riviersonderend

Spitstyd manewales

with 6 comments

Spitstyd. Dit gebeur met almal. Sommige mense beleef dit 5 dae van die week. As jy in Gauteng bly en naweke mall en kerk toe gaan, dan is dit 7 dae.

Dit voel altyd vir my na ‘n geweldige vermorsing van tyd om soveel ure niks te doen nie. Tiek tok. Tiek tok. Die tyd stap aan. Maar jy beweeg nie. Tog is daar mense wat spitstyd produktief gebruik deur byvoorbeeld ‘n date te organiseer.

Blykbaar gebeur dit. Boeboe sien vir Gogo naderkom, verbygaan, en weer naderkom, en dink: “Naais.” Niks gebeur vinnig nie. Boeboe pomp die pedaal effentjies, gly 10 cm vorentoe en draai briek aan. Gogo probeer ongesiens vlugtig links kyk en staar dan weer na CA123980. Naaaiissss.

Dit logistieke aspek bly egter vir my ‘n misterie. Hoe maak mens om ‘n date in spitstyd te kry? Griffel jy jou telefoonnommer op ‘n papiertjie en druk dit stewig met jou regterduim (sonder om desperaat voor te kom) teen die vensterruit? Gevolg deur een van daai glimlagte wat ek nie kan namaak nie. Maar sê nou die verkeer begin skielik in die baan langs jou beweeg en tannie Soekie in haar Mazdatjie skuif vriendelik langs jou in? Ek weet werklik nie hoe die mense dit doen nie.

Daar is natuurlik ‘n onfeilbare manier om ‘n telefoonnommer te kry. Laat jou voet net effe swaar op die petrolpedaal rus. Voila. Maar daar is bepaalde risiko’s hieraan verbonde. Jy wil net ‘n byna onwaarneembare duik in die objek van jou affeksie se bumper maak. Nie die kar vir 3 weke by die paneelkloppers inboek nie. Dit gaan jou nie ‘n date verseker nie. En almal het nie noodwendig die gawe gekry om ‘n petrolpedaal saggies en teer te hanteer nie.

So as jy nie ‘n knap spitstydvryer is nie, wat anders is daar om te doen? Wel, ek het al gesien dat sommige vrouens hulself grimeer. As ek hulle sien en agter hulle ry, is ek geweldig verlig. As ek voor hulle ry, verlaat ek sonder versuim die pad. Onmiddellik. Ek gaan nie by die begin verby nie.

Ek het ook al iemand gesien tandeborsel. Ja, ek het gestaar en begin wonder oor sekere logistieke aspekte en toe liewers uitdrukkingloos voor my gestaar. Nasty.

Wat doen jy om die tyd in spitstyd om te kry? Of is jy gelukkig om net die stuurwiel in ‘n pythoniaanse greep vas te klem en voor jou te staar? Kyk nie regs nie. Kyk nie links nie. Sit net met ‘n moerse frons en saamgeperste lippe, terwyl jy na die nommerplaat voor jou staar. So asof daar ‘n geheime kode in CA123980 (wonder ek nou of die nommerplaat aan iemand behoort) opgesluit is.

Dalk is dit juis ‘n goeie ding om vir daardie tyd niks te doen nie en jou kop leeg te maak. Toegegee, dit is nie moontlik as jy jou roete met vele taxibestuurders deel nie. Ongelukkig het ek nie vir jou raad nie.

Of dalk. Miskien. Wie weet.

Luister na Aretha.

Ah hah. Ah hah. Ah ha-a-a-a-ah.

O-o-o-o-o-o-h. O-o-o-o-o-h.

Oh hoh. Oh h-o-o-o-o-o-h. H-o-o-o-o-o-h-h-h.

H-a-a-a-a-h hah hah. A-a-a-a-a-a-a-h-h-h.

O-o-o-o-o-o-h. O-o-o-o-o-h.

Oh Baby.

Yeah Baby.

Baby.

Asemhalingsoefeninge werk vir my.

Advertisements

Written by George Maru

23 Augustus 2007 at 21:03

Posted in musiek, sommer net

6 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Vanmo^re was hier weer groot gemors hier van die Wes-Rand se kant na Randburg toe met verkeersligte wat af was. Ek kan nie verstaan dat die owerhede nie mense op bystand kan hê om sulke goed binne minute weer reg te kry nie. Dis net so asof die effek op die land se ekonomie en al die brandstof wat uitge-idle word nie saak maak nie.

    mykopop

    24 Augustus 2007 at 9:32

  2. Ehehehehe

    Puik post. Knap gedaan.

    Johan Swarts

    24 Augustus 2007 at 9:42

  3. haha. jy’s funny.
    ons stad het nie spitsverkeer nie.
    maar as ek ‘n tydjie in die verkeer moet wees, luister ek alanis morisette. of faithless.

    maeree

    24 Augustus 2007 at 10:44

  4. Funky post!

    Kort na persoonlike veiligheid, is die feit dat ek nie hoef vas te sit in die verkeer nie, die ding wat ek die meeste van my lewe hier in die Ooste waardeer.

    Ek was altyd daardie blonde wat kliphard vir haarself sing en vir mense gesigte trek in die truspieeltjie. Ek het ook die gewoonte om al die syfers van die nommerplate voor my bymekaar te plus.

    idiwidi

    24 Augustus 2007 at 11:26

  5. Goeie pos! Ek merk ‘n motor in die vinnige baan en kyk dan wie kom eerste daar. Verder kyk ek of die manne by die karre pas. Gelukkig beland ek baie min in swaar verkeer; baie ongeduldig. 🙂

    Jo-Ann Schou

    24 Augustus 2007 at 21:06

  6. Julle is almal gawe mense 🙂

    George Maru

    25 Augustus 2007 at 21:45


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: