ander verskeidenheid gelowe, insluitend ateïsme, wat nooit ’n geleentheid gebied word nie? Kerklui sal natuurlik daarteen skop dat Afrikaans versekulariseer of inklusiewer raak, want hulle het ’n wesenlike, finansiële belang daarby dat die Christelike oorheersing van die Afrikaner-kultuur gehandhaaf word.

Myns insiens het die Christelike geloof nie net die Afrikaner-kultuur gedomineer nie, maar dit ook benadeel. Die Christelike siening van erfsonde, wat sy uiterste in die Calvinisme bereik het, het tot miljoene mense met ’n permanent beskadigde selfbeeld gelei.

Ten minste het Europeërs ’n meer gematigde, effens humanistiese kultuur gehad, wat die individu ’n stewige selfbeeld toegelaat het.

Maar o wee, in die Calvinistiese tradisie is die individu tot op die grond afgebreek. Selfs jou eie redding kan jy nie self bewerkstellig nie, want jy is eenvoudig te sondig (lees: sleg) daarvoor.

Ek kan nie my afkeur in Calvinisme sterk genoeg uitdruk nie. Die letsels wat dit op die Afrikaner-psige gelaat het, gaan nog lank met ons wees. Calvinisme se enigste doel is om ‘n “command and control” struktuur in stand te hou waar mense in voortdurende vrees leef, maar deur die bemiddeling van die “leier” redding sal vind. In daardie opsig, is die Afrikaner presies dieselfde as die res van Afrika se fiksasie met die leierkultus: Verwoerd, Malan, Constand Viljoen en nou De la Rey… Maar ‘n leier het ons nodig om ons te red, want ons situasie is so kak. Ons is so kak. (Daarom is almal om ons so kak.) HALLOOOO!!!! Calvyn!!!!

Labuschagne gaan aan:

Dit is op dié swak selfbeeld dat die magshebbers gedurig hamer. Mense is met skuldgevoel gemanipuleer om kanonvoer in die stryd teen die kommunisme te wees en mense word met skuldgevoel gemanipuleer om swart oorheersing te aanvaar.

Kultuur- en nasionale organisasies is moreel verplig om nie-Christen-Afrikaners ook ruimte te gee in hul organisasies en dit nie meer op Christelike eksklusiwiteit te grond nie.

Ek wil daarom almal wat Afrikaners is maar nie Christene is nie, uitnooi om uit die kas te kom en opstaan om getel te word. En dit so eens en vir altyd duidelik maak dat Afrikaansheid nie net aan Christene behoort nie.

Ek weet nie wat hy met swart oorheersing bedoel nie, maar oor die res: Amen! Amen! Amen! Ek voel trots om sulke woorde in Afrikaans te lees, alhoewel ek op die oomblik nie besonders trots daarop is om ‘n Afrikaner te wees nie. Dit is selfs nie in my top-10 lysie van “Ek is…” nie, maar so maklik raak die Afrikaner ook nie van my ontslae nie.

Ek pas dalk nie in jou kerk, jou kultuurorganisasies, jou politiek of jou sport (rugby en krieket) in nie, maar ek is steeds hier.

Ek gaan nêrens.

Disclaimer: Ek wil darem net noem dat nie alle kerkleiers (dominees) so is nie. Sommige is heel cool en rock. Seriously.

Advertisements

Written by George Maru

15 September 2007 at 7:35

Posted in godsdiens, nuus

14 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Wel ek vind dit uiters ironies dat jy die woord “amen” herhaaldelik in hierdie post gebruik 😉

    Jy moet nou verskoon wat ek gaan doen, maar ek gaan ‘n aanname maak. Op grond van vorige posts gaan ek aanneem jy’s nader aan dertig as twintig (of selfs 10, hehe)?

    Ek is ‘n natneus 22. My portuurgroep luister na Fokofpolisiekar, mingle met mense waarmee ons ouers nie sou gemingle het nie en kan nie ‘n bloue duit omgee oor Afrikanerwees nie.

    Dis reg, jy het reg gelees. Ons kan nie minder omgee nie.

    Baie van ons sal kwaadraak vir my laaste sin. Baie van ons sal vir jou vertel dat ons wel omgee. En sommige van ons glo selfs dat ons Afrikaners is. Maar ons aksies en woorde weerspreek dit. Ons vind nie meer by verstek sin in die kerk nie, want na 1994 het sy greep op ons denke verdwyn. Sommige van ons vind nog sin in God. Maar die kerk het uit ons lewens verdwyn. (Doen jouself ‘n guns en gaan tel die 22-jariges in jou plaaslike kerk.)

    Taamlik baie van ons is ateiste en is glad nie skaam daaroor nie. Taamlik baie van ons is nie ateiste nie n is glad nie skaam daaroor nie.

    Ek kan seker nog ‘n lang relaas kwytraak, maar my punt is dit. Die Calvinistiese houvas waaroor jy skryf, my vriend, is bloot ‘n klein poepstemmetjie in ons agterkop wat ons van ons ouers ingekry het, maar die wêreld om ons forseer om agtertoe te skuif. (Bygesê, dis nie noodwendig sleg nie. Ek dink jy is heeltemal eensydig in jou kritiek op Calvinisme.)

    Erken jy nie per ongeluk self met jou hierdie post dat Calvinisme nog ‘n houvas op jou het nie? Jy was tog die een wat ‘n post gemaak het waarin jy jouself “oud” genoem het en gekla het oor ‘n jong man se broek wat op sy knieë sit. Calvinisme, hallloooooo 😉

    Johan Swarts

    15 September 2007 at 12:34

  2. Johan, ek gaan net gou my moue oprol, ‘n paar strekoefeninge doen, en strategie met my afrigter bespreek, dan is ek reg vir jou.

    Die piskriek se bloed gaan vrylik vloei.

    Ek eensydig? Never.

    (Is daar enigiemand wat volunteer om die rondtenommers te dra?)

    George Maru

    15 September 2007 at 13:37

  3. George jy klink erg charismaties… wat van ‘n halleluja… en ‘n prys die Here as ‘n cherry oppi “koek”…!

    Dis een ding as die kerk God (die Woord) verlaat….dan is daar nog steeds vir hulle hoop….ongeag hulle “hoereerdery”. (Kyk maar hoe geduldig God was met die volk Israel. )

    Dis egter ‘n heel ander storie as God die kerk verlaat…. dan is hulle in tamatiestraat (ek sien jyt ‘n ander woord gebruik wat klink so die “ca” in Calvinisme en eindig so die “k” in die einde van “kerk”) In my studentedae het ons ‘n ander goeie “afrikaanse woord” waarvoor gehad, ek volstaan (verstaan) (by) jou suiwer afrkaans.

    Ons moet egter nie die waarheid van die Woord (die Bybel) met die “ca” of die “k” in calvinisme of kerk verwar nie…. die kerk of calvinisme het geval… die Woord van God (die Bybel) kan nie val nie, al dink ons dalk so.

    Die jaar 2011 sal daarvan getuig….!

    Ons genadige God gebruik tans die “kerke en kerkstrukture” as instrument om aan die hele wereld te illustreer dat Hy Almagtige Skepper God is.

    (Eseg 38:23) So sal Ek My dan as groot en as heilig laat ken en Myself bekend maak voor die oë van baie nasies; en hulle sal weet dat Ek die HERE is.

    Hoe meer ons die Bybel lees hoe meer sal ons ontdek dat dit geskrywe is vir die dag van “vandag” … die dae net voor Sy tweede (letterlike) koms.

    Die keer egter nie in ‘n krip sodat die mensdom met Hom kan “popspeel” nie, die keer gaan dit ‘n “perd” van ‘n ander kleur wees! En dan gaan dit nie net calviniste of die charismate of “you name it” watter kerk ookal wat in die “cak” gaan wees nie….!

    Dan sal ons ook sien Wie met wie popspeel…?

    (1Pe 4:17) Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?

    johannes_11

    15 September 2007 at 14:43

  4. Ek sal organiseer vir iemand om die rondtenommers te kom dra – iemand heel kykbaar! Maar Johan, jammer, my geld is op George!

    sonkind

    15 September 2007 at 18:40

  5. dis in die haak, ek is bereid om opgedons te word vir die publiek se algehele kykgenot. laaf my net behoorlik.

    Johan Swarts

    15 September 2007 at 22:52

  6. Johannes_11, nee ek is nie charismaties nie. Wat jy as charismaties ervaar, is bloot die gevolg van die afloop van ‘n uiters onbevredigende situasie.

    Ek het gisteroggend tevergeefs die koskas en yskas omgedolwe vir my Saterdagoggend comfort food se bestanddele. Helaas. Niks. Nada.

    Natuurlik kan ek winkel toe gaan en dit koop, maar dit is nie dieselfde nie. Die oomblik is gespoil as jy eers aangetrek het.

    Johan, kom ons skeduleer die faait vir ‘n ander dag. My afrigter sê ek is nie fiks genoeg nie.

    Sonkind, organiseer maar in elk geval iemand vir die rondtenommers. Ek is seker ons sal iets kan kry om tussenin die rondtenommer-draery te sit.

    George Maru

    16 September 2007 at 8:39

  7. Hey George!

    Ek verstaan presies wat jy bedoel!

    Nou dat ek nie meer deel van die kerk is nie, vind ek dit ongelooflik moeilik om steeds deel te wees van my mense. My Afikaner mense.

    Die enigste tyd wanneer ek deel van die binnekring is, is wanneer ek met voorbedagte rade voorgee en lieg. Lieg oor wat ek glo. Lieg deur steeds die regte reaksie te he op hul gewoontepraatjies.

    Maar dis maar OK.

    Amen inderdaad!

    K ‘-)

    wiljyvry

    16 September 2007 at 10:19

  8. Ek weet nie of die leier-kultuur soseer aan Calvinisme toegeskryf kan word nie. Die Russe het nog erger leier-fiksasie as ons, en hulle is Ortodoks of Ateïste.

    Maar dit sal baie jammer wees as die vrae wat Labuschagne vra maar net ‘n artikel bly. Ons moet saam met hom aanhou vra:

    1. Wanneer gaan Afrikaanse organisasies nie-Christene begin aanvaar?

    2. Hoe gaan ons die kultuur van skuldgevoel afwerp, sodat daar meer moed en wil sal wees om op te staan teen die nuwe regeerders se vernieling van die land en gemeenskap?

    alleman

    16 September 2007 at 23:53

  9. George, ek beskou myself nie as ‘n Afrikaner nie. En ek wil nie eers meer daaroor praat nie. Maar, as daar meer Afrikaners soos jy was, sou ek dit moontlik heroorweeg het om ten minste weer daaroor te begin dink. Nie omdat ek dieselfde glo as jy nie, juis omdat ek nie dieselfde glo as jy nie.

    idiwidi

    17 September 2007 at 14:29

  10. Wat is hierdie “Afrikaner” waarvan julle praat? Het iemand dalk ‘n definisie?

    Theo

    1 Oktober 2007 at 16:45

  11. Ek is n Afrikaner, en ja ek lees my Bybel en bid maar behoort aan geen kerk nie en dit was nie altyd so nie. Dit is my keuse en ons almal het keuses. Die Afrikaner as volk lewe in n toestand van diaspora en dit is nie maklik nie. Volke moet nie saam staan nie, hoekom sal hulle dan demokrasie nodig hê. Hulle moet wel saam bly en dit doen ons nie, en enige poging daartoe soos Orania word eenvoudiglik as rassisties afgemaak. As ons nie gaan saam bly soos ander volke nie is die kanse skraal dat ons saam sal staan, en saam stem oor geloof nooit. Vryheid van geloof moet altyd no. 1 wees alle ander vryhede volg – maar dit het ons mos. Die gevolg van n diaspora op n volk is sy oormatige liefde vir alle volkseie en ek kan insien dat dit party uitgesluit laat voel. Rassisme is natuurlik die ander gevolg dis die enigste manier om in die onderbewussyn jou fisiese(etniese) voorbestaan te regverdig. Omdat ek vroeër ateïsme self aangehang het weet ek hoe julle voel. Beëindig die toestand sonder voorbehoud en jy los 99% van ons probleme op laat dit dan vryheid van geloof en opinies reën. K.O.B.U.S rulez Metaaaaal

    ek sal

    23 November 2007 at 14:04

  12. Het jy al die fliek American History X gesien? Daaruit kom ‘n aanhaling wat vir my nogals betekenisvol is:
    “…I’m tired of being pissed off…”
    Voel jy nie partkeer so nie? Raak mens nie partykeer moeg daarvoor om afgepis te wees met soveel goed nie?

    duskant

    23 November 2007 at 14:29

  13. Kan ek asseblief die rondtenommers dra?

    René

    26 November 2007 at 11:05

  14. René, ja jy mag! Ek soek net iemand om op te dons. Ek vermoed Johan gaan ‘n pushover wees. 😉 Maar Hugo is op die oomblik in good fighting spirit.

    So, kry solank jou verruklikste kleertjies gereed.

    George Maru

    26 November 2007 at 19:56


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: