riviersonderend

Wat word van die wêreld?

with 7 comments

Dominee/pastoor/eerwaarde/watookal Steve Gallagher, van Pure Life Ministries, is ‘n bekommerde man. Hy voorspel dat sodomiete (nie die hangkastipe nie; die out and about soort wat hulle perversies in die openbaar tentoonstel om Godvresende mense se bloeddruk op te jaag) binne tien jaar moontlik op die kansels sal wees. Ook in – hou vas jou hart – evangelikale kerke.

Hoekom?

Many Christian leaders are regularly immersing themselves in the pagan values that permeate television airwaves. Sitcoms, documentaries and talk shows are all openly promoting the gay agenda. Continually subjecting oneself to such ungodly influences subtly and systematically diminishes one’s convictions.

A poll conducted in March 2007 by Pew Forum Weekly seems to substantiate the erosion of godly convictions among evangelicals. For example, in 1987 they found that 73 percent of evangelicals polled agreed that school boards should have the right to fire homosexual teachers; that figure has now plummeted to 42 percent. What else could we attribute such a drastic change in attitudes to, if not to the fact that Christians are regularly tuned into the pro-gay message pandered by Hollywood and the media?

Wat word van evangelikale Christene se geloofswaardes? Een van die dae sal mens hulle verwar vir gewone mense. Eers word die Bybelse voorskrifte vir slawerny geïgnoreer, mense van verskillende rasse mag nou trou, vrouens mag preek, en ja, jy mag maar skei – jy sal nie meer hel toe gaan nie.

En nou dit?! Darem is daar nog mense soos Gallagher wat die vlam van God se waarheid helder laat skyn te midde van die sodomiete se ongoddelike aanslag.

Advertisements

Written by George Maru

26 Augustus 2007 at 12:37

Posted in gay regte, godsdiens

7 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. sjoe…

    Johan Swarts

    26 Augustus 2007 at 14:43

  2. Mag mens nou skei sonder om hel toe te gaan? Ek voel nou so verlig dat my plekkie in die vuur deur iemand anders opgeneem kan word. Nee..wag… ek’t ‘n tattoo. Ai.

    oopkop

    27 Augustus 2007 at 8:27

  3. Is sy nie die moeder van die hoere waarvan Openbaring hier praat nie…? Die “mystery” van alle tye…!!!

    (Openb 17:5) en op haar voorhoof was ‘n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde.

    Jerusalem (die kerke en kerkstrukture) het so afvallig van die Waarheid van die Woord van God (die Bybel) geraak dat God “haar” nou as Babilon die moeder van die hoere beskryf.

    Ek wonder of Gallagher al van Harold Camping gehoor het….?

    Oopkop jy moet uitkyk vir daai ouens met die “tattoo” op die voorkop, veral diegene wat op die preekstoel staan.

    (2Kor 11:14 en 15) En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke.

    Soos dit ook was in die dae van Jesus..

    johannes_11

    27 Augustus 2007 at 15:26

  4. Oopkop, ek het op goeie gesag verneem dat tattoo’s as sonde oor 15 jaar afgeskaf word. Leef net tot dan, dan sal jy fine wees.

    George Maru

    27 Augustus 2007 at 20:37

  5. is tattoo’s sonde???!!!!
    aaarrrggghhh!!!
    hoekom het niemand my gewaarsku nie?!
    *SNIK*

    maeree

    31 Augustus 2007 at 11:53

  6. Sjoe. Billik om alle Christene so onder dieselfde kam te skeer? Ek is maar altyd weer soos Jona baie verbaas om te sien dat die Here meer genadig is as wat ek Hom wil laat wees. Mense vergewe dalk nie, egskeiding en tatoeermerke en homsoseksualiteit en saamslaap nie, maar die Here wel. Mense gaan nie verlore (hel toe) omdat hulle hierdie dinge doen nie. Mense gaan hel toe omdat hulle nie in Jesus Christus glo nie.

    attie

    3 September 2007 at 9:48

  7. Attie, ek probeer onderskei, maar soms is dit moeilik want jy gaan opstelle skryf met al die disclaimers.

    Dit is ongelukkig die probleem met geloof en dinge wat nie bewys kan word nie. Elkeen maak waarheidsaansprake, wat net eenvoudig aanvaar moet word.

    Neem nou maar die hel as voorbeeld. Daar is tog Christene wat nie meer daarin glo nie?

    As ‘n mens net kan uitfigure wat ‘n Christen is sal dit ook help. Maar daar is soveel opinies daaroor, dat dit gewoon onmoontlik raak om sinvol daaroor te gesels.

    Ek meen, soos ek verstaan is die kerk nie eers seker oor die duiwel nie. ‘n Kommissie sal nou glo besluit.

    Ek moet bieg dat kerk-en geloofstuff vir die buitestaander baie vreemd is. Ek wens eintlik julle kon vir ‘n oomblik daardie perspektief deel.

    It ain’t pretty.

    George Maru

    3 September 2007 at 21:00


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: