riviersonderend

As mooi gevaarlik raak

with 7 comments

Verlede week lees ek ‘n artikel in die New York Times oor Mauritanië (dit is reg langs Mali, ‘n land wat ek nog wil sien). Intussen het Alleman ook na die tema van die artikel verwys: mooi mense.

Mauitanië se regering het ‘n probleem om obesiteit onder vroue te bekamp. Die rede? “To men here, fat is sexy. And in this patriarchal region, many Mauritanian women do everything possible — and have everything possible done to them — to put on pounds.” ‘n Peiling deur die regering in 2001, het bevind dat 1 uit elke 5 vroue, tussen 15 en 49, doelbewus oorvoer word om vet te word. In Mauritanië is hulle ernstig hieroor:

Girls as young as 5 and as old as 19 had to drink up to five gallons of fat-rich camel’s or cow’s milk daily, aiming for silvery stretch marks on their upper arms. If a girl refused or vomited, the village weight-gain specialist might squeeze her foot between sticks, pull her ear, pinch her inner thigh, bend her finger backward or force her to drink her own vomit. In extreme cases, girls died.

Eeue-oue gedigte besing vroue wat te vet is om te beweeg, of so stadig beweeg dat dit lyk of hulle stilstaan. Nie net is dit ‘n teken van skoonheid nie, maar ook van rykdom.

Dalk is Mauritanië ‘n ekstreme voorbeeld, maar ek kan nie help om te wonder in hoe ‘n mate ons onsself flous nie? Daar word dikwels gesê: “Beauty is in the eye of the beholder.” Maar daardie oog se manier van kyk word tog maar gevorm deur die omgewing waarna daardie oog kyk. Ons streef objektiwiteit (of dan ‘n onafhanklike mening) na deur introspeksie te doen; om weg te breek van die gekondisioneerde beelde wat ons omgewing aan ons opdring. Ek wonder of introspeksie nie maar net een gekondisioneerde beeld met ‘n ander vervang nie?

Die storie het my ook laat dink aan die geweld wat mense hulself sal aandoen om “mooi te wees”. Fisiese geweld, soos in Mauritanië en ander kulture waar ore lankgetrek word, lippe misvorm word, nie eet nie ens. Dan is daar ook die emosionele geweld wat mense hulself en ander aandoen in die strewe na uiterlike en ook innerlike mooi.

Dit laat my wonder oor die verband tussen mooi, liefde en geweld. Later meer daaroor. Miskien.

Advertisements

Written by George Maru

24 Julie 2007 at 8:24

Posted in afrika, nuus, sommer net

7 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Ek’t mos al geskryf dat ek omgeruil was as ‘n baba. Wel, vandag weet ek my voorouers kom van Mauritanie.

    oppietrap

    24 Julie 2007 at 10:25

  2. Baie interessant geskryf. Ek stem met jou saam dat ‘n mens se idee van wat mooi is op die ou einde ‘n resultaat van kondisionering is.

    Ek dink ek moet Mauritanië toe gaan. Ek sal ‘n godin wees. 😉

    oopkop

    24 Julie 2007 at 11:30

  3. Ek gaan saam, Oopkop. Mauritanië, hier kom ons! Dink net, ek hoef nie meer te gym nie; ek hoef nie meer te worry en skuldig te voel oor daardie stuk sjokolade koek nie. I can just BE!

    My voorvaders moes beslis met die Boesmans ondertrou het!

    sonkind

    24 Julie 2007 at 14:11

  4. Grimering, skeermesse, dieetpille – enige iets waar produkte betrokke is, is seker ons weergawe van wat die Mauritaniërs doen.

    Ek weet nie of die meeste mense werklik probeer om weg te breek van die gekondisioneerde beelde wat ons omgewing aan ons opdring nie. Maar miskien is daar wel plek-plek ‘n neiging na natuurlikheid te bespeur. As dit so is, is ek bly. Daar is niks so mooi soos ‘n natuurlike, gelukkige en ontspanne vrou nie.

    alleman

    24 Julie 2007 at 22:43

  5. Dames. Julle gaan op kamele ry, in tente in die woestyn bly en nooit weer mag drink nie. Do reconsider.

    Alleman, ek weet nie van die skeermesse nie.

    George Maru

    25 Julie 2007 at 13:02

  6. Ek dink die probleem met vroue (mense?) en skoonheid/aantreklikheid is baie meer kompleks as wat ons dikwels toegee. Natuurlik word ons gekondisioneer om sekere kunsmatige vereistes vir skoonheid na te jaag en dit veroorsaak geweldige emosionele konflik. Maar, ‘n vrou (en ‘n man seker ook?) het ingeskape natuurdrif om te wil luister na daardie kondisionering. Ons sal onsself flous as ons sE dit is hoegenaamd moontlik om van daardie kondisionering te ontsnap. Sodra daar nie meer riglyne vir skoonheid is nie, sal ons hulle weer van voor af begin skep.

    Ek dink die naaste wat ons sal kom om die angel uit hierdie een te trek, is om die grense vir skoonheid wyer te trek.

    idiwidi

    25 Julie 2007 at 13:19

  7. Maar hoe wys kan ons daardie grense trek?

    boerinballingskap

    25 Julie 2007 at 15:25


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: