riviersonderend

Die paaie wat mense loop

with 7 comments

58 jaar gelede is sy gebore. Sy is grootgemaak met die Bybel en geleer dat dans, alkohol, fliek en denims sonde is. Later het sy gerebelleer teen die fundamentalistiese geloof waarmee sy grootgemaak is.

Daarna het sy vir ‘n paar jaar gefloat, in Kalifornië en Japan gebly. Sy het teruggekeer na Amerika, by ‘n plaaslike kerk aangesluit, getrou, twee kinders gehad en later geskei. Sy het opgehou om kerk toe te gaan.

In 1995 het sy ‘n lesing bygewoon deur ‘n Boeddhistiese leermeester. Sy het besef dat sy aangetrokke is tot sy kalmte en die boodskap van liefde en medelye. Sy het begin mediteer by die Shambala Boeddhistiese Sentrum in Milwaukee.

Vandag is Judy Franklin die eerste vrou in Amerika se midweste wat as non in die Theravada Boeddhisme bevestig is.

As dit in jou bloed is, is dit in jou bloed.

Advertisements

Written by George Maru

10 September 2007 at 20:10

7 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Wat beteken dit om as ‘n non bevestig te word…? en ek wonner of sy nog as non …non-dans, non-alkohol, non-fliek en non-denims is?

    Is dit amper iets soos om “salig verklaar” te word soos tannie teresa te midde van haar twyfel “salig” verklaar is, deur haar kerk nogal…? Woepswaps weg is die twyfel. Sommer so, as easy as that….gesign, gerubberstempel en geseël.

    Dis natuurlik enige vrou se hartsbegeerte om geweeg te word en te lig bevind te word.

    johannes_11

    10 September 2007 at 22:16

  2. Hehehe… Jou laaste sin Johannes 11!!

    kaalvoetkind

    11 September 2007 at 5:34

  3. Nice new look!

    boerinballingskap

    11 September 2007 at 15:50

  4. ja, baie oulik!

    idiwidi

    11 September 2007 at 17:29

  5. Almal wat iets nice geskryf het oor die befokte herontwerp. Dankie, mag julle geseënde lewens lei en ten minste 130 jaar oud word.

    Aan diegene wat gedink het dit lyk cool, maar te lui was om kommentaar te lewer: Sies man!

    George Maru

    11 September 2007 at 22:33

  6. Die oppervlakkigheid van ons aardse bestaan kan vir sommige onbevredigend wees en daarom soek hul dieper dinge, wat sielevrede verskaf. Is dit die volheid daarvan of net ‘n skyn daarvan?

    Hans Matthysen

    4 Oktober 2007 at 21:44

  7. Hallo Hans. Lanklaas van jou gehoor. Welkom terug 🙂

    George Maru

    6 Oktober 2007 at 12:49


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: