riviersonderend

O my siel! Rickie, jy maak my knieë lam

with 9 comments

So ‘n ruk gelede het Maeree berig dat Sinead O’Connor ‘n nuwe CD die lig laat sien het, genaamd Theology. Die CD bevat toonsettings van Ou Testamentiese tekste (en ‘n vertolking van I don’t know how to love him uit Jesus Christ Superstar – ‘n hoogtepunt op die CD, na my mening).

Rickie Lee Jones het ‘n soortgelyke projek aangepak. Sy het net die Nuwe Testament getakel, met die fokus op Jesus. Die resultaat? Sy maak die Christelike geloof weer cool. Sy sing van Jesus en sy donkie (you’re coming into town on your donkey tonight, but you’ll be going out on a cross), hoe sy in die hemel rondrits in haar Elvis Cadillac, die krag van gebed en soveel meer.

51-qzkeio4l_aa240_.jpg

Ek moet wel waarsku dat almal nie ewe entoesiasties daaroor mag wees nie. Dit is Rickie Lee Jones, after all. Amazon.com skryf die volgende oor Sermon on Exposition Boulevard:

Fans of Rickie Lee Jones and Jesus Christ can decide whether this devotional music is rapturously spiritual or deliriously strange. It sounds like nothing Jones has previously released, or anything characterizable as contemporary Christian. Instead, her voice soars and wobbles through repetitive, stream-of-consciousness incantations over rhythmic throbs and pulses. On “Where I Like It Best,” Jones testifies to the power of private prayer (while seeming to cast churchgoers as hypocrites). The feral distortions of “Tried to Be a Man” recall some of the textures (if not the themes) of her former boyfriend Tom Waits, while the acoustic setting of “Donkey Ride” features guitar tunings that might make Sonic Youth wince and “Elvis Cadillac” conjures a singular vision of heaven. At close to eight and a half minutes, the closing “I Was There” seems to follow Van Morrison into the mystic. Some of this music is oddly affecting; much of it is merely odd.

Daar het jy dit. Hier sing Rickie Nobody knows my name vanaf die CD:

Ek dink nie die video laat heeltemal reg geskied aan die album se stunningness nie. Maar dit is beter as niks.

Advertisements

Written by George Maru

16 Augustus 2007 at 23:38

Posted in musiek

9 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. sy het nie pitch nie?

    Johan Swarts

    17 Augustus 2007 at 1:46

  2. O my siel, never mind die pitch…
    Rickie Lee Which?
    To listen to this Jones
    maak nie alleen my knie lam
    but leave me without bones
    en op die koop toe vreesbevang!!!

    johannes

    17 Augustus 2007 at 9:45

  3. ek dink nie dis haar beste song of video nie.

    idiwidi

    17 Augustus 2007 at 11:15

  4. Pass!

    Theo

    17 Augustus 2007 at 16:32

  5. Jeez. Oukei, die video is nie haar beste poging nie.

    Julle is genadeloos. Genadeloos, sê ek vir julle.

    George Maru

    17 Augustus 2007 at 21:27

  6. Ek verkies krities 😉

    Johan Swarts

    19 Augustus 2007 at 2:57

  7. interessant! ek’t op amazon gaan luister, en dit klink ‘n verdere luister werd.

    maeree

    19 Augustus 2007 at 16:34

  8. Ek het daai CD gekoop en dis nice.

    Bertus!

    19 Augustus 2007 at 18:02

  9. Ek het ‘n baie sterk vermoede dat ek en Bertus! by dieselfde CD-winkel shop.

    George Maru

    19 Augustus 2007 at 18:35


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: