riviersonderend

Gedagte vir die week: die geleentheid is daar waar jy is

with 10 comments

As ek maar net hierdie een ding kan verander, dan sal ek gelukkig wees. Oor drie jaar sal ek werklik die lewe kan begin lewe waarna ek smag, as ek daar bly. As ek maar net op skool geweet het wat ek nou weet, dan sou ek ‘n ander persoon gewees het. Bla bla bla.

Variasies op ‘n tema. Hoekom wil ons so graag daar wees en nie hier waar jy is nie?

Die gedagte van die week, deur John Burroughs.

The lesson which life repeats and constantly enforces is “Look under foot.”
You are always nearer to the divine and the true source of your power than you think.
The lure of the distant and the difficult is deceptive.
The great opportunity is where you are.
Do not despise your own place and hour.
Every place is under the stars, every place is the centre of the world.

Advertisements

Written by George Maru

12 Augustus 2007 at 22:15

10 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. so waar. ‘n mens stu gewoonlik voort na ‘n ‘eendag’ en as jy daar kom dan verlang jy weer na dit wat verby is. die lewe is nou.

    idiwidi

    13 Augustus 2007 at 4:47

  2. Baie baie interessante en inspirerende quote. Ek sal dit onthou.

    oopkop

    13 Augustus 2007 at 9:02

  3. As ons die Bybel korrek interpreteer aangaande die mensdom se laaste dae hier op aarde, lyk dit of daar net 1530 dae oor is na die einde wat waarskynlik op 20-1/10/2011 kan aanbreek.

    Dit herrinner aan die 153 groot visse wat die dissipels gevang het netna Jesus se opstanding en Hy weer aan hulle verskyn het.

    (Joh 21:11 en 12) Simon Petrus het in die skuit geklim en die net op die land getrek, vol groot visse, honderd drie en vyftig in getal; en alhoewel daar so baie was, het die net nie geskeur nie. Jesus sê vir hulle: Kom eet! En niemand van die dissipels het gewaag om Hom te vra: Wie is U nie? omdat hulle wis dat dit die Here was.

    Gaan vang vis… die tyd is ryp vir ‘n groot vangs!!!

    johannes

    13 Augustus 2007 at 10:30

  4. daar is geen tyd soos nou nie

    Johan Swarts

    13 Augustus 2007 at 15:17

  5. Jy WEET mos hoekom is die grass altyd groener aan die anderkant van die draad!

    sonkind

    13 Augustus 2007 at 21:06

  6. Moedswillige vraag (maar ek wonder tog eerlik):

    Is wat John Burroughs wil se^ dat ware geluk behels om jou verwagtings afwaarts aan te pas?

    Bertus!

    14 Augustus 2007 at 1:31

  7. Bertus, ek dink die idee is dat jy uiteindelik van al jou verwagtinge ontslae raak.

    idiwidi

    14 Augustus 2007 at 4:37

  8. Ja maar is dit geluk, of is dit bloot om nie teleurgesteld te wees nie.

    Bertus!

    14 Augustus 2007 at 10:53

  9. As jy regtig in die hier en nou lewe, kan jy nie teleurgesteld wees nie, want die toekoms waarvoor jy verwagtinge koester, bestaan eintlik nie. Dit is net die hier en nou wat jy op ‘n ander stadium gaan ervaar. En nou is altyd volkome soos dit moet wees.

    idiwidi

    14 Augustus 2007 at 16:34

  10. Bertus! ek sien dit dat mens moet begin waar jy is, en nie uitstel omdat jy nog nie “daar” is nie. Ek dink dit is belangrik om te waak daarteen om nie te “settle” nie. Maar dan kan ‘n mens ook jouself bullshit met jou verwagtinge. Verwagtinge kan ook ‘n verskoning raak vir ‘n mens se stuff (vrese, hangups ens.)

    Idiwidi, in beginsel wil ek met jou saamstem, maar ek verstaan eerlikwaar nog nie genoeg die implikasies en betekenis van leef in die nou en mindfulness, om te weet of ek verwagtinge moet hê of nie. Ek probeer dit nog uitfigure.

    George Maru

    14 Augustus 2007 at 22:37


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: