riviersonderend

Lui die klokke nog?

with 11 comments

Verlede week stap ek so sesuur die aand in Loopstraat, toe ek die oproep tot die aandgebed van ‘n nabygeleë moskee hoor. Ek laat toe dat sy sang my meevoer na ‘n anderwêreldse ruimte waar daar nie onnodige vrae is nie; net skoonheid. Ek voel gemaklik, ontvanklik en tevrede.

Dan is ek weer terug in die straat en sien ‘n volla wat liefs in die 60s moes gebly het, ‘n ou wat sy motorfiets stoot (seker een van daai dae) en mense wat doelgerig na iewers masjeer (opzij, opzij, opzij, hoor ek Herman van Veen sing).

Ek verwonder my oor my reaksie en glimlag. Ek is nie eers mal oor Islam nie.

Toe dink ek aan kerkklokke. Ek hoor nou al vir jare nie meer kerkklokke op Sondae nie. Bly ek net nie naby genoeg aan ‘n kerk nie? Word die kerkklokke nog gelui?

Ek onthou nog as kind hoe die klokke op Sondae op die dorp gelui het. Die lekkerste was as jy dit kon hoor, maar die dag afgehad het en by die huis kon bly. Gelukkig het die klokke darem nie so hard gelui dat dit jou sou wakkermaak nie. Anders as in Nederland, waar die nuwe priester in Tilburg met $6,800 beboet is, omdat hy die klokke te hard gelui het. En dit sewe-uur in die oggend.

Advertisements

Written by George Maru

19 Augustus 2007 at 21:50

Posted in godsdiens

11 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Ek mis ook die klokke

    idiwidi

    20 Augustus 2007 at 3:18

  2. Ek woon langs ‘n kerk. Ek mis dit glad nie 😉

    Johan Swarts

    20 Augustus 2007 at 8:43

  3. Ek het op ‘n stadium in Pretoria se middestad naby ‘n moskee gebly. Daar is niks vir my so mooi soos hul gebed/sang wat jou in die oggend wakker maak nie. Jy kan jouself verbeel dat jy iewers in ‘n ander land wakker word al is dit net vir daardie rukkie.

    Die kerkklokke lui nog. 😛

    oopkop

    20 Augustus 2007 at 12:55

  4. Die volgelinge van diegene wat hulle in die geledere van die Islamitiese – en Israelitiese “godsdienste” bevind het moes vir bykans die volle duur vanaf die geboorte van Ismael in 2081 VC en Isak in 2068 VC tot AD 1988 sien hoe broer teenoor broer staan…!!!

    En dit te midde daarvan dat die God in Sy Woord (die Bybel) verklaar dat beide ‘n groot nasie sal word….!

    (Gen 17:18-20) En Abraham sê aan God: Ag, mag Ismael lewe voor u aangesig! Toe antwoord God: Voorwaar, jou vrou Sara sal vir jou ‘n seun baar, en jy moet hom Isak noem; en Ek sal my verbond met hom oprig as ‘n ewige verbond vir sy nageslag ná hom. Ook wat Ismael aangaan, het Ek jou verhoor. Kyk, Ek seën hom en maak hom vrugbaar en vermeerder hom buitengewoon. Twaalf vorste sal hy verwek, en Ek sal hom ‘n groot nasie maak.

    Genadiglik is God deur Sy Woord (in Gees en in Waarheid) besig om “versoening” tussen broers te bewerkstellig …. en wil dit voorkom of daardie versoening 13000jaar na die skepping in die jaar 1988 werklik op “grootskaal” sou begin deurbreek …?

    Ek wonder of die feit dat Ismael op ouderdom 13jaar saam met sy vader Abraham (toe hy 99jaar oud was) besny is, iets met die 13000jaar te make het….?

    (Gen 17:23-25) Daarop neem Abraham sy seun Ismael en almal wat in sy huis gebore is, en almal wat met sy geld gekoop is, almal wat manlik was onder die mense in die huis van Abraham, en hy het die vlees van hulle voorhuid nog op daardie selfde dag besny, soos God met hom gespreek het. En Abraham was nege en negentig jaar oud toe hy aan die vlees van sy voorhuid besny is. En sy seun Ismael was dertien jaar oud toe hy aan die vlees van sy voorhuid besny is.

    God se verbond was ook met die afstammelinge van Ismael …..!

    Daarmee het die “christene” wat hulle gedurende die kerk-era in kerke bevind het, hul broers ‘n geweldige onguns aangedoen…. iets waaroor ons as christene vandag skaam behoort te wees. Ag HERE, wees ons arme sondaars tog genadig.

    Sjoe en is die volgenlinge van Ismael nie vandag besig om “bigtime” in die koninkryk van God ingelei te word nie…!!! Hoofsaaklik deur die verkondiging van die Woord van God deur radio uitsendings van Family Radio ook onder die geledere van Hindi, Punjabi, Urdu,Bengali, ens ens. Hou gerus Family Radio se “frontpage” vir die talegroepe dop…! Aan die God die Skepper van die hemele en die aarde alle eer. Net Hy kan versoening in die maat en skaal waarvolgens dit tans plaasvind bewerkstellig. Alles natuurlik volgens dit wat “geskrywe staan”….!!!

    johannes_11

    20 Augustus 2007 at 15:12

  5. Op Stellies lui hulle nog.

    Carien

    20 Augustus 2007 at 17:57

  6. In die Paarl lui hulle ook nog.

    sonkind

    20 Augustus 2007 at 19:26

  7. De klokken van Tilburg luiden niet meer. De priester heeft gehoor gegeven aan de dwang van bovenaf (en het bijbehorende boetegeld).

    Mara

    21 Augustus 2007 at 22:21

  8. Kerkklokke in die vroegoggend of teen skemeraand – ‘n pragtige nostalgiese geluid.

    labmuis

    21 Augustus 2007 at 22:39

  9. Ek sal enige tyd langs ‘n kerk bly wat nog klokke lui, ek slaap gelukkig nooit so laat nie. Ons kerk se klokke lui nog, partykeer hoor ek dit ook van omtrent ‘n km ver.

    My Kop Op 'n Blok!

    22 Augustus 2007 at 8:43

  10. Hier is nogal opspraak oor die klokke wat nie meer mag lui nie, dis tradisie en was nog altyd so gewees. As die priester egter aanhou om die klokke soggens te lui, kom daar per dag ‘n boete van €10 000,00 by. Belaglik!!

    karoles

    22 Augustus 2007 at 10:57

  11. Teen daardie bedrag, sal ek maar liewer niks lui nie.

    George Maru

    22 Augustus 2007 at 20:22


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: