riviersonderend

Ek is bly

with 7 comments

Uiteindelik, na heelwat uitstel, het ek ‘n nuwe internetfase betree. Ek het ‘n rekening oopgemaak op iTunes om musiek, TV-programme en flieks te kan aftrek. Teen $ 1.99 kan jy TV programme sien wat jy andersins nooit in Suid-Afrika te sien sal kry nie.

Die flieks is nog maar aan die eina kant, en het my nog nie beïndruk nie. Maar dit maak nie saak nie.

Ek dink wel dat dit die begin van die einde van tradisionele TV en die musiekbedryf, soos ons dit nou ken, is. Hoekom jou laat voorsê deur ‘n TV-stasie oor wanneer jy ‘n program moet kyk? Hoekom R 150.00 vir ‘n CD betaal as daar net 2 songs op is wat die moeite werd is? Wel, hoekom meer as $ 9.99 vir ‘n CD betaal?

Die volgende stap in die evolusie van die internetvermaak-bedryf, sal wees wanneer jy videos sal kan huur op ‘n diens soos iTunes. Dink net. Nooit weer hoef jy beperk te voel deur die keuses van die plaaslike videowinkel nie.

Intussen sterf doeane en aksyns ook ‘n stille dood.

Natuurlik word Suid-Afrika belemmer deur ‘n gebrek aan infrastruktuur en die Hellkom monopolie. Ek dink nie dit is op die oomblik werklik sinvol om ‘n 1 Gig fliek af te laai hier nie. Maar wag maar, ook dit sal verander.

Die snelle pas waarteen tegnologie ontwikkel, laat regerings en sommige industrieë in die stof byt.

Advertisements

Written by George Maru

9 September 2007 at 11:32

Posted in sommer net

7 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Ek is bly die tradisionele ou radio is darem nog vir my arm broers wat in hul nog in modder- en sinkhuisies bevind beskikbaar.

    More herdenk ons die 6de verjaardag van die 9/11/2001 gebeure…! Dit is presies 4 jaar en 40dae vanaf die 20-1/10/2011 gebeure wat vir ons wag….!

    Kan dit dalk heenwys na die 20-1/10/2011 gebeure wat vir ons in die Bybel verskuil is…?

    Daardie aller verskriklik dag waarvan die Bybel praat…

    (1Kor 15:51) Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word,

    (1Kor 15:52) in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.

    (1Kor 15:53) Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word.

    (1Kor 15:54) En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning.

    Lees en luister meer hieroor besoek gerus

    ook http://www.familyradio.com en
    http://www.timehasanend.org

    En vir diegene wat in Afrika woon en nie die voorreg van internet het nie, luister gerus in die aande om 19h30 of 23h30 oor die radio na die program OPEN FORUM op Family Radio oor AM 1197khz

    En vir diegene wat nog Short Wave kan opvang SW 3230khz en SW 6020khz (21h00 tot 23h00)

    Waaroor ek nie bly is nie… (intens hartseer inteendeel)… is dat my ryk afrikaanssprekende broers (met al die tegnologie toe hulle beskikking) weier om daarna te luister…!

    (Mat 23:36) Voorwaar Ek sê vir julle, al hierdie dinge sal oor hierdie geslag kom.

    (Mat 23:37) Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en stenig dié wat na jou gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak net soos ‘n hen haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie!

    Wees my arme sondaar tog genadig….!!!

    johannes_11

    10 September 2007 at 9:53

  2. ek kan nie onthou wanneer laas ek iets op ‘n televisieskerm gekyk het nie

    Johan Swarts

    10 September 2007 at 12:10

  3. my tv se skerm is baaaaaie groter as die rekenaar s’n.

    maeree

    11 September 2007 at 10:24

  4. ja

    maar as jy voor jou tv sit, raai ek, is jy baaaaaaaaie verder van jou skerm af as wat jy voor jou rekenaar sou sit 😉

    Johan Swarts

    11 September 2007 at 15:54

  5. maeree, jy’s weer dwars vandag.

    George Maru

    11 September 2007 at 22:40

  6. Hoe het jy ‘n rekening by iTunes kon oopmaak? Sover ek weet word SA kredietkaarte (nog) nie aanvaar nie weens ‘n gekibbel met SAMRO (of soortgelyk patetiese instelling)?

    Theo

    30 September 2007 at 15:06

  7. Theo, sover ek weet kan jy nie met SA kredietkaarte werk nie. Dus is die proses effe omslagtig. Ek koop vouchers op ebay, itunesplanet met behulp van Paypal. Dan kan jy registreer op iTunes sonder om ‘n kredietkaart te gee, maar jy sal ‘n Amerikaanse tuisadres moet opgee.

    George Maru

    30 September 2007 at 17:57


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: