riviersonderend

Laat my langs die heidene wandel

with 6 comments

Good grief. Sendingwerk is ook nie meer wat dit was nie. The Daily Dish berig dat Mormoonse sendelinge ‘n kalender uitgebring het. Mnr. Januarie tot en met Mnr. Desember – lees meer op hulle webwerf “Mormons Exposed“.

Dit is vir seker nie hoe ek die gawe Mormone onthou toe hulle my van die Boek van Moroni vertel het nie. Noudat ek terugdink, besef ek dat ek hulle eintlik vreeslik stief behandel het. Sies.

Hier is Matthew. Hy doen sendingwerk in Kaapstad.

pbmatthew.png

Dit is egter onbekend waar jy jouself as sendingobjek moet aanmeld.

Advertisements

Written by George Maru

14 September 2007 at 8:33

Posted in sommer net

6 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Hierdie inskrywing se opskrif is histeries snaaks! Ek lig amper my wenkbroue vir die hoE noot wat volg.

    idiwidi

    14 September 2007 at 20:54

  2. WAAR in Kaapstad? WAAR WAAR WAAR?

    sonkind

    14 September 2007 at 21:40

  3. idiwidi, nou laat jy my lag. 🙂

    sonkind, ek het gekyk. Mnr Junie is óók in die Kaap! Ek deel jou frustrasie. Waar, o waar is ‘n sendeling as jy een nodig het?

    George Maru

    15 September 2007 at 7:40

  4. ek dink as hulle in hierdie outfits sendingwerk doen (eerder as die tradisionele swart pakke) sal hulle ook baie meer sukses hê.

    maeree

    15 September 2007 at 10:11

  5. Vir wat dit werd is, hulle staan in daai stegie langs die Eikestad Mall, die een by die frozen yoghurt shop. En hulle hou sommige Woensdagaande lesings by die JSG Bib. Ek weet dit sommer net.

    Bertus!

    15 September 2007 at 21:25

  6. Ai tog… hoe sondig voel ek nie ewe skielik so vroeg op ‘n Sondagoggend nie! Ek wil ook ge-sending word.

    Vat my saam, toe? Net vir incase daar enetjie oor bly wat julle nie bruikbaar vind nie.

    wiljyvry

    16 September 2007 at 4:16


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: