riviersonderend

Facebook & WordPress: my journey to the dark side

with 22 comments

WordPress is nou amptelik deel van die Facebook Evil Empire. As jy ‘n blog op WordPress het, kan jy jou jongste inskrywings en kommentaar op jou Facebook-profiel plaas. Wat rêrig cool is, is dat jy ook jou Facebook-vriende se jongste inskrywings kan sien (dis nou as hulle op WordPress blog – hoekom is daar mense wat nie op WordPress blog nie?). Dit is nou as hulle ook die WordPress-applikasie gelaai het. Facebook neem oor!

Advertisements

Written by George Maru

19 Julie 2007 at 8:31

Posted in algemeen

22 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. George

    Eks dalk biekie blond… maar waarom verwys jy na Facebook as die Evil Empire… ? Of is dit dalk net jou beeldspraak,wat is Facebook?

    Ek probeer nou my eie blog aan die gang kry en is baie dom met die tegniese dinge!

    Watse tips kan jy my gee om vinnig uit die blogge te kom…?

    johannes_11

    19 Julie 2007 at 9:24

  2. joehoehoe. ek het my vriend Johannes gevra om my blog op sy facebook profile te sit.

    Salige Rus

    19 Julie 2007 at 10:53

  3. aaarrrgggghhh!
    *middelvinger vir facebook*

    ek het ook ‘n wordpress blog. maar ek sukkel om prente en videos te laai. sou intussen hou ek maar albei gelyklopend aan die gang.

    maeree

    19 Julie 2007 at 11:04

  4. Julle arme, arme ignorante skepsels (SR uitgesluit).

    Johannes_11, ek het jou blog gesien. Ek spot oor Facebook. Facebook is is “social networking” webwerf waar jy lankverlore vriende kan opspoor. Dit is egter ook BAIE meer.

    Jy sal meer spesifieke vrae moet vra, sodat ek kan help. Maar sien ook wat ek vir Maeree geskryf het.

    Maeree, give yourself to the dark side! Slowly, gently… Open up your mind let your fantasies unwind
    in this darkness which you know you cannot fight (Jammer dat ek spontaan musicals begin sing)
    As jy sukkel met foto’s, kliek hier.
    As jy sukkel met video’s, kliek hier.
    Jy kan selfs jou hele blog van Blogger import met die kliek van ‘n knoppie. Skree net as jy dan nog vrae het.

    Laat weet dan wat jou WordPress blog se url is, asook jou Facebook naam. Toe man, ek ken nie ‘n Griek nie!

    George Maru

    19 Julie 2007 at 11:23

  5. sjoe, jy laat dit baie sexy klink.

    maeree

    19 Julie 2007 at 11:58

  6. George

    Ek hoop nie ek kry ‘n rekening nie… “there’s no free lunch”.. haha!

    Ek het nou ‘n pragtige comments aan http://www.familyradiosuidafrika.wordpress.com gestuur … en nou moet ek dit modereer want daar staan “your comment is awaiting moderation”… lol

    Nou gaan ek daai johannes_11 gas gee, sy mond snoer…. 0f hom dalk vryer teuels gee, hoe doen ek dit….wat nou…?

    George, werk jy vir WordPress, anders kan ek jou e-mail?

    Riviersonderend…help room

    Voete inni water, ek wag nou dat die dominee my “doop”….!

    familyradiosuidafrika

    19 Julie 2007 at 12:11

  7. George – you now have to feed the monster that you created! Kry vir jou!

    sonkind

    19 Julie 2007 at 12:28

  8. George

    Jy klink soos Harry Spotter se juffrou, jy sing net beter.

    Jy moet maar versigtig wees vir daai Family Radio klomp, nie lekke nie hoor, nie lekka nie. Hulle reken die duiwel rule die kerk, hulle kan dalk wordpress “kaap”. Wees gewaarsku…!! As ek so na hulle luister klink dit vir my of dinge inni kerk, Harry Potter na ‘n sondagskoolpiekniek laat lyk.

    johannes_11

    19 Julie 2007 at 12:34

  9. johannes_11 ek dink jy gaan ‘n stille dood sterf. Dit sal jammer wees want ons het 100% met jou saamgestem.

    (Mat 18:19) Weer sê Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is.

    Hoop jy het ‘n Salige Rus met ‘n Riviersonderend. Hoop nie jy kry teveel Woestynsand tussen jou tone nie…!

    Jy is natuurlik welkom om na jou dood, ‘n besoek aan ons blog te bring….!

    As ons niks weer van jou hoor, hoop ons om jou by die komende Bruilofsmaal te sien in…. 2011

    (Rom 8:35) Wie sal ons skei van die liefde van Christus verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard?

    (Rom 8:36) Soos geskrywe is: Om U ontwil word ons die hele dag gedood, ons is gereken as slagskape.

    (Rom 8:37) Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.

    (Rom 8:38) Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge

    (Rom 8:39) of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.

    johannes

    familyradiosuidafrika

    19 Julie 2007 at 12:50

  10. George, ek dink Johannes is verlief op jou. Dit klink vir my alles soos opening-liners.

    oppietrap

    19 Julie 2007 at 13:26

  11. Ek is nou heel deurmekaar. Ek’t gedog familyradiosuidafrika is dieselfde persoon as johannes_11.

    George, ek wil ook weet hoekom mense nog ander blogsites gebruik buiten WordPress. Ek dink almal moet hiernatoe trek.

    Facebook maak my ‘n bietjie bang. Dit voel ‘n bietjie soos om ‘n ysbeer se kop te streel. Hy’s so oulik en sag, maar jy weet nie wanneer jy jou gaan opvreet nie.

    Maeree wat is jou ander blog se naam?

    idiwidi

    19 Julie 2007 at 15:30

  12. Maeree, ek neem kennis hoe jy die onderwerp verander deur vlytaal te gebruik. Vernuftig. Not to worry. Ek het jou inderdaad uitgesnuffel op WordPress. 🙂

    Johannes_11, as jy op “oor riviersonderend” kliek, kan jy my ‘n epos stuur. As jy vrae het oor WordPress, gebruik die epos. Ek dink nie die ander mense stel belang in hierdie tegniese stuff nie. (NEE, oppietrap, moet nou nie idees kry nie. Irreconcilable differences, jy weet. Ek stel ongelukkig net in verhoudings belang wat na 2011 nog sal hou 😉 )

    Idiwidi, vra dit. Hoekom maak Facebook jou bang? Ek verstaan nie waarvoor mens hoef bang te wees nie. Miskien kan jy veduidelik?

    George Maru

    19 Julie 2007 at 16:17

  13. Weet nie regtig hoekom ek bang is nie. Miskien moet ek nou maar net my vrese in die gesig staar – idiwidi het ook nou maar by facebook aangesluit.

    idiwidi

    19 Julie 2007 at 16:41

  14. Facebook is rerig verslawend. Welcome to the dark side 😛

    oopkop

    20 Julie 2007 at 8:30

  15. Oppietrap

    Ek dink nie alleen jy slaan die bal mis nie, maar jy sit die pot ook geheel en totaal en al mis.

    Mooi probeer slag.

    familyradiosuidafrika

    20 Julie 2007 at 8:42

  16. Sjoe, FRSA, vreeslike verdediging, dan nie?!

    oppietrap

    20 Julie 2007 at 9:24

  17. george, jy is inderdaad baie slim.

    nog ‘n probleem wat ek met wordpress het, is dat ek nie html kodes kan cut and paste nie. die “make poverty history” banner op my blog is bv vir my baie belangrik.

    maeree

    20 Julie 2007 at 11:06

  18. Hier in my dorp het Facebook nou so vlam gevat, die ouens sit nou op hulle site (praat ek reg) dat hulle 11pm by xxx gaan uithang vir ‘n bier, en dan hoop dat die buddies dit sal raaklees en opdaag. Sodoende kan jy ook jou profiel se gewildheid toets. Moet maar sleg wees om daar te sit en niemand daag op nie…

    Aag hel tog, wat het van ‘n eenvoudige sms geword? Of is dit nou te uncool?

    skoorblok

    20 Julie 2007 at 11:19

  19. Daar bestaan nou amptelik geen rede meer vir enigiemand om nog op blogger rond te sukkel nie. Die steentydperk is amptelik verby!

    Bertus!

    20 Julie 2007 at 12:07

  20. idiwidi, mens moet jy vrese face. Ek byvoorbeeld is bang op uit ‘n vliegtuig te spring. Ek gee myself 5 jaar om daaroor te kom.

    oopkop, installeer die wordpress app.

    maeree, luister na Bertus! Hy is ‘n profeet.

    skoorblok, ek dink jou dorp vat die ding te ver 😛 (Ek maak het ook die link na jou blog reggemaak.)

    George Maru

    20 Julie 2007 at 12:56

  21. Maeree alles is ook nou NOG makliker (en mooier) in WordPress as jy jou posts deur Windows Live Writer publish. Dankie vir Mob Wisdom vir daardie wenk.

    Al wat nog kort is dat ek moet uitfigure hoe om te maak dat al my woorde met kappies en deeltekens nie in Koreaanse karakters verander nie??? Enige raad, iemand? Iemand???

    idiwidi

    20 Julie 2007 at 14:57

  22. Hierdie familieradio-persoon is weird.
    Hei, Family Radio – ek het ‘n liedjie geskryf genaamd “Vlieg in jou Moer” wat ek graag vir die Family Radio Top 20 wil inskryf. Hoe gemaak?

    Bertus!

    20 Julie 2007 at 16:53


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: