riviersonderend

Gedagte vir die week: flous jy jouself?

with 9 comments

Weet ons werklik dat ons nie weet nie? Flous ons nie dikwels onsself met ons redenasies nie? Is dit waarin ons dikwels ons toevlug neem, nie júís dit waarvan ons moet wegvlug nie? Die week se gedagte van Abraham Maslow (einste hy van die needs hierarchy):

The search for the exotic, the strange, the unusual, the uncommon has often taken the form of pilgrimages, of turning away from the world, the “Journey to the East”, to another country or to a different religion. The great lesson from the true mystics, from the Zen monks, and now also from the Humanistic and Transpersonal psychologists – that the sacred is in the ordinary, that it is to be found in one’s daily life, in one’s neighbours, friends, and family, in one’s own back yard, and that travel may be a flight from confronting the sacred – this lesson can be easily lost. To be looking elsewhere for miracles is to me a sure sign of ignorance that everything is miraculous.

Advertisements

Written by George Maru

22 Julie 2007 at 19:02

9 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. George ek dink iemand flous homself juis as hy die Maker van everything wat miraculous is misken. Hier moet ek met Job saamstem, naamlik dat ek ook die slegte van God moet aanneem..

    (Job 2:10) Maar hy antwoord haar: Soos ‘n dwaas praat, praat jy! Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte aanneem nie? By dit alles het Job nie gesondig met sy lippe nie.

    Dit probleem wat na my beskeie mening ‘n sieke onder “kerk-christene” is, is dat hulle nie verantwoordelikheid wil aanvaar vir hul eie egosentriesgedrewe selfsugtige handelswyses nie. Dis gewoonlik die maklikste om die blaam te skuif en duiwel te blameer wanneer hulle die God van die Bybel ignoreer. Eerder as om die knie te buig en te erken dat ek verkeerd is.

    Die mens se “prentjie” van God as Skepper is dikwels beperk tot die die kerk wat vir hom werk (en dit sluit alle gelowe met hulle strukture en mure van mense met hulle grense in.. nie net die christenkerke nie).

    Daar is nou in die post kerk-era tyd waarin ons tans leef geen onderskeid tussen die Buddist of Muslem se besigheidsgedrewe tempels en die christen se kerkgedrewe besighede.

    Elk met hul eie god…. steeds soekend na die Skepper God, die God van die Bybel.

    johannes_11

    23 Julie 2007 at 11:40

  2. Ek werk nogal deesdae baie met die gedagte dat een groep mense “half” (on-af) is, as hulle sonder die ander een probeer leef. Dis tog wat holisme ons leer. So het westerse godsdienste die misterie van oosterse godsdienste nodig. En lg dalk die rasionele vaardighede van westerse godsdienste. Ek verstaan dus die reis van mense om die onbekende te ontdek. Dit eers daar gelaat. Wat my van jou post in die ribbes ruk, is die hele beginsel van magiese in die alledaagse. “Bloom where you’re planted”, noem sommige dit. Dit maak die onbekende en die bekende relatief. Dis net die nou wat belangrik is. Thanx, Georgieboy, jy’t vandag vir my ‘n stukkie goeie teologie gegee.

    oppietrap

    23 Julie 2007 at 12:34

  3. Liewe Johannes, die “God van die Bybel” bestaan nie. Daarvan is ek BAIE seker.

    Oppietrap, ek is bevrees dat ek ons eerste dispuut moet verklaar 😉 Ek dink nie daar is so iets soos die “rasionele vaardighede van westerse godsdienste” nie.

    George Maru

    23 Julie 2007 at 16:26

  4. oppietrap…verduidelik wat jy bedoel met die “rasionele vaardighede van westerse godsdienste?” ek is nie so seker dat ‘n ‘virginal birth” as rasioneel kan beskou word nie.

    amanda

    24 Julie 2007 at 4:26

  5. Of jy ‘bloom where you’re planted’ en of jou wortels uitruk en hulle deur die wEreld rond sleep, is vir my nie die punt nie. Dit gaan daaroor om ongeag waar jy is en wat jy doen, werklik met die realiteit van die huidige oomblik besig te wees. Daarin is beauty en saligheid opgesluit. Dan kan jy onmoontlik ook besig wees met ‘n ‘flight’, want die destinasie is eintlik onbelangrik, finding miracles is nie’n doelwit nie.

    idiwidi

    24 Julie 2007 at 4:42

  6. Dogma, liefies, dogma. En nee, moenie dadelik arms in die lug gooi en weghol nie. Die hele westerse beskawing is in Christelike dogma gegrondves. En waar dink julle kom die Grieke se rasionele vernuf vandaan? Lank lewe die priesters! Die vraag is bv nie of die maagdelike geboorte plaasgevind het nie (dis ‘n ander topic), die vraag is hoe het die kerk daardie maagdelike geboorte so gerasionaliseer dat dit soveel eeue onbevraagtekend gebly het, ten spyte van modernisme. (En dis eers maar onlangs dat ons modernisme met die afgod “Rasionaliteit” begin bevraagteken, dat ons nou die onmoontlike van die maagdelike geboorte weer begin bevraagteken).

    oppietrap

    24 Julie 2007 at 9:00

  7. idiwidi, ek stem met jou saam. Ek dink wat wel soms gebeur, is dat mense dink hulle moet weggaan om van “alles” weg te kom. Ek dink dan flous jy jouself, want “alles” gaan saam. En nou gaan ek dadelik my stelling kritiseer: soms is dit nodig om afstand te kry. Soos jy kan sien is ek die afgelope paar dae aan die dink oor wanneer jy jouself bullshit. Ek dink dit is nie so eenvoudig nie. Ek weet nie of ons rerig weet nie. 😉

    Oppietrap, ek weet nie waar om te begin nie. Dalk moet ek maar net sê dat ek nie saamstem nie. Die modernisme het inderdaad soveel van Christelike dogma suksesvol bevraagteken. Christelike dogma het geen verweer daarteen nie (vergelyk Europa). Ons in SA is net ‘n paar honderd jaar laat, maar as jy kyk na die nuutste manewales in die NG Kerk, sal jy sien dat die debat al hoe dringender raak. Die vrae gaan nie weg nie. Meer en meer mense begin ook híér die vrae vra, en vind dat die antwoorde glad nie sin maak nie. Ek is bevrees dat “metaforiese taal wat dui op groter waarhede” net nie meer goed genoeg is nie.

    Die vrae is groter as wat ons gedink het. Christelike dogma bied nie antwoorde nie, wel insig in mense se hoop, vrese en versugtinge.

    George Maru

    24 Julie 2007 at 9:19

  8. Ek verskil glad nie met wat jy hier skryf nie. Ek verskil wel dat jy dink dis modernisme wat dogma bevraagteken. As jy inagneem dat modernisme al so vroeg as die 14de eeu gedefinieer kan word, dan is dit al ‘n goeie 7 eeue met ons, en loop dogma steeds sterk. In alle geesteswetenskappe, ten minste. Ook filosofie.
    Dat dit bevraagteken word, stem ek saam. Dat ek een van die is wat dogma bevraagteken sal ek selfs instemmend op knik. Maar dis nie modernisme wat dit bevraagteken nie, dis post-modernisme met al die relativeringsteoriee wat dogma begin bevraagteken. Nou eers.

    oppietrap

    24 Julie 2007 at 12:16

  9. George ek dink almal verwar die “do it yourself” mens uitgedinkte gospels en versinsels met die Waarheid van dit wat in die Woord (die Bybel) geskrywe staan.

    Die waarheid van dit wat God vir die mensdom in Sy Woord vir ons “geskrywe” het, is besig om veral in die “derde wereldland” deur te breek soos jy die son vir die volgende 222 weke sal sien opkom.

    In God se “ekonomie” van tyd is 13000jaar maar net ‘n oogwink… maar in daardie oogwink sal Hy weer skep…

    (1Kor 15:51 en 52) Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word, in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.

    Ek hoop ons is verkeerd… maar as ons die Bybel korrek verstaan sal ons in anyWay nie eers daaroor kan debateer nie….?

    Ons leef in die tyd wat volgens die Heilige Skrif, die Woord van God (die Bybel) bekend staan as die tyd van “groot verdrukking”(geestelike verdrukking, ‘n verdrukking van die harte).

    Dogma gaan beslis ewige dood sterf saammet diegene wat dit in die kerke, en tempels en sinagoges en al daai anner “high places” aan ons verkoop…!

    familyradiosuidafrika

    24 Julie 2007 at 14:48


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: