riviersonderend

O, Anna jy’s my blom!

with 3 comments

Dit is een van die dae die Rugby Wêreldbeker. Suid-Afrika het ook ‘n span ingeskryf vir die okkasie.

Eintlik is ek huiwerig om weer ‘n sport-post te maak, want my vorige een is volledig geïgnoreer. Ek gaan egter nie voorspellings maak oor wat gaan gebeur nie, want ek het nog nie die sterre geraadpleeg nie.

Ek sal eerder ‘n lysie maak van die top 5 spanne waarvan ek hou en wie ek wens moet wen:

1. Suid-Afrika; Frankryk
3. Nieu-Seeland
4. Ierland
5. Australië

Hoe cool sal dit nie wees as 4 van die spanne die halfeinstryd haal nie!

En nou terug na die week van poësie. Verlede jaar het Antjie Krog uit haar nuwe bundel, Verweerskrif, voorgelees tydens die Versindaba. Ek weet nie of dit poëties korrek is om ‘n bundel as “pret” te bestempel nie. Verweerskrif is pret. En briljant. En al die ander byvoeglike naamwoorde wat pas by een van ons grootste, lewende digters.

Ek sou graag Manifes van ‘n Ouma wou plaas, maar dit is te lank en ek te lui.

vertrekkende

‘n kind vertrek. ek bly staan. bekende
oë groet voordat die donkerbril.
hande wat op die sitplekgordel soek.
die straat verlate. ek waai waai. dis of

alle lig taan. of alles killer wil. of my hart
die blaam weier. alles wat gesê moes
word. na elke vertrek beraam ek taal.
om te verduidelik. hoe om volgende keer.

die gevoel van skroei deur my ribbes. ek
onderneem om maniere te vind. om wat
ons bind verbaal te uiter. so min is dit

wat jy wil hoor. die ongesêde bloedbelope
desperaat gemikte vuishou. of dit die smoel
voluit tref. jissis! ek bloei, kind.

Advertisements

Written by George Maru

5 September 2007 at 21:27

Posted in afrikaans, kuns, poësie

3 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. publiseer “sonnet van die warm gloede”, ag toe? 😉

    Johan Swarts

    7 September 2007 at 11:29

  2. Wat ‘n bonus om na ‘n week weg van die blogosfeer so ‘n klomp cool Riviersonderend inskrywings te kry. Jy is funky George!

    Ek kan nie onthou hoekom nie, maar om een of ander rede het ek twee eksemplare van Verweerskrif. Ek hou van die cover.

    Partykeer is woorde vir my so mooi dat dit my seermaak.

    idiwidi

    9 September 2007 at 9:29

  3. Johan, ek sal bietjie later weer gedigte plaas.

    idiwid, ek dink jy is die enigste persoon wat ek van weet wat my funky noem. Ek hou sommer meer van jou. Prys jou naam!

    Ek stem saam oor die cover. Verweerskrif is stunning.

    George Maru

    9 September 2007 at 20:18


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: