riviersonderend

Doosmusiek

with 16 comments

Ek is op die oomblik besig om deur opgestapelde dose te gaan en alles weg te gooi wat ek nie meer soek nie. So maak ek nou die dag ‘n doos oop waarin daar CDs is. CDs waarvoor ek nie plek het nie, en waarna ek nie meer luister nie; CDs wat ek definitief nie wil uitstal waar mense dit kan sien nie. Daar is CDs van Kenny G, Michael Card, Michael W. Smith en Celine Dion (ek weet baie mense gaan met my verskil oor Celine, maar ek kan haar net nie meer verdra nie) in die doos.

Het jy enige musiek uit jou verlede wat jy liefs in die dosie van vergetelheid laat stof versamel? Bieg. Die persoon met die grusaamste musiekverlede kan dan my doos vat.

Hierdie video is van Delerium, glad nie doosmusiek nie. Kyk hoe sy hom oor die afgrond dryf.

Advertisements

Written by George Maru

13 Julie 2007 at 8:06

Posted in musiek

16 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Celine Dion is nie so bad soos almal sê nie.

    Bertus!

    13 Julie 2007 at 11:16

  2. BertieBertieBertie, jy’t nie dalk vir 264 uur lank nie geslaap nie!

    oppietrap

    13 Julie 2007 at 11:21

  3. Ek dink hy het Tequila gesnuif.

    George Maru

    13 Julie 2007 at 13:33

  4. Klink my doosmusiek is soos dooswyn…

    boerinballingskap

    13 Julie 2007 at 14:38

  5. ek wil die doos hê!
    1. jason donovan
    2. kylie minogue se tape (ja) met “locomotive” op.
    3. bananarama (sp?)
    4. working girls
    ek kan voortgaan. 80’s bubblegum pop.

    maeree

    13 Julie 2007 at 14:56

  6. Oo! Ek is so bly daar is nog mense wat nie van Celine Dion hou nie. Sy klink vir my al te veel soos ‘n kat wat kraam.

    George – ek wil nie die doos hê nie, maar ek dink ek kwalifiseer dalk – is amper te bang om te sê wat lê weggesteek in my musiekdoos “fluister, fluister” – Bles Bridges. “I plead temporary insanity, Your Honor!”

    En ek hou nie eens van die man nie – moes een van die min kere gewees het wat ek dronk was, toe ek dit gekoop het. D@#$dronk.

    sonkind

    13 Julie 2007 at 15:56

  7. cel…. sui… bles… blaaa… wag, te veel rooiwyn, eerder stilbly! (gaan mOre skaam voel)

    idiwidi

    13 Julie 2007 at 18:41

  8. Ek het ‘n ruk gelede van my techno CDs ontslae geraak, en daar is steeds ‘n paar goed wat ek nie vir almal sal sê ek in my besit het nie. Maar, aangesien ek jou nie van gister af ken nie, sal ek bieg dat ek in my besit het: Ace of Base – The Sign. Nie goeie musiek nie, maar ek kan myself nie bring om die CD weg te doen nie!

    Nico

    14 Julie 2007 at 1:12

  9. whahahaha…maeree kan ek die doos met die 80’s bubblegum musiek met jou deel? Waar hoor ek nou die dag “walk like an egyptian” en mense dans ek toe lekker daarop.

    amanda

    14 Julie 2007 at 5:43

  10. maeree en amanda, 80 bubblegum musiek troef nie vir sonkind nie. Bles!?! Good grief.

    idiwidi, dit is met spyt dat ek kennis neem dat jy nie dronk genoeg was nie. As jy was, sou jy nie so geinhibeerd gevoel het nie. Ek vermoed jy kon ‘n wenner gewees het… In elk geval, ek is mal daaroor as mense onder die invloed kommentaar lewer op die blog. Jy kan dit met groot vrymoedigheid doen! Ek vemoed sommige is permanent onder die invloed van iets.

    Nico, ek het ook musiek wat die proletariaat nie sal waardeer nie. Ek dink byvoorbeeld aan Nana Mouskouri. Sy is die beste. Veral na ‘n lang aand se lekker kuier.

    George Maru

    14 Julie 2007 at 10:40

  11. Niks fout met Nana Mouskouri nie, veral nie as sy “Windmills of your Mind” sing nie!

    Nico

    14 Julie 2007 at 11:22

  12. ek gee met grasie oor aan sonkind. sy wen ongetwyfeld.

    maeree

    14 Julie 2007 at 14:13

  13. Phil Driscoll…!
    (en Carman). * bloos *

    freddy

    16 Julie 2007 at 13:25

  14. […] gedrag en selfs hul hele lewe laat bepaal deur wat ander mense van hulle dink. GM se stuk oor doosmusiek het my weer daaraan laat dink. Die konings van koel klap die sweep en die skapies hardloop […]

  15. George, is die boks al toegeken of kan ek nog probeer?

    Toe ek ‘n kind was het ons altyd op my Oupa se plaas tussen Pofadder en Springbok gaan kuier. Daardie jare het die mense daar waens gehad wat met seil toegemaak is, nes die voortrekkerwaens maar met motorbande, wat diens gedoen het as woonwaens omdat hulle baie rondgetrek het agter weiding aan.

    Die wa het altyd op die werf gestaan en was een van ons speelplekke. In die wa was ‘n 78 platespeler en twee of drie 78-plate. Een van hulle se naam was “Daar’s ‘n lig wat brand in die venster”. Ek glo die wysie is van een of ander engelse treffer maar ek weet nie wat nie. Dit gaan oor die ou se gryse moeder en die woorde gaan so:

    Daar’s ‘n lig wat brand in die venster
    in ons huisie daar onder in die vlei
    in die lig van die lamp sien ek haar sit
    en ek weet sy verlang nog na my.

    Ek het nie die plaat nie, hy sit net in my liedjiekop en ek kan hom nie weggooi nie, al wil ek ook. Nou as dit nie almal beat nie…

    My Kop Op 'n Blok!

    7 Augustus 2007 at 10:17

  16. MKOB, ‘n vriend van my het ook so ‘n plaat (of 5). Dit gaan oor Antjies die rooibruinhen wat op die werf rondpik en dan iewers in die loop van die song as aandete aangebied word. Grusaam.

    George Maru

    10 Augustus 2007 at 9:07


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: