riviersonderend

Moeder Teresa se twyfel

with 30 comments

‘n Nuwe boek oor Moeder Teresa bevat van haar briewe wat sy aan haar hoofde en vriende geskryf het. Alhoewel sy versoek het dat dit vernietig word na haar dood, is dit nooit gedoen nie. Uit haar briewe word dit duidelik dat Moeder Teresa nie net haar geloof bevraagteken het nie, maar ook die bestaan van God. Sy skryf:

Where is my faith? Even deep down… there is nothing but emptiness and darkness… If there be God — please forgive me.

Such deep longing for God… Repulsed, empty, no faith, no love, no zeal.

What do I labour for? If there be no God, there can be no soul. If there be no soul then, Jesus, You also are not true.

Twee dinge val my op.

Die briewe met haar twyfel word as getuienis ter ondersteuning van haar heiligmaking aangebied. In hoe ‘n mate is kerke bereid om twyfel te verdra en selfs aan te moedig? Daar is verseker ‘n afsnypunt. Twyfel word net tot op ‘n sekere punt verdra. Neem die NG Kerk as ‘n voorbeeld.

Is dit enigsins moontlik om jou lewe te wy aan mense in die slums van Kolkata, en nie te twyfel in die bestaan van ‘n liefdevolle, almagtige God wat immanent betrokke is in die wêreld nie?

Advertisements

Written by George Maru

25 Augustus 2007 at 7:47

30 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Ek dink die siening dat Christene rotsvaste gelowiges is sonder enige twyfel, is ‘n mite. Van die mees gelowigste Christene, is ook van die grootste twyfelaars.

    boerinballingskap

    25 Augustus 2007 at 13:21

  2. En daai probleem – dat God nêrens te vinde is tydens lyding nie – is al ouer as Moeder Theresa. Ek weet nie of dit ooit opgelos gaan word nie.

    Die kortste vers in die Afrikaanse vertaling van die Bybel is: “Jesus het gehuil”. (As ek nou reg onthou). Dis my idiosinkratiese troos. Ek dink God sit met sy hande in sy hare oor hierdie planeet. Ek dink Hy’s net so clueless daaroor soos ons. En gatvol.

    Dalk is die Kwaad (wat de hel dit ook al mag wees) selfs vir God onbegrypbaar.

    Johan Swarts

    25 Augustus 2007 at 17:23

  3. Elke liewe dag, soos wat kinders verdwyn en dood en verkrag weer verskyn, wonder ek. Ek GLO in God, ek het nog nooit, eerlikwaar, getwyfel aan Sy bestaan nie. Maar ek sukkel met VERSTAAN. En ek dink vir meeste mense le die bron van hulle twyfel by daardie sukkel om te verstaan. Om net blindweg te bly glo.

    sonkind

    25 Augustus 2007 at 19:43

  4. Ek dink elke mens twyfel maar een of ander tyd. Nie-verstaan soos Sonkind sê is maar eintlik dieselfde ding (hou dit soos jy dit het, Sonkind!). Maar hoe kan jy gered word as jy nooit verlore was nie.

    Ek is nie so seker oor die motiewe van wie ookal nie haar briewe vernietig het nie. Dis nie vir my dieselfde as Max Brod wat toe nie Franz Kafka se manuskripte verbrand het nie.

    My Kop Op 'n Blok!

    25 Augustus 2007 at 20:27

  5. Ek is geweldig aangegryp deur Moeder Teresa se woorde en twyfel, en wil later meer daaroor skryf.

    Boer, my vraag bly. Wanneer is twyfel nie meer cool nie en word die persoon geban uit die geloofsgemeenskap? Wie stel daardie grens?

    Johan, is God almagtig?

    Sonkind, sommige mense wíl verstaan.

    My Kop Op ‘n Blok!, waarvan moet mens gered word? Sometimes, lost is best. (Ja, ek het daardie woorde gegaps by …?)

    George Maru

    25 Augustus 2007 at 21:34

  6. George, dit sal afhang van die uitslag van die twyfel, as iemand bevind het vir hom bestaan daar nie ‘n God nie, dan is daar niks, het hy/sy bevind dat God bestaan dan (as hy/sy besluit het dis die God van die Christelike godsdiens), is dit die hel. Ek weet nie van ander godsdienste nie. Al wat ek probeer aantoon het is dat dit normaal is om te twyfel, dis deel van die proses om uit te kom by wat vir jou die antwoord is. Met baie meer behoefte tot privaatheid as Manto se mediese rekords.

    My Kop Op 'n Blok!

    26 Augustus 2007 at 11:08

  7. George – define almagtig.

    Johan Swarts

    26 Augustus 2007 at 14:44

  8. Ek het nou nog meer respek vir ou Moeder T as vantevore!

    Ek dink die vraag oor hoeveel twyfel die kerk bereid is om te verdra, is ‘n futiele vraag. Dit behoort eenvoudig nie saak te maak nie. En watter kerk in elk geval?

    ‘n Vriend van my het nou die dag vir my geskryf: Geloofsrealisme beteken, dat as `n mens `n stryd met God het, dat jy in die stryd steeds aan Hom vashou.

    Hoewel my definisie van God heeltemal van syne verskil, kan ek nogal daarmee identifiseer.

    idiwidi

    26 Augustus 2007 at 16:40

  9. kortste vers in afrikaanse bybel: “bid gedurig”
    engelse bybel: “jesus wept”

    maeree

    27 Augustus 2007 at 17:34

  10. ah, dankie 🙂

    Johan Swarts

    27 Augustus 2007 at 18:47

  11. Johan, gaan lees jou katkisasieboek. Moenie woordspeletjies met my speel nie. 🙂

    idiwidi, ek vermoed ons sal lekker hieroor kan gesels.

    George Maru

    27 Augustus 2007 at 20:15

  12. Wat van die Psalmdigter se twyfel…?

    (Psa 88:14) HERE, waarom verstoot U my siel, verberg U u aangesig vir my?

    Tannie Teresa se twyfel nie iets nuuts nie… dalk hoekom sy so ‘n geseende lewe gehad het…?

    (Joh 20:29) Jesus sê vir hom: Omdat jy My gesien het, Thomas, het jy geglo; salig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het.

    johannes

    27 Augustus 2007 at 20:34

  13. maar dis dan so lekker! 😉

    Johan Swarts

    27 Augustus 2007 at 23:19

  14. Johan, dalk moet jy belê in ‘n goeie woordeboek.

    Johannes, Psalm 88 is natuurlik die één Psalm wat op ‘n somber noot eindig – dit bied geen uitkoms, geen resolusie van die digter se probleem nie. Maar dit is nou nie juis goeie preekmateriaal nie. Ek kry so half die idee dat baie Christene ‘n tipe fashionable twyfel bedryf, met die idee om ‘n mate van respektabelheid aan hul geloof te bied.

    Daarom dat ek daaroor vra, want ek kan dit ook seker verkeerd verstaan. Die twyfel van Moeder Teresa en die skrywer van Psalm 88 is ‘n twyfel wat jou “geloof” definieer, nie bloot ‘n komponent daarvan waar jy twyfel oor die maagdelike geboorte nie.

    Dit is nie twyfel nie.

    George Maru

    29 Augustus 2007 at 23:18

  15. George

    Ek dink die wortel van twyfel strek veel verder of veel dieper “in” die wese van die mens.

    Die oopsprong van die gruwels soos armoede wat tannie Tersia laat twyfel het aan die bestaan van die siel van ‘n mens en selfs die bestaan van Jesus as God, het sy oorsprong in die saad van vertwyfeling wat gesaai is en ontkiem het toe Adam en Eva in ongehoorsaamheid aan die opdrag aan God, meer wou gehad het as dit wat God aan hulle gegee het.

    Dit geld vandag ook. Die mens wil meer ervaar, beleef en voel as dit wat “geskrywe” is. Hulle wil God sien, voel, ‘n droom, ‘n visioen… dit terwyl alles wat God aan ons gegee het ten opsigte van wysheid “geskrywe” staan in die Bybel… die Woord van God.

    Tannie T en ek (for that matter ook) glo soms kinderlik dat as ons iemand se fisiese behoeftes kan aanspreek en hulle kan ophef sodat hulle ook die welvaart van die eerste wereld kan deel kry… die mens se probleme opgelos sal wees.

    Vandag is die geestelike rykdom van ons broers in Afrika en diegene wat hulle bevind in die ander arm derde wereld volkere en tale en nasie, meer geseend (armoede tenspyt) as al die goud en goed van die eerste wereld volkere, tale en nasie saam.

    As jy baie goud en goed het maar steeds sonder God is, is jy die armste mees beklaenswaardigste wese wat in die heelal bestaan.

    (Isa 11:11) En in dié dag sal die Here weer vir die tweede keer sy hand uitstrek, om die oorblyfsel van sy volk los te koop wat sal oorbly uit Assirië en Egipte en Patros en Kus en Elam en Sínear en Hamat en uit die kuslande van die see;

    (Isa 11:12) en Hy sal ‘n banier ophef vir die nasies en bymekaar laat kom die seuns van Israel wat verdryf is, en versamel die dogters van Juda wat verstrooi is, uit die vier hoeke van die aarde.

    Ek het ‘n sterk vermoede dat ons in “dié dag”, waarvan die profeet Jesaja destyds van geprofeteer het,leef.

    Wanneer die wereld se rugby gemeenskap op 20 Oktober 2007 na die finals van die wereldbeker rugby gaan kyk sal baie min dalk bewus wees daarvan dit oor presies 4jaar ons dalk die laaste dag van hierdie geslag se bestaan gaan sien…?! Ek hoop SA wen die “laaste” finals teen wie ookal met 23-17….!!!

    (Mat 24:29) En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word.

    (Mat 24:30) En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.

    (Mat 24:31) En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.

    johannes_11

    30 Augustus 2007 at 10:02

  16. Nee, maar ernstig nou. Define almagtig.

    Ek gaan in godsnaam (pun intended) nie nou ‘n katkisasieboek iewers soek nie. Ek dink nie die goed bestaan meer nie…

    Johan Swarts

    3 September 2007 at 1:52

  17. Johan

    Kyk mooi die kerk waaraan jy behoort is heelwaarskynlik op die katkisasieboek (as fondasie) gebou….!

    Soos wat tannie Terasa dalk op haar ouddag dalk moes agterkom. En het sy daarom maar in die tuig gesterf.

    Sy het genadiglik gesterwe netvoor die kerk-era ten einde geloop het. Die kerk-era het ten einde geloop op 21 Mei 1988, dit het saamgeval met die begin van die begin van die tyd van Groot Verdrukking op die herdenking van Pinksterdag op 22 Mei 1988.

    johannes_11

    3 September 2007 at 15:48

  18. Johan, miskien moes ek maar aandag geskenk het aan die katkisasieboek toe ek dit met die finale jaarkatkisante gedoen het. Maar nou ja.

    Ek sou almagtig definieer as die soewereine reg om na goeddunke op te tree, sonder enige beperkinge. M.a.w. jy is volkome in beheer om enige iets te doen of te laat gebeur. Ek sou selfs wil beweer dat niks sonder jou wil kan gebeur nie.

    Hoekom vra jy? Want ek is seker jy weet waarheen hierdie gesprek gaan lei. As jy oor die al-goeters praat (almagtig, alwetend, algoed, alomteenwoordig) gaan ‘n paar nasty dinge kopuitsteek.

    Soos byvoorbeeld die teodisee-vraagstuk. En ‘n monoteïstiese godsbeskouing is nie opgewasse daarteen nie.

    Never been, never will be.

    George Maru

    3 September 2007 at 21:06

  19. Ek verskil geensins van jou nie. In fact, ek stem met jou saam. Maar ek het al ‘n hele paar goedjies gelees hieroor, en van die interessanter gedagtes waarop ek al afgekom het, is dat dit absurd is om alles te kan doen indien alles onmoontlike dinge insluit. (Of ek daarmee saamgestem het toe ek dit gelees het, kan ek nie onthou nie.)

    However.

    (Hier weerspreek ek myself nou. Lekker:)

    Dit kan tog opgewasse daarteen wees. Imagine jouself ‘n as ‘n programmer. Define ‘n object “God”. Define veranderlikes daarvoor; noem dit almagtig, alwetend, algoed, alomteenwoordig. Programmeer nou ‘n volgende object – noem dit “Situasies”. Gee dit soveel funksies as wat jy wil. (Dalk verkragting_() moord_en_doodslag() spelfoute() ensomeer).

    Probeer nou dink hoe jy die God object gaan programmeer om te reageer op input van die Situasie objek. Die antwoord is tog eenvoudig – jy gaan voorwaardes vir die God object moet instel. Reëls.

    Hier tref die mangopitte die fan.

    Sodra jy voorwaardes instel, weerspreek jy die opvatting dat ‘n God of gode oor vrye wil beskik. Want hulle moet uit vrye wil kan kies om in te gryp tydens lyding. ‘n God wat outomaties iets doen net omdat daar sekere eienskappe aan hom toegedig word (deur mense of Homself) is nie ‘n God nie.

    Dis ‘n donderse C++ object.

    (Jy’s reg, Ek weet waarheen hierdie gesprek gaan lei en daar kan ‘n paar nasty dinge kopuitsteek. But I like nasty 😉 )

    Johan Swarts

    4 September 2007 at 1:34

  20. George en Johan

    Die gesprek (en twyfel) kan baie gou kort geknip word (maar hoekom wil ons daaroor ophou praat…?) as ons dit feit aanvaar dat die Naam van Almagtige God nie verhewe is bo Sy Woord nie… (ek moes lank aan dit kou voor ek dit wou glo… maar moes uiteindelik die knie buig)…

    (Psa 138:2) I will worship toward thy holy temple, and praise thy name for thy lovingkindness and for thy truth: for thou hast magnified thy word above all thy name.

    Dit bied aan die leser daarvan enorme sekuriteit… naamlik dat God Almagtig en God Al-(alles) doen wat Hy verklaar in Sy Woord (die Bybel).

    Ons twyfel het begin toe ons slimmer as God wou wees … en steeds is…!

    johannes_11

    4 September 2007 at 9:41

  21. Johan, goed hierdie vissie sal byt. Ek meen as jy dit nou verduidelik met objek-georiënteerde programmering en polimorfisme ens. dan moet ek luister. Maar ek trek punte af vir C++, want te veel mense dink hulle weet wat om met ‘n pointer te maak, en eintlik crash hulle net die programme.

    Maar soos ek sê, die vissie byt. Nou goed, God is nie ‘n C++ program nie. Wat maak jy met so ‘n God? ‘n God met vrye wil.

    George Maru

    4 September 2007 at 22:50

  22. lol. dankie vir die…pointer? 😉

    ek verstaan nie lekker die vraag nie. bedoel jy met “wat maak ‘n mens met so ‘n God” dat ek hom uitneem vir ‘n milkshake, of bedoel jy eerder hoe moet ‘n mens oor so ‘n iets / iemand dink?

    miskien moet ek beter verduidelik waarop ek afstuur. jy’t teodisee genoem. ateiste se standpunt is baie keer dat dit logies onmoontlik is vir ‘n almagtige, algoed, al-freekin-alles God om nie lyding te verlig nie. dan kyk hulle na die wêreld en let op die onverligte pyn. ergo, meen hulle, God bestaan nie.

    dis vir my eng. want dit beteken in wese: “ek hou nie van ‘n sekere sameloop van omstandighede nie, en daarom bestaan ‘n sekere wese nie”. which is pretty stupid, in my beskeie opinie. ‘n idiosinkratiese ekwivalent vir my, reken ek, sal wees: “charismatiese kerke irriteer my en daarom bestaan hulle nie”. dis tog absurd.

    die vraag ontstaan tereg of dit nog enigsins sin het om so ‘n God te aanbid. nee. dit maak nie sin nie. dis myns insiens pretty mean om alles te kan doen en steeds nie in te gryp en te verlig as jy wel kan nie. in daai opsig misluk God liederlik.

    dit beteken egter nie Hy bestaan nie. (en dit beteken natuurlik ook nog lank nie die Christendom is reg nie.)

    Johan Swarts

    4 September 2007 at 23:55

  23. Mmm… op grond waarvan kan ons die aanname maak dat hierdie pretty mean God bestaan? Het hy geskep? Is sy bestaan enigsins relevant vir ons?

    Daar is iets wat my pla van die bestaan van ‘n mean God wat misluk. Kan mens dan anders oor die lewe dink as nihilisties?

    George Maru

    5 September 2007 at 22:17

  24. Op grond van niks nie. Ek weet nie. Ek het nie die vaagste benul nie.

    Ja, ek dink ‘n mens kan.

    1. Op grond waarvan kan jy die aanname maak dat hierdie mean God nié bestaan nie? (Of dat hy inderdaad mean is?)

    2. Ek is ryk in die sin dat ek jarrrre meer geld as die bedelaars op hierdie kampus het. Ek is heeltemal daarnatoe in staat om dit humanitêr aan te wend, maar ek doen dit nie. Ek verlig nie daagliks 24 / 7 hulle ellende nie, al kan ek dit teoreties doen. En somehow kry baie mense – baie bedelaars ook! – dit reg om van my te hou.

    3. Ek wonder soms. Is dit nie vreeslik egoïsties om te dink ‘n groter / intelligenter wese moet homself met ons bemoei nie? (Hierdie vraag sluit seker aan by die kwessie van relevansie. Maar dis half in reverse.) Is ons relevant vir God? Cause be honest, now – jy ontferm jouself tog nie oor die vlieë in jou tuin wat in spinnewebbe vassit of die kakkerlakke agter jou yskas wat die bure môre met Doom gaan spuit nie?

    Johan Swarts

    6 September 2007 at 2:33

  25. Ek is terug.

    Johan, goed. Sou jy wou waag om die woord “God” te definieer? Wat beteken dit om te sê “God is”?

    George Maru

    9 September 2007 at 20:22

  26. Hartlik welkom.

    Hmm. Ek is nie vreeslik lief vir essensialisme nie (en ek weerspreek myself gereeld in die opsig) en ek kan nie eers myself of my vriende se name definiëer nie. Maar ek dink dat die woord “God” net so mensgemaak is soos die woord “baksteen”. Of dit actually verwys na iets in re, het ek nie die vaagste benul nie. Omdat dit mensgemaak is, kan dit verskeie dinge beteken. Vir Richard Dawkins beteken dit “Pie in the sky”. Vir die koster by die kerk beteken dit dalk “Die groot wese wat maak dat ek ‘n werk het”.

    Om te predikateer dat God bloot “is”, is vir my oorbodig. Afrikaanse grammatika vereis iets om daardie predikaat volledig te maak. God is honger. God is vet. God speel bal op die dyke in Rotterdam. Maar dit weet jy, obviously.

    Ek weet nie wat dit beteken om te sê “God is” nie, anders as “God bestaan” nie. Maar dis tog so ‘n nuttelose stelling. Soos popcorn bestaan. Of braille bestaan.

    Dan weer, as ek dit reg het, is bestaan ook nie juis ‘n eienskap wat jy aan iets kan toedig nie. Ek het vergeet wie hierdie kritiek op Anselmus se ontologiese argument gelewer het. Maar iemand het dit gesê, ek belowe 😉

    Wat dink jy?

    Johan Swarts

    9 September 2007 at 20:46

  27. Ek sal jou woord neem. Ek het al vergeet wie Anselmus was :).

    Ek stem saam dat mens versigtig moet wees met woorde se betekenis. Daarom dink ek dit is belangriker om te gesels oor wat mens verstaan onder ‘n term as om op die term te fokus en te aanvaar wat die ander daarmee bedoel.

    As ek jou so lees, sukkel ek om in te sien hoe wat jy hierbo beskryf, versoenbaar is met die Christelike konsep van God (of enige monoteïstiese geloof). Ek kry so half die idee dat God die woord is wat jy sal gebruik om die groter misterie van ons bestaan te beskryf.

    Nou dan begin ons dieselfde taal praat. Maar konsepte soos twyfel, aanbidding, ens. pas net binne die meer tradisionele konsepte van “God”.

    As mens nie die meer tradisionele definisies onderskryf nie, is my vraag hoe God se bestaan al dan nie relevant is? Bring dit ‘n gerustheid in die gemoed dat alles nie verniet is nie?

    Of wat?

    George Maru

    10 September 2007 at 20:44

  28. “Ek kry so half die idee dat God die woord is wat jy sal gebruik om die groter misterie van ons bestaan te beskryf.”

    Juis. Hoewel ek (en ek besef die antwoord is idiosinkraties) tog daarna neig om te glo dat die misterie ‘n persoonlikheid het. Ek weet, dis nie ‘n verdedigbare stelling nie. En “the big guy in the sky” is verseker ook nié hoe ek die storie beskou nie.

    “Bring dit ‘n gerustheid in die gemoed dat alles nie verniet is nie?”

    Ek dink dit bring ‘n gerustheid in die gemoed dat alles nie toevallig is nie. Dat daar ‘n doel aan ons bestaan is; dat ons hierdie vervlakste bewussyn (eish, hoe verpes ek die ding soms) vir ‘n rede het. Dis een ding om ‘n high order, advanced monkey te wees (which we all are.) Dis ‘n ander ding om dit actually self te besef. Soos Heidegger dit stel – ons is die enigste wesens in wie se syn dit gaan om ‘n bewustheid van ons eie syn. (Ek raai ek haal hom gruwelik verkeerd aan nou, maar dis seker die basiese idee.)

    “Maar konsepte soos twyfel, aanbidding, ens. pas net binne die meer tradisionele konsepte van “God”.

    Ek begryp nie lekker nie? (As uitgangspunt betwyfel ek alles, hehe.)

    Johan Swarts

    11 September 2007 at 0:45

  29. Wat bedoel jy met die persoonlikheid? Iets soos in waarmee jy kan chat, of dalk meer in die lyn van wat Wordsworth geskryf het? Wag ek plaas dit as ‘n nuwe inskrywing.

    “Ek dink dit bring ‘n gerustheid in die gemoed dat alles nie toevallig is nie. Dat daar ‘n doel aan ons bestaan is; dat ons hierdie vervlakste bewussyn (eish, hoe verpes ek die ding soms) vir ‘n rede het.”

    Mmm… ja, jy spreek nou goed aan wat mens eintlik net met genoeg rooiwyn oor kan gesels, wat ek selfs nie op blogs sal wil fluister nie. Maar ek dink ons moet gereed wees vir enige gebeurlikheid.

    Oor laasgenoemde: kom ons sê dat God met ‘n persoonlikheid en al, bestaan, hoekom hom aanbid? En het dit enige sin om te twyfel in ‘n God wat nie ‘n persoonlikheid het nie?

    George Maru

    11 September 2007 at 22:48

  30. Iets waarmee ek kan chat.

    Daar is geen rede om die God te aanbid nie. Tot jy National Geographic se documentaries in super slo-mo sien. Dis tegelykertyd ontsagwekkend en donders scary om skynbare teleologie in die mees arbitrêre dinge om jou te sien. (Onthou, ek antwoord baie idiosinkraties. En soms onverdedigbaar.)

    Dit het sin om te twyfel in enigiets, seker?

    Hoekom net dinge doen wat sinmaak?

    Johan Swarts

    11 September 2007 at 23:21


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: