riviersonderend

Gedagte vir die week: kyk na die sterre

with 9 comments

Ek dink ons kyk te min na die sterre. Veral as ‘n mens buite die stad is, moet jy die kans benut. En hopelik is die somer nie meer te ver nie. Dan kan ‘n mens jou op jou rug op die gras uitstrek en na die sterre staar. Die week se gedagte van Lama Surya Das.

Find a comfortable seat outside, preferably with a view. Close your eyes. Take a few deep breaths and let go. Rest naturally and at ease in your body.

Allow all sense experiences to pass, like clouds in a vast, clear sky. Simply observe. Be still. Everything is right here. Let go and let be. Nothing to do; nothing to figure out, understand or achieve. Simply present. At home and at ease. Allow breathing to move in and out, on its own. Let body and mind settle naturally in its own place, in its own time.

Now, slowly open your eyes and elevate them skyward. Gaze evenly into the infinite sky with quiet eyes. Space like mind has no beginning or end, no inside or outside, no actual form, color size, or shape. Let go and relax the mind, allowing it to dissolve into this infinite, empty spacious awareness.

Allow thoughts, feelings, and sensations to come and go freely, casting everything off into vast sky-mind. Let go. Let be. At ease. As is. In the vast, empty perfect spaciousness of the sky. This is pristine awareness, the innate Great Perfection.

Advertisements

Written by George Maru

30 Julie 2007 at 7:16

9 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. George wie Lama Surya Das ookal is(ek het ‘n website van hom besoek waarin hy poog om ‘n boek aan my af te smeer), dit lyk my hy poog maar soos alle godsdienste se volgeling om hulle “gospels” aan ons te verkoop (letterlik en figuurlik). Iets wat net nie te koop is nie. Nie te min het jou aanhaling van sy woorde, my aan die volgende Skrifgedeelte laat dink…

    (Gen 22:15-17) Toe roep die Engel van die HERE vir die tweede keer na Abraham van die hemel af en sê: Ek sweer by Myself, spreek die HERE, omdat jy dit gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie, dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem.

    Die “sterre” waarna God hier heenwys is natuurlik sy uitverkore volk waarvoor Hy duur betaal het en dus nie te vergelyk met die fisiese sterre wat deur die heer Lama Surya Das as “Great Perfection” aanbid word nie.

    Genadiglik leef ons in die dae waartydens Abraham se nageslag (Jesus Christus) sy vyande se poort steeds in besit neem, en is dit juis hierdie geslag uit die geledere van onse heer Lama Surya Das wat in die koninkryk van God ingelei word deur die Heilige Gees as deel van die laaste en finale oes.

    Natuurlik netvoor die koms van Jesus Christus op die wolke, die Heer van die here en die Koning van die konings wat dit vir Sy uitverkorenes moontlik gemaak het om ewiglik saam met Hom te heers en dit aan hulle as ‘n geskenk gee sonder dat hulle dit enigsins verdien…”freely ye have received, freely give”.

    Die oomblik as ek iets wat met die geestelike of spirituele te doen het moet “koop” met rand of dollar, wil ek nie alleen weghardloop nie maar ook kots…! Die Ware Evangelie is net eenvoudig nie te koop of te verkoop nie…!

    johannes_11

    30 Julie 2007 at 18:56

  2. switchfoot het ‘n wonderlike liedjie, genaamd “stars”, geskryf. dit gaan juis hieroor, albeit daar nie ‘n boeddhistiese fokus is nie.

    Johan Swarts

    30 Julie 2007 at 19:43

  3. […] (met apologie aan George Maru) […]

  4. Die quote het my nou sommer ‘n bietjie rustiger gemaak op hierdie mal Dinsdagoggend.

    (Johannes_11 – maak jy gebruik van ‘n online bybel waar jy sleutelwoorde kan intik wat versies uitspoeg wat by al George se inskrywings aansluit?)

    idiwidi

    31 Julie 2007 at 5:57

  5. Johan, ek weet nie wie switchfoot is nie, maar ek sal bietjie gaan luister op jou blog.

    O ja, ek dink daar is noodwendig ‘n boeddhistiese fokus in bogenoemde nie. Ek dink dit kan vir enige persoon werk, ongeag geloofsoortuiging.

    George Maru

    31 Julie 2007 at 8:33

  6. Idiwidi jy ookal is…., dalk het jy al agter gekom dat ek nie net twee sin comments los net om iemand se blog kunsmatig aan die lewe te hou nie.

    Ek gaan sit en maak tyd om te antwoord op artikels, vrae, stellings en aanhalings wat vir hom baie beteken op sy weg “moer toe die vreemde in” (dinge wat hy op hierdie reistog as van groot waarde ag). Die bron van waarheid is (van die biekie wat ek van hom ken) die feite wat in die wereld se boeke aangeteken staan en wat vir hom “waarheid” is. Ek neem vrymoedigheid om met hom (en diegene van die wereld wat op hierdie blog afkom op soek na die waarheid) dit wat ek as die Waarheid (uit die Bybel ) te deel wat ek in die Bybel geleer het.

    Om op jou vraag te antwoord, ja ek maak gebruik van alle tegnologiese hulpmiddels om meer van die Bybel ( as die Woord van die Lewende God) te wete te kom.

    Hoop dit beantwoord jou vraag en ek hoop jy het genoeg tyd om ‘n biekie langer as normale (100 woorde comments ….) te lees. Tyd het ‘n Einde, jy behoort seker al teen hierdie tyd my “afgesaagde” refrein te ken.

    Omdat tyd ‘n einde het beteken dit nie dat ek dit nie tenvolle moet uitkoop om die Ware Evangelie te “publish”, te “proclaim” en te predik nie… en as jy dalk dink ek probeer lidmate werf vir een of ander kerk… dink weer.

    Ek poog om die vryheid van spraak wat George my hier op sy blog bied te respekteer en dit terwyl ek op die koop toe baie by dit wat hy probeer verkoop leer…

    Ek kan sleutelwoorde intik en versies uitspoeg of dalk generiese antwoorde generate … maar die ander woorde wat daarmee saamgaan kom uit die diepte van my hart. Soos wat dit, ek glo dit wat jy op jou blog met sorg en toewyding saamstel en publish ook uit die diepte van jou hart kom. Ek weet nog net nie hoe om al die mooi “make-up” te gebruik om dit wat ek verkondig te maskareer sodat dit mooier lyk nie, dalk ook maar goed so want dan het julle dalk te veel van my as persoon geleer en niks van die God wat my eintlike leidsman en leermeester is nie…?

    familyradiosuidafrika

    31 Julie 2007 at 9:28

  7. Johannes_11, my vraag was bloot uit nuuskierigheid en sonder enige venyn. Jy weet ek dink jy’s nie te bad nie – al kan ek nie altyd deur jou hele comment werk nie.

    Het jy nou net sewe paragrawe geskryf sonder ‘n aanhaling? 😉

    idiwidi

    31 Julie 2007 at 14:08

  8. Idiwidi jys reg.

    Thanks vir die reminder ek seker onbewustelik onthou dat jy nie lees wat tussen die (hakies) staan nie.

    (en dis sonder venyn) jammer as ek biekie venynig geklink het… verskoon tog asb.

    familyradiosuidafrika

    31 Julie 2007 at 15:04

  9. switchfoot r0x0rz 😉

    Johan Swarts

    31 Julie 2007 at 19:10


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: