riviersonderend

Soms is ek simpel

with 7 comments

En dan put ek intense welbehae uit sulke verskynsels (hoe sal mens dit anders beskryf?):

Daar is nie pille wat help nie. Maar ek weet ook dat ek nie alleen is nie. Ek gaan sommer tolletjiebrei uit pure opgewondenheid!

Nou toe.

Op ‘n meer ernstige noot: vandag se gedig is van Elisabeth Eybers, ‘n naam wat jy net fluister met die nodige respek. Ek vind dit besonders moeilik om ‘n gedig van haar te kies, bloot omdat daar so baie is. Tog het ek besluit om een van haar gedigte wat ons op skool behandel het, te plaas vir sentimentele redes: Twee kleuters in die Vondelpark.

Die beeld wat die gedig by my opgeroep het, het ek deur die jare bly besoek. Dit dwaal steeds in my onderbewuste rond.

Twee kleuters in die Vondelpark bly staan
‘n klein oneindigheid lank hand-in-hand.

Smetloos geteken dryf die dubbelswaan:
gesplete hart van hals en dubbelhals,
geskulpte vlerk met dubbelvlerk teenaan,
geslote snawel dynserig vervals
met eenkant lug en water anderkant.

Versadig van die roerlose gesig
pluk hy – die seuntjie – plotseling aan haar hand
vir verdergaan, sleep haar tot ewewig
as sy nog strompelend omkyk na die swaan.

Verby die bome druis die straatrumoer.

Van skopfiets tot trapfiets gepromoveer,
bromfiets tot motor, sal hy konstateer
– die wiel sy ordeteken – dat hy lid
is van die kollektiewe Lilliput.

Maar sý sien webbe onderwater roer.

Miskien is dit die laaste dag van staar
en grondelose verwondering. Wat sou
hý, weerloos wordend, wees oor dertig jaar?
‘n Saaklike barbaar, ‘n fyn sadis,
‘n doktrinêre Hollandse meneer?
En sý ‘n druk slagvaardige mevrou
met ‘n allure van dít-is-soos-dit-is?

Die swaan bly oor sy dubbelbeeld gekeer.

Advertisements

Written by George Maru

3 September 2007 at 20:40

7 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Aaah, dankie vir die rit deur amnesielaan! Is “Roulynolie vir my Krieketkolf” ook op die lysie vir hierdie week?

    Theo

    4 September 2007 at 9:37

  2. hehe…amnesielaan…

    dié een is vir my een van daai gedigte waaroor ek niks te sê het nie. want dan sal ek dit ‘n onreg aandoen. ek sweer ek kan ‘n kortfilm / musiekvideo hiervan maak 🙂

    (‘n vriend van my het verlede jaar in ‘n eksamenvraestel geskryf dat die gedig oor pedofilie gaan. sy rede? Vondel klink soos fondle…)

    Johan Swarts

    4 September 2007 at 10:08

  3. DIE DURBANSE POEPWEDSTRYD

    Iets wat gestaak is in die oorlogstyd
    Is die Durbanse jaarlikse poepwedstryd.
    Dit is nou egter weer ‘n saak van bespreking,
    Nou eers populêr na die lang onderbreking.

    Deelnemers kom van heinde en ver,
    En die gunsteling vanjaar is nig Sannie Joubert.
    ‘n Berig in vandag se Vaderland lui
    dat sy die hardste kan poep in die hele kontrei.

    Anna Petoor het ’n gat soos ’n beer
    Met ’n vrat in die middel om die poep te beheer,
    En rondom die gat in ’n bolla gedraai
    Is die mooiste klein haartjies wat ’n hol kan verfraai.

    Sannie van Schoor loop rond vir die pret,
    Wen kan sy nie, maar sowaar as die vet
    Die poephol wat sy het, dit kan ek jou sweer,
    Is die mooiste wat enige man kan begeer.

    Die skeidsregter staan voor die bord
    En verduidelik die reëls van die wedstryd in kort:
    Die wenner vanjaar kry behalwe ’n hoender
    Boonop ook ’n pragtige pienk ‘bloomer’.

    Lettie Verwey, nommer een op die lys,
    Loop rond om die mense haar poephol te wys.
    Die applous word al harder hoe verder sy gaan,
    Dis seker dat sy haar man sal kan staan.

    Sy tree toe na vore, die wedstryd is aan,
    Sy begin toe deur eers op haar kop te gaan staan,
    En dink toe sy’s reg om haar deeltjie te doen,
    En daar waai die dak van die hoofdpawiljoen.

    Anna Petoor sê dis bogtery daai,
    Kyk vir my as jullie wind wil sien waai.
    Sy buk en sy druk so hard as sy kan,
    Maar kak en word uit die wedstryd verban.

    Sannie van Schoor stryk haar hare gelyk
    En bloos toe sy voel hoe die mans na haar kyk.
    Sy stap toe na vore en antwoord haar naam,
    En toe poep sy harder as die hele spul saam.

    Die skare deins terug vir die vreeslike stank,
    Maar staan tog verbaas vir die lieflike klank.
    Die beoordelaar staan op en sê vir haar
    ‘Trek op jou broek, jy’s die wenner vanjaar!’

    Sy draai toe om en erken die applous,
    En om almal te wys sy’t niemand geflous,
    Poep sy hard en suiwer ‘Trieng Trieng Trieng’
    Die eerste paar note van ‘God save the King’.

    Bertus!

    4 September 2007 at 11:03

  4. Ek ook…

    maar dan wil ek ‘n kerswas-rekstok-tolletjietrekker maak…

    Die Dollie Eybers darem noem ons dit …. digsing of domdig of ..

    wag laat ek stop

    voor ek ook weer simpel raak

    johannes_11

    4 September 2007 at 11:42

  5. bertus! – die vriend se naam is Appel

    Johan Swarts

    4 September 2007 at 13:44

  6. Theo, nee. My sentimentele mood is verby. Bertus! het dit weggepoep.

    George Maru

    4 September 2007 at 17:55

  7. Ai, dit net toe ek wou begin sentimenteel raak oor Vondelpark!
    😉

    kaalvoetkind

    4 September 2007 at 18:45


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: