riviersonderend

Eks-polisieman se raad om dagga te smokkel, ‘n nuwe tydskrif en geen seks vir vleiseters

with 8 comments

Wat gaan aan in die wêreld?

Barry Cooper, ‘n eks-polisieman van Texas, het ‘n boek geskryf met wenke hoe om nie deur die polisie gevang te word met dwelms in jou besit nie. Hoekom? Hy sê die huidige “war on drugs” werk nie. ‘n Paar wenke: moenie meer dagga by jou hê as wat jy kan eet nie. As die polisie jou aftrek, eet dit onmiddellik. Vervoer groter hoeveelhede as dit reën. Polisie hou nie daarvan om mense af te trek as dit reën nie.

In Indië is ‘n nuwe tydskrif begin wat spesifiek op prostitute fokus. Red Light Despatch vertel die verhale van vrouens wat as kinders aan bordele verkoop is, hulle verhoudings met hulle pimps, die mishandeling wat hulle verduur onder geweldadige kliënte, asook gedigte deur prostitute. O ja, prostitusie is onwettig in Indië.

‘n Nieu-Seelandse navorser beweer dat ‘n groeiende aantal vegans weier om seks te hê met vleiseters. Hulle sien vleiseters as ‘n begraafplaas vir diere en voel ongemaklik om intiem daarmee te raak. Dit beteken nie dat vegans nie van vleiseters hou nie; hulle wil net nie by die begraafplaas slaap nie.

Meer as 80 Lutheraanse predikate in Amerika, beplan om vandag uit die kas te kom. En baie van hulle is in verhoudings ook. Hulle beplan om so die kerk se huidige standpunt uit te daag. Die Lutheraanse kerk besin hierdie week of hulle die selibaat-vereiste vir gay predikante moet laat vaar.

Advertisements

Written by George Maru

7 Augustus 2007 at 9:41

Posted in nuus

8 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Dis maar hoe dit gegaan het net voor die vloed in die dae van Noag in die jaar 4990 V.C….bykans 7000jaar gelede?

    (Mat 24:37-39) En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. Want net soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het, en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.

    johannes_11

    7 Augustus 2007 at 16:38

  2. l0lz0rz @ weed op reëndae.

    Johan Swarts

    7 Augustus 2007 at 17:04

  3. Johannes, ek het jou hier verloor. Ek sien nie die verband nie?

    George Maru

    8 Augustus 2007 at 8:48

  4. Miskien reken Johannes daar was ‘n enorme hoeveelheid dagga op die Ark?

    Theo

    8 Augustus 2007 at 12:16

  5. Die maar ‘n antwoord op jou vraag:

    Wat gaan aan in die wêreld?

    Wickedness sal kortvoor die koms van die Seun van die mens (…2011?) toeneem soos wat dit toegeneem het in die tyd netvoor die Vloed in die dae van Noag.

    Geestelike blindheid was aan die orde van die dag in die dae voor die eerste koms van die Messias… en dis vandag weer aan die orde van die dag, netvoor Sy tweede koms.

    Ek ego maar eintlik net jou vraag:

    Wat gaan aan in die wêreld? (vir jou vanuit jou wêreld van waarheid, en vir my vanuit my wêreld van waarheid )

    Dalk sien ons dieselfde “ding” raak, net vanuit twee verskillende hoeke..? Die teenvraag is: Waar gaan alles eindig of wanneer gaan alles eindig…?

    johannes_11

    8 Augustus 2007 at 12:18

  6. Dus eerder seks in ‘n komposhoop as ‘n begraafplaas? Klink nie vir my veel beter nie.

    idiwidi

    8 Augustus 2007 at 16:50

  7. O. So daar was nie weed op die ark nie, soos Theo voorstel nie, Johannes?

    idiwid, dit is ‘n prentjie wat ek nie in my geestesoog nodig gehad het nie.

    George Maru

    10 Augustus 2007 at 9:05

  8. Wie weet George, as Noag ‘n wingerd kon plant sou hy seker ‘n weedboord ook kan plant…?

    (Gen 9:20) En Noag het as landbouer ‘n wingerd begin plant.

    (Gen 9:21) Maar toe hy van die wyn gedrink het, het hy dronk geword en naak in sy tent gelê.

    God se fokus was egter op die wyn uit die wingerd en nie op die deeds wat voortspruit uit die weeds nie.. die Bybel praat nie veel daarvan en sal ek nie graag daaroor wil spekuleer nie en hou ek liewer by dit wat “geskrywe” staan.

    Dis van eie interpretasies en spekulasies (van die Bybel) dat ons sit met ‘n wêreld vol denominasies wat dit nasies en volke bedwelm met hul demonasiedrek.

    Dit laat my onwillekeurig dink aan Harry Potter se doodswalms…
    Vir die lesers van Harry Potter en die weedrokers het ek egter meer hoop as vir diegene wat vasgevang is in godsdiensdwelms….

    johannes_11

    12 Augustus 2007 at 15:47


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: