riviersonderend

Piesangrepubliek?

with 10 comments

Neem die volgende in ag:

1. Suid-Afrika se opposisieleier word saam met ander gearresteer deur die polisie in ‘n optog teen dwelmhandelaars op die Kaapse vlakte. Ten spyte van die feit dat die hele gemeenskap weet wie die dwelmhandelaars is, word niks aan hulle gedoen nie. Die polisie het belangriker werk om te doen, soos om vir Helen Zille te arresteer.

2. Een van die land se gewildste politici glo dat jy VIGS kan voorkom deur te stort (dit is nie seker hoe warm die water moet wees nie) en dat vroue met kort rokkies seks wil hê. Die politikus kla oor die veramerikanisering van Suid-Afrikaanse kultuur en dat mense seksbehep is.

3. Die land se regerende party kon nog nooit deur die stembus in die Wes-Kaap provinsie (of Kaapstad) aan bewind kom nie. Tog glo hulle dat hulle die onvervreembare reg het om te regeer. Selfs al beteken dit dat elke vuil truuk in die boek probeer word. Wat beteken dit vir die toekoms van die land waarin die party dalk eendag die nasionale populêre stem mag verloor?

4. Die minister van gesondheid is nog nooit veroordeel vir verregaande opmerkings oor HIV/VIGS nie. Eet maar jou knoffel en groente.

5. Leiers van Suid-Afrika en ander Suider-Afrikaanse state dink Mugabe is ‘n cool guy wat legitiem regeer in Zimbabwe na “free and fair elections.”

Piesangrepubliek? Mamma, is ons al daar?

Advertisements

Written by George Maru

10 September 2007 at 6:28

Posted in afrika, nuus

10 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Ek dink ons is daar. Snaaks dat dieselfde politikus hand-om-die-blaas probeer wees met die Afrikaner, maar ook aanhou sing “bring my masjiengeweer” – wie wil hy dan afmaai? Ongelukkig dink ek die meerderheid kan eenvoudig nie reguit dink as dit by ‘n verkiesing kom nie – hulle glo as die party uitgestem word sal apartheid terugkom, dus is die uitstem van die party nog nie binne dekades in sig nie, indien in jou en my leeftyd.

    My Kop Op 'n Blok!

    10 September 2007 at 9:34

  2. Die Nuwe Jerusalem … die land van melk en heuning in sig….!!!

    (Open 21:1-4) En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie. En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is. En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God. En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.

    johannes_11

    10 September 2007 at 9:58

  3. Onregverdigheid is een van die dinge wat my onredelik befok maak. En ek’s nou onredelik befok.

    En hier’s die groot joke. Ons almal kla daaroor op die blogosfeer in ‘n taal wat die donderse piesangs nie gaan lees nie.

    Johan Swarts

    10 September 2007 at 11:35

  4. Ditto, George, Ditto, Johan. Ditto, ditto, ditto! Dit raak ‘n surrealistiese sirkus!

    boerinballingskap

    10 September 2007 at 17:00

  5. En wie is die Hoofnar? Ons bly in die piesangrepubliek en vlieg met Mango! Dis voorwaar beter as Boswell Wilkie. En moenie so seker wees dat die piesangs nie hier lees nie. Die piesangs kan donders goed Afrikaans verstaan EN praat as hulle wil!

    sonkind

    10 September 2007 at 20:37

  6. Smuts Ngonyama van die ANC het vanaand die optrede van die polisie met betrekking tot Zille veroordeel en gesê dat dit nie die manier is waarop die leier van die opposisie hanteer moet word nie. Ek is bitter teleurgesteld oor wat gebeur het, maar ook dankbaar vir hierdie reaksie.

    attie

    10 September 2007 at 21:43

  7. om verskoning vir my vloekwoordjies…

    ek hou baie van die nuwe layout! 🙂

    Johan Swarts

    11 September 2007 at 0:35

  8. johan

    van wanneer af is onregverdig, onredelik en piesangs “vloekwoordjies”….?

    johannes_11

    11 September 2007 at 9:16

  9. ek dink nie ons is al daar nie.

    ons het wel rede om bekommerd te wees. ons regering se onvermoë om kritiek te hanteer (en pogings om kritici stil te maak), lê vir my baie hoog aan die lys.

    maeree

    11 September 2007 at 10:35

  10. Soos ek dit sien, lê baie van Suid-Afrika se probleme en ook die antwoorde daarop in basiese gesindheid en benaderingswyses. Dis gerusstellend en ontsettend angswekkend gelyktydig.

    idiwidi

    11 September 2007 at 12:35


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: