riviersonderend

5 Klassieke musiek CDs vir ‘n eiland

with 8 comments

As ek na ‘n verlate eiland gaan en ek kan vyf klassieke musiek CDs saamneem, wat sal dit wees?

Arvo Pärt – Alina: Die CD bevat net twee stukke, Spiegel im Spiegel en Für Alina. Spiegel im Spiegel word 3x uitgevoer (klavier en viool, klavier en tjello, klavier en viool) en Für Alina 2x (klavier). In Pärt se bekwame hande, word stilte note. Dit is musiek wat jou denke laat weifel, jou gemoed stilmaak, en jou hart weerloos laat.

Edward Elgar – Cello Concerto, uitgevoer deur Jacqueline du Pre: Ek het trane in my oë gehad, die eerste keer wat ek haar gehoor het.

Max Bruch – Kol Nidrei: (Alle geloftes) Die variasies vir tjello is geïnspireer deur ‘n Joodse melodie wat op die vooraand van die Versoendag gesing word.

Henryk Gorecki – Symphony No. 3 “Symphony of Sorrowful Songs”: Ek wil eintlik later oor die simfonie blog. Die 3 bewegings bevat sekerlik van die hartseerste tekste wat al in ‘n simfonie gesing is. Van die gebed wat deur ‘n 18-jarige meisie op die selmuur van ‘n Gestapo-tronk geskryf is, tot die moeder se versugting om te weet waar haar gestorwe seun se liggaam is, verwag mens ‘n geweldige somber affêre. Tog het die simfonie die vermoë om mens ook op te hef. Dit neem sterk standpunt in teen oorlog en is deurdrenk van ‘n mistieke spiritualiteit.

John Rutter – Requiem: Requiems is van my gunsteling klassieke musiek. Rutter se Requiem (soos heelwat lateres) doen weg met die Dies Irae en die swael en vuur-benadering. Baie mooi.

Ariel Ramirez – Misa Criolla & Navidad Nuestra (Mercedes Sosa): Luister dit as jy deur die Hugenote-tonnel na Worcester ry, en jy sal verstaan. (Natuurlik het die eiland berge!) Mercedes se stem is sonder gelyke.

Ek sal later lysies van ander musiek maak. Ek sal nooit nét 5 CDs kan saamneem enige plek toe nie. Dit is gewoon waansinnig om so iets te probeer.

Wat sal jy saamneem?

Advertisements

Written by George Maru

27 Julie 2007 at 8:49

Posted in musiek

8 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Interessante keuses. Ek neem aan jy is self ‘n muso?

    Antowan

    27 Julie 2007 at 9:13

  2. Wat van Dawid se Psalms…?

    Psalm 119 bly maar ‘n treffer..!

    (Psa 119:176) 1Ek het gedwaal soos ‘n verlore skaap; soek u kneg, want u gebooie vergeet ek nie.

    Ek het daaraan gedink om die hele Psalm aan te haal…

    maar Riviers of Babylon (Psalm 137) is ook ok maar klink leeg sonder die siters..

    (Psa 137:1-2) By die riviere van Babel, daar het ons gesit, ook geween as ons aan Sion dink. Aan die wilgerbome wat daarin is, het ons ons siters opgehang.

    familyradiosuidafrika

    27 Julie 2007 at 9:38

  3. Oeps, oeps, oeps! Daar raak jy nou die een gebrek in my opvoeding aan…

    boerinballingskap

    27 Julie 2007 at 14:20

  4. Kan ek nie maar my Ipod saamneem nie – daar is darem plek vir baie meer as net 5 CD’s. 5 CD’s is soos om te vra watter een van jou kinders sal jy verkoop / weggee as jy moet.

    sonkind

    27 Julie 2007 at 14:32

  5. Dit sal moeilik wees om goed soos Mozart se Eine Kleine Nachtmuzik, Vivaldi se 4 seisoene, Handel se Watermusiek en Vuurwerke musiek, Beethoven se 9de ens. te los, maar dit sou darem te voorspelbaar wees. Hier is ‘n paar wat ek sou vat.
    1. Hector Berlioz:Simphonie Fantastique (Jis, daar waar die ou se kop in die mandjie rol!)
    2. Edvard Grieg: Peer Gynt Suites (sien my onlangse possie)
    3. Niccollo Paganini: Musiek vir viool ek kitaar.
    4. Franz Sshubert : Die Forelle
    5. Gabriel Faure se Requiem (Op dieselfde CD gelukkig Cantique de Jean Racine = hemels)

    Maar wat nog van Verdi, Chopin, Mendelsohn… Nee jong ek weet darem nie! Miskien moet ek een omruil vir Hooked On Classics!

    My Kop Op 'n Blok!

    27 Julie 2007 at 22:37

  6. Antowan, nee ek is nie.

    FRSA, wat van die res van Psalm 137?

    Boer, toemaar ek sal later oor ander musiek ook blog. 🙂

    Sonkind, as jy tel, sal jy sien daar is 6 CDs op my top 5 lys. Dit is min of meer wat ek van my reëls dink. Moet net nie die iPod se charger vergeet nie.

    MKOB, dit is eintlik ‘n onmoontlike taak. Miskien moes ek eers dit beperk het tot musiek vir kore. Brahms se Duitse Requiem, Beethoven se Missa Solemnis, John Tavener. Maar ek kan met baie van jou keuses saamstem, veral Grieg!

    George Maru

    28 Julie 2007 at 8:03

  7. Jy beskryf Alina roerend raak.
    Ken jy Pärt se ander CD’s ook? Is dit die moeite werd om van dit aan te skaf, of gaan ek net teleurgesteld wees?

    maeree

    31 Julie 2007 at 10:49

  8. maeree, ek sal definitief eers na sy ander musiek luister as ek jy is. ek hou daarvan, maar dit is nie heeltemal dieselfde as alina nie. baie mense hou nie daarvan nie.

    George Maru

    3 Augustus 2007 at 8:19


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: