riviersonderend

My nagte saam met Van Wyk

with 8 comments

Daar was ‘n tyd in my lewe wat ek myself geprostituseer het vir ‘n warm bed, ‘n stukkie brood en sjekel-koepons. In ruil daarvoor het ek bedags ‘n blou pakkie aangetrek, eiers uitgepak vir Ida, potte geskrop en Maandae – as ek gelukkig was en die faait met A. gewen het – pizza gemaak.

Die lewe van ‘n kibboetsniek op die kibboets Ma’anit, naby Hadera, was nie maklik nie. Veral nie as jy in die kombuis gewerk het nie. Dit was egter nie so erg soos arme Sarah wat suicidal hoenners moes veg vir hulle eiers nie. Sy het dikwels verloor.

My lewe het aansienlik makliker geraak, nadat die kokke besluit het om nie langer direk met my te kommunikeer nie. Opdragte is via A. aan my oorgedra. Maar dit is ‘n ander storie. Ek is blykbaar effe s-l-o-w. Dit het veral gebeur as iemand op my gegil het.

Ida, ‘n 42-jarige kibboetsniek en moeder van Brasilië, was in beheer van ontbyt. Die hoofkok het haar uitgetrap as sy mooi, heel eiers gebruik het. Net die verleptes was goed genoeg vir die mense, totdat Ida een oggend bemoerd al die eiers gebreek het, en uitgeroep het: “There! Now they are all broken!” Dit was die einde van die eieruitsoekery.

Op die kibboets het ek ‘n vegetariër geword, nadat ek en A. ontelbare kalkoene moes opsny vir goulash. Dit was te veel. Die visopkappery was erger, omdat jy – sonder handskoene – moes vroetel vir die vis in houers met arktiese water in. Aangesien ons in die land van wonderwerke was, is dit seker geen verrassing dat daar altyd nog vis was. Sug. Die water het ook nie warmer geword nie. Wonderwerke voorwaar. Maar die ergste was die Superette-advertensie wat elke 5 minute oor die radio geblêr het.

Tot 2 uur die middag. Dan is jou tyd jou eie en spring jy op die bus om die land te sien. Caesarea, Nasaret, Netanya ens. Jy gaan kyk na waar Armageddon gaan plaasvind, loop deur funny tonnels, besoek die Lebanon-grens (ja, ek het gevaarlik geleef), sit op busse langs meisies wat hulle gewere skoonmaak (ja, ek het gevaarlik geleef) en word nog pie-ende uit ‘n bushalte se toilet deur soldate verwyder. Bomdreigement (shit, ek was jonk!). Net soos laerskool op “Sowetodag”.

Good grief.

Saans het ons Goldstar bier gedrink, terwyl A. van Barcelona my Spaans geleer het en L. oor ‘n cute Spaanse outjie gekwyl het. Ons sou ook op onwettige plekke gaan stort.

Later, wanneer ‘n baldadige maan reeds hoog gehang het, en sorgelose kibboetsnieks skelm oor die heining geklouter het om in die swembad te fornikeer, het my vingers hulle weg gevind na NP van Wyk Louw se Versamelde Werke. Eers het ek effe skuldig gevoel dat ek eerder dit wou lees as die Bybel. This also came to pass. Van Wyk Louw se verse het my stiltetyd geword in daardie rondomtalie-seisoen. Die oorgawe was volkome.

Ek het gelees, gesien, gedoen, ervaar.

Ek is mens. Goed en sleg. In ‘n wêreld, groter en interessanter as my wildste drome. Welkom, groot seun.

XVII

Ek haat en ek het lief: ek weet nie hoe nie.
O my land, o my land: jy is ek.
Ek ken jou en ek haat jou soos ek my haat.
Ek het jou lief soos ek my soms lief durf hê.
(Uit: Tristia) *

***

As ek so dink

As ek so dink dat ek jou nooit weer sien,
dat jy voortaan vir my ‘n herinnering
sal wees wat valer word tot ek miskien
– as die ouderdom sy dowwe wysheid bring –
jou naam en die grysblou van jou oë vergeet,
vergeet jy was vir my in plaas van God,
en flouweg praat, soos een wat alles weet
van kinderliefde en nóu sien dis verspot; –
dan gaan ek langs afgrondelike weë:
hoe trots het andere voor my ook gedink
hul het die liefde wat onsterflik is,
en ek, late vaarder, God, op hierdie seë,
moet glimlag dat daar haat en liefde is
waar alles in die eeue moet versink.
(Uit: Die Halwe Kring)

* Ek het al hier oor Catullus se gedig “odi et amo” geskryf waarna hierdie gedig verwys.

Advertisements

Written by George Maru

4 September 2007 at 22:27

Posted in afrikaans, kuns, poësie, sommer net

Tagged with

8 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. George

    Het jy (soos ek) ook geglo dat God die fisiese Jerusalem en Israel gaan “herstel” en dat Jesus as Koning vir ‘n 1000jaar in Jerusalem die wereld regeer…..?

    Ek moes met ‘n “big bang” ontdek dat dit ‘n mens uitgedinkte valse teaching is… as jong seun was ek bykans oppad om in Jerusalem ‘n draai te gaan maak, ek was net R1000.00 kort anders was ek da…! Genadiglik het dit nooit gerealiseer nie. Dalk sou ek ook my hoop eerder op ‘n Van Wyk Louw geplaas het as ek die telleurstelling mos beleef het van ‘n Jerusalem (of Israel) wat steeds met die Fillistyne baklei soos in die ou dae, toe hulle onder God se kragtige arm in die fisiese beloofde land ingelei is… en hulle toe daarna van God afvallig geraak het.

    Vandag weet ek dat die vyeboom (nasionale Israel ) wat in 1948 (nadat hulle vir bykans 1900jaar non-existing was) begin bot het….! En weet ek ook dat …. die Groot Verse Boek (die Bybel) die Woord van God is en dat die “somer” (Judgement Day) bitter naby is en…

    “… alles in die eeue moet versink.”

    (Mat 24:32-35) En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is. So weet julle ook, wanneer julle ál hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur. Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie. Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.

    johannes_11

    5 September 2007 at 9:36

  2. George

    Het jy (soos ek) ook geglo dat God die fisiese Jerusalem en Israel gaan “herstel” en dat Jesus as Koning vir ‘n 1000jaar in Jerusalem die wereld regeer…..?

    Ek moes met ‘n “big bang” ontdek dat dit ‘n mens uitgedinkte valse teaching is… as jong seun was ek bykans oppad om in Jerusalem ‘n draai te gaan maak, ek was net R1000.00 kort anders was ek da…! Genadiglik het dit nooit gerealiseer nie. Dalk sou ek ook my hoop eerder op ‘n Van Wyk Louw geplaas het as ek die telleurstelling mos beleef het van ‘n Jerusalem (of Israel) wat steeds met die Fillistyne baklei soos in die ou dae, toe hulle onder God se kragtige arm in die fisiese beloofde land ingelei is… en hulle toe daarna van God afvallig geraak het.

    Vandag weet ek dat die vyeboom (nasionale Israel ) wat in 1948 (nadat hulle vir bykans 1900jaar non-existing was) begin bot het….! En weet ek ook dat …. die Groot Verse Boek (die Bybel) die Woord van God is en dat die “somer” (Judgement Day) bitter naby is en…

    “… alles in die eeue moet versink.”

    (Mat 24:32-35) En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is. So weet julle ook, wanneer julle ál hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur. Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie. Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.

    Ons kan dalk ontnugterd wees in die Groot Verse Boek omdat een of ander slim teoloog aan ons sy kots wou laat eet…? Maar hulle is ook maar net mens …. wat deur God verblind “kan” word. So Kajafas en Kie.

    Ons sal soos dit “geskrywe staan” in hierdie laaste van laaste dae sien hoe alle volke en tale en nasies deur die Almagtige Skepper God, as Koning as Regter as Verlosser vanuit Jerusalem (die Bybel) deur Sy Woord (die Bybel) regeer.

    johannes_11

    5 September 2007 at 9:47

  3. oo gaats…. sorry ek het ge-enter en toe toon hy ‘n error

    toe ge-backspace… en geringe wysigings aangebring en toe weer ge-enter..!

    Ek vra groot omverskoning… dit was nie met opset.

    Kyk maar of jy die verskille kan kry…!

    Die Boek Time Has An End sal as prys gegee word vir diegene wat die meeste verskille kan raaksien…. hier is dit byvoorbaat… http://www.timehasanend.org

    johannes_11

    5 September 2007 at 9:53

  4. Ai George, jy laat my ver terug dink! Die shouk in Tel Aviv met die afkop kalkoene, die St Peter’s fish by Galilea, die alomteenwoordige soldate met gewere… Moes self ook in Eilat vlug vir ‘n bomdreigement!

    kaalvoetkind

    5 September 2007 at 15:05

  5. jy skryf knap. ek wens jy’t hierdie inskrywing vroeër gemaak; dan’t ek dit gebruik in my honneursopstel vir literatuurwetenskap (oor die outobiografie) oor blogs as anonieme selfskrywing. reallllly well done 🙂

    Johan Swarts

    5 September 2007 at 19:15

  6. Johannes_11, jy is eintlik cool, weet jy dit? Al glo jy vreemde goed.

    Kaalvoetkind, ek verstaan Eilat is pragtig; was nie self daar nie.

    Johan, jy is my nuwe held! Dankie.

    George Maru

    5 September 2007 at 22:19

  7. 🙂

    Johan Swarts

    6 September 2007 at 2:35

  8. George

    “Thank you for calling and sharing, may we have our next call please…Welcome to Open Forum?”

    As jy nou na al na Harold Camping se Open Forum programme het sou jy meer waardering gehad het vir bogenoemde uitdrukking.

    johannes

    6 September 2007 at 8:42


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: