riviersonderend

Doring in my vlees

with 20 comments

Toe ek klein en kleinserig was, het dit soms gebeur dat ‘n doring of ‘n splinter kom nesskrop het in my voet. As hy diep onder my vel ingekruip het, dan het my ma Traxasalf (kry mens dit nog?) daaroor gevryf en ‘n pleister daarop geplak. Ek was nooit lief vir naalde nie.

Toe ek ouer word, het ek geleer dat jy suksesvol met ‘n naald die doring kan verwyder, sonder om ‘n draai by ongevalle te maak. Maar daar is dorings waarvoor salf en naalde nie help nie. Vra maar vir Paulus.

Maar hoe dan gemaak? Dalk iets groters soos die broodmes? Helaas. Ek het geleer dat ‘n broodmes bedoel is om brood te sny. Dit het ek geleer, nadat ek die broodmes vir ‘n saag gebruik het, om wynrakke te hervorm. Die blase wat die proses op jou hande laat manifesteer, maak die aanslag ongewens.

Annie Lennox het ook raad gegee vir die probleem. Kyk, ek het baie respek vir Annie (haar nuwe album, Songs of Mass Destruction, word in Oktober vrygestel, net so terloops), maar haar raad stink. Hoe hardloop jy weg vir die doring in jou vlees? Veral as jy nie kan vinnig hardloop nie? Nee wat, Annie, sing maar liewers net.

Enige iemand anders wat ‘n mening wil waag? Wat sê die wyses onder ons? Hoe verwyder jy die doring in jou vlees? Met minimale bloedvergieting. Verkieslik.

(Diegene wat gewonder het: ja, ek wens dit is Vrydag.)

Advertisements

Written by George Maru

25 Julie 2007 at 8:45

Posted in musiek, praktiese wenke

20 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Geniet elke oomblik daarvan en wees dankbaar dis net ‘n doring…(dit kon ‘n spykers deur jou hande en voete gewees het).

    (2Kor 12:8 en 9) Hieroor het ek die Here drie maal gebid, dat hy van my sou wyk.En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.

    Soos in die Grieks: σκόλοψ (a thorn) ὁ, ἡ, τό (in the) σάρξ (flesh)

    Soms wens ek ek verstaan grieks, maar ek is bly ek is eenvoudig afrikaans

    familyradiosuidafrika

    25 Julie 2007 at 10:51

  2. As een van jou ledemate ‘n doring in het, sny hom af en werp hom van jou weg!

    Bertus!

    25 Julie 2007 at 11:07

  3. FRSA & Bertus!

    Don’t quit your day jobs.

    George Maru

    25 Julie 2007 at 13:03

  4. FRSA – jy is deksels snaaks.

    George, sorry geen raad nie. Drink maar die wyn, dan’t jy nie die rakke nodig nie.

    idiwidi

    25 Julie 2007 at 13:33

  5. ek hou van idiwidi se raad.
    en ek dink sommige “dorings” was eintlik bedoel as “blessings”, maar het gesneuwel onder sosiale voorskrifte.

    maeree

    25 Julie 2007 at 14:54

  6. Dankie vir die Annie-video. Ek dink sy’s great. Het haar eenkeer ontmoet en ‘n ruk lank met haar op e-mail gekorrespondeer. Sy’s ‘n baie cool mens.

    boerinballingskap

    25 Julie 2007 at 15:24

  7. Vir dae lank al het ek nie die behoefte om “diep” te wees nie … dis val ek gelukkig nie in die Diep Vriende kategorie nie. Maar oor Annie kan ek lofliedere skryf. Hierdie spesifieke snit doen dit nou nie juis vir my nie, maar ek het ‘n ander CD van haar (om die dood kan ek nie die naam onthou nie … iets soos “naked” of “bare” of so iets), sing sy ‘n gebed. Die laaste track. Ag aarde, dan loop ek maar met die doring in my binneste as ek haar net kan he om vir my te bid.

    oppietrap

    25 Julie 2007 at 20:31

  8. Jy laat die doring uitsweer, George. Anders sal jy hom MOET uitsny. En eintlik is albei maar ewe pynlik. Miskien moet jy jouself eers moederloos drink en hom dan uitsny, dan sit jy di evolgende dag met so ‘n seer kop dat jy die wond van die uitgesnyde doring nie voel nie.

    Ek dink nie my raad help nie, ne?!

    sonkind

    25 Julie 2007 at 21:47

  9. idiwidi, maeree (behalwe nou vir die filosofiese mumbo-jumbo) & sonkind: julle is reg. Drank is die antwoord. Hulle sê mos altyd dat jy vir die antwoord kyk en dit nie sien nie.

    Oppietrap, ja die CD is “Bare”. Kyk uit vir haar nuwe een.

    George Maru

    26 Julie 2007 at 7:49

  10. HR(& Serene)H Boerinballingskap,

    Jy verdien ‘n aparte antwoord. Ek is stom. Nou kan ek sê dat iemand op my blog kommentaar lewer wat met Annie Lennox gekorrespondeer het!

    In die vervolg trek ek my skoene uit as ek jou blog besoek.

    George Maru

    26 Julie 2007 at 7:53

  11. George, dis voor my tyd – is Traxasalf daai pikgitswart salf wat so gestink het??

    René Boshoff

    26 Julie 2007 at 9:17

  12. Rennie….Jy dink nie dalk aan Hu-dir-miz nie…?

    George dit hang seker af hoe seer sy maak… ? (of hy)

    johannes_11

    26 Julie 2007 at 11:45

  13. Ek was bevoorreg om op die regte tyd op die regte plek te wees. As jy jou skoene uittrek wanneer jy my blog besoek, is dit so reg in die Koreaanse tradisie.

    boerinballingskap

    26 Julie 2007 at 12:50

  14. .

    oppietrap

    26 Julie 2007 at 16:17

  15. Georgieboy, met ‘n snik groet ek. Dit was goed om jou te ontmoet. Sou jou graag nog beter wou leer ken. Ek hou van jou. Maar helaas, die wyle se wag oppieTrap het uitgeloop. Die Deur het oopgegaan. Ek stap deur… Sal jou weldra laat weet of daar lewe na die Trap is.

    oppietrap

    26 Julie 2007 at 16:32

  16. Oppietrap, neeeeee!!

    George Maru

    27 Julie 2007 at 7:46

  17. Wie’s Rennie?

    René Boshoff

    27 Julie 2007 at 9:01

  18. Sommer net so? Oppietrap? Oppietrap!

    idiwidi

    27 Julie 2007 at 9:54

  19. Jammer, om die een of ander bisarre kopiereg-rede, kon ek nie die video post nie.

    boerinballingskap

    27 Julie 2007 at 18:54


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: