riviersonderend

Om so na die lewe te kyk

with 15 comments

Hierdie is ‘n uittreksel uit William Wordsworth se gedig “Lines Composed a Few Miles above Tintern Abbey“. Ek verwys daarna in ‘n gesprek met Johan en wou dit nie in die kommentaar plaas nie, want dit sou soos sonde gevoel het om sulke woorde in kommentaar te gaan indruk.

So as niks nou sin maak nie, beweeg maar aan na die volgende blog 🙂

abbey2.jpg

… For I have learned
To look on nature, not as in the hour
Of thoughtless youth; but hearing oftentimes
The still sad music of humanity,
Nor harsh nor grating, though of ample power
To chasten and subdue. And I have felt
A presence that disturbs me with the joy
Of elevated thoughts; a sense sublime
Of something far more deeply interfused,
Whose dwelling is the light of setting suns,
And the round ocean and the living air,
And the blue sky, and in the mind of man:
A motion and a spirit, that impels
All thinking things, all objects of all thought,
And rolls through all things. Therefore am I still
A lover of the meadows and the woods,
And mountains; and of all that we behold
From this green earth; of all the mighty world
Of eye, and ear both what they half create,
And what perceive; well pleased to recognize
In nature and the language of the sense
The anchor of my purest thoughts, the nurse,
The guide, the guardian of my heart, and soul
Of all my moral being.

Genoeg persoonlikheid?

Advertisements

Written by George Maru

11 September 2007 at 22:58

Posted in poësie, spiritualiteit

15 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Pragtige daklose kerk

    johannes_11

    11 September 2007 at 23:17

  2. kudos, goeie foto saam met die post. die kerk, die tradisionele godsdiens, “vergaan” (moenie opgewonde raak nie, johannes_11) terwyl dit wat wordsworth beskryf bly staan (ten tye van die neem van die foto, in elk geval).

    hmm

    ja. genoeg persoonlikheid. wordsworth verwoord hoe ek voel. (en seker jy ook, raai ek?) interessant dat ek netnou die opmerking oor national geographic documentaries gemaak het.

    dis opvallend hoe hy slegs dinge beskryf soos ons dit op ons eie klein rotsbolletjie waarneem. die heelal laat ons mos soos ‘n muggiepankreas teenoor alpha centauri lyk.

    die gedig maak dat ek weer wil gaan oplees oor die golden ratio.

    Johan Swarts

    12 September 2007 at 0:17

  3. (en ook – dit wat wordsworth beskryf is OM die tradisionele godsdiens. tradisionele godsdiens is nie die volle prentjie nie.)

    Johan Swarts

    12 September 2007 at 0:18

  4. Wannneer kry ons ‘n gedig van Johan Du Bois-Swarts?

    Bertus!

    12 September 2007 at 0:18

  5. wanneer hy / hulle na die komende kwartaal van marius crous se briefskrywende kolonies af terugkeer 😉

    Johan Swarts

    12 September 2007 at 0:23

  6. aaah! Wordsworth. So sonder pretensie.

    idiwidi

    12 September 2007 at 4:42

  7. Johan

    Wys vir my enige kerk in die hele wereld wat nie “geestelik gesproke” lyk soos die daklose een nie….?

    God is bloot net nie maar in hulle midde nie as Verlosser nie… maar as Regter. Inteendeel die oordeel oor kerke en hul strukture het alreeds begin… vandaar die afvalligheid wat selfs deur wereldlinge gesien kan word.. vlug jannie vlug

    (Mat 24:15-18) Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom—laat hy wat lees, oplet— dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug; wie op die dak is, moet nie afkom om iets uit sy huis weg te neem nie; en wie op die land is, moet nie omdraai om sy klere weg te neem nie.

    Die gruwel is natuurlik niemand anders as … ek dink jy weet wie…?

    johannes_11

    12 September 2007 at 9:49

  8. Dalk is dit ‘n gedig wat ek nog etlike kere moet lees voordat ek my eie a-ha daarin ontdek. Wat ek wel weet, is dat dit ‘n kuns (dalk Goddelike geskenk?) is om meer raak te sien terwyl jy in ‘n woud van beton en uitlaatgasse leef.

    RMB

    12 September 2007 at 10:02

  9. Pragtig! Wordsworth is een van my gunstelinge!

    boerinballingskap

    12 September 2007 at 15:10

  10. Wie is hierdie Du Bois vent waarvan julle praat?

    Johan, daar is ‘n naam vir wat Wordsworth beskryf. Panteïsme. Wat hy skryf is vir my mooi, maar maak dit waarheidsaansprake? Dit is natuurlik verwant aan ‘n vraag wat ek die afgelope tyd oor wonder (party mense mag dink dit is ‘n simpel vraag): maak kuns (beauty) waarheidsaansprake? Behoort dit? Kan dit? Dus: die verhouding tussen die estetiese en waarheid.

    Johannes_11 tone down op die swael en vuur. Good grief. Hier land mense op my blog wat gesoek het vir “stories oor oordeel”. Ek dink dit is jou skuld.

    RMB, daar is ook baie mooi in die woud van beton.

    Boer en idiwidi, ek is bly julle geniet WW 🙂

    George Maru

    12 September 2007 at 19:22

  11. George

    As dit my skuld is, is dit ook oraait. As jy daaroor wil huil is dit jou keuse. Dis hulle keuse om te soek en te lees en hulle eie mind op te maak.

    Dis dalk my skuld maar ek het nie die vermoee om enige van jou lesers te oortuig van oordeel al dan nie, die God se werk. Ek getuig net van dit wat ek lees wat “geskrywe” staan.

    Wie weet dalk land hulle hier opsoek na die “end” in riviersonder end soos dit met my die geval was….? Net om dalk ook agter te kom dat die end sonder ‘n rivier kan wees.

    En dis ‘n klaaglied sonder ‘n end… wie weet dalk kan baie van jou lesers wat antwoorde oor die end soek dalk antwoorde vind in hul soeke na die waarheid.

    (Jon 3:9) Wie weet of God nie sal omkeer en berou sal hê nie, sodat Hy Hom afwend van die gloed van sy toorn en ons nie vergaan nie?

    Onthou Lot se vrou…?

    johannes_11

    12 September 2007 at 22:39

  12. Ek het nogal gewonder of dit is waarna hy verwys. Maar panteïsme pla my, want dit het vir my konnotasies van wiccans wat rondhardloop tussen lentebloeisels en moedernatuur aanbid met staffies en slegte musiek. (Ek en my idiosinkratiese antwoorde, hehe…)

    Wat my pla van panteïsme is dat dit klaar ‘n “isme” is. ‘n Stel reëls (hoe min ook al); ‘n definisie. En daar is vir my ‘n verskil tussen God is alles en God is orals.

    Wordsworth se gedig kan, myns insiens, op ten minste twee maniere gelees word. #1 = God is die asemrowende alles. 2 = God is orals, en ek sien dit in die asemrowende, kontingente natuur om my.

    Kuns maak verseker waarheidsaansprake. (Of dis wat ek dink ek, in elk geval.) Dit bevraagteken ook net soveel waarhede as wat dit propageer (my gunsteling voorbeeld hiervan is Duchamp se piepiepot.) Die manier waarop goeie kuns dit egter doen, is nie deur die aanspraak soseer te “maak” nie, maar jou eerder te lei om self daarby te kom deur vir jou dinge te wys. Showing not telling, seker maar.

    (Hel, ek moet gaan slaap. Hierdie vakansie maak my ‘n kompulsief versteurde wakkerblyer.)

    Die verhouding tussen kuns en die werklikheid is ‘n damn interessante topic.

    …so kom ons praat daaroor 😉

    Johan Swarts

    13 September 2007 at 2:18

  13. Johan, ja, ons kan daaroor praat. Maar iewers in volgende week, as dit reg is? Ek is moeg gedink. Ek vat nou eers ‘n timeout. 🙂

    George Maru

    15 September 2007 at 7:42

  14. hehe, doenit.

    Johan Swarts

    15 September 2007 at 12:36

  15. Meanwhile the mind, from pleasure less,
    Withdraws into its happiness:
    The mind, that ocean where each kind
    Does straight its own resemblance find;
    Yet it creates, transcending these,
    Far other worlds, and other seas;
    Annihilating all that’s made
    To a green thought in a green shade.

    Andrew Marvell, The Garden

    Theo

    1 Oktober 2007 at 15:37


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: