riviersonderend

Diskriminasie teen die Van der Merwes, SA se skande, grootte maak wel saak en forever gay

with 8 comments

Kan dit wees dat mense met vanne wat met A, B, C, D, E ens. begin bevoordeel word, bo mense wat hulself aan die einde van die alfabet bevind? Iemand dink so, omdat ons geneig is om vanne altyd alfabeties te rangskik. Dit versterk die persepsie dat eerste op die lys die beste is.

Kyk uit vir The Book of Fables van die post-Presbiteriaanse Zendigter, W.S. Merwin, wat ouer volumes van sy prosa bevat.

Merwin’s approaches to the nature of humanity, politics, love, memory, forgetting, mortality and “the unnamable stillness … unseeing, unhearing, unfeeling, unchanging, holding within itself the beginning and the end” often replace the concerns of the individual with those of the collective. This makes his sensibility feel at least as much Eastern as Western. His fables lack the annoying morals that cap most versions of Aesop’s. In fact, Merwin’s fables often end on notes that seem the very opposite of conclusion. These endings enact a sort of inverse in medias res, ending rather than beginning things in midstream — with images of descent, ascent, dizziness, something lurking and awry, an endless journey or a circular sense of eternal return. A far cry from “coming right with a click like a closing box,” as Yeats famously wrote, Merwin’s deliberate lack of a Western sense of closure bespeaks a dedication to uneasiness, to the open-ended, the perpetual, the multifarious — an honoring of threads of consciousness that seem to have existed, as the saying goes, “since time out of mind.”

Volgens ‘n verslag van die Britse regering, is Suid-Afrikaanse diplomate van die grootste barbare in die wêreld.

Die aarde is ‘n paar millimeter kleiner as wat ons gedink het. So what? Dit beïnvloed berekeninge vir die seevlak se styging en ander goed wat ek nie verstaan nie.

Bill Gates investeer $26.2 miljoen in Amerika se bekendste gaypublikasies, The Advocate en Out Magazine, om hulle van moontlike ondergang te red.

Alan Chambers, hoof van Exodus International (die wêreld se grootste organisasie wat gays van hulle gayness probeer “genees” met Jesus), kondig aan dat dit dalk nie moontlik is om jou seksuele oriëntasie te verander nie. Selfs met Jesus.

With years of therapy, Chambers says, he has mostly conquered his own attraction to men; he’s a husband and a father, and he identifies as straight. But lately, he’s come to resent the term “ex-gay”: It’s too neat, implying a clean break with the past, when he still struggles at times with homosexual temptation. “By no means would we ever say change can be sudden or complete,” Chambers said.

O dear me. Ek hoop nie hy sukkel te veel sodat sy vrou se behoeftes daaronder ly nie.

Advertisements

Written by George Maru

11 Julie 2007 at 7:08

Posted in nuus

8 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Ek het op die DA se werf gegaan en die IOL-skakel vir hulle gepos en gesê ek dink die DA behoort aan te dring dat die ANC (of watter party die diplomate ook aan behoort), of die regering, moet hulle name bekend maak, en ook wat hulle gedoen het om SA in die skande te steek. Ek hoop die DA lees hulle pos.

    My Kop Op 'n Blok!

    11 Julie 2007 at 10:25

  2. Hoe het my ouma altyd gesê : as jy eers een keer bruinbrood geproe het, eet jy nooit weer witbrood nie … dis amper dieselfde as gay-wees … of is ek verkeerd?

    René Boshoff

    11 Julie 2007 at 11:15

  3. Arme Asa Zen der Merwe

    en as hy nou nog gay is in die diplomatieke diens in die heilige Brittanje dan weet ek nie hoe hy dit gaan maak nie.

    Hoop net hy het family betrekkinge met Bill Gaytes, anders moet hy maar by die Exodus inskakel en hoop sy vrou weet nie daarvan nie.

    Hoop net nie dit gebeur met hom wat met die skandseuns in die dae van Jósafat gebeur het nie….

    (1Konings 22:46 en 47) En die verdere geskiedenis van Jósafat en sy magtige dade wat hy gedoen het, en hoe hy oorlog gevoer het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie? Ook die skandseuns wat uit die dae van sy vader Asa nog oor was, het hy uit die land uitgeroei.

    johannes_11

    11 Julie 2007 at 12:45

  4. geen wonder dat diewitdraak meer suksesvol is as idiwidi nie!

    idiwidi

    11 Julie 2007 at 14:06

  5. Baie mense verstaan die ex-gay beweging verkeerd – dit is ook maar ‘n ingewikkelde beweging met ‘n verskeidenheid posisies. Baie van die ouens wat ex-gay ministeries bedryf, sal glad nie “ex-gay” as “straight” beskou nie – dit gaan eerder oor ‘n geestelike verandering as ‘n verandering in orientasie. Om ex-gay te word, sê hulle, is om Jesus so lief te hê dat jy bereid is om jou lewe lank te worstel en jou drange te leer onderdruk, eerder as om daarvan genees te word. ‘n Baie interessante boek oor die tema is “Straight to Jesus” deur Tanya Erzen. Selfs in die ex-gay beweging is daar al minder mense wat meen jy kan iemand se seksuele orientasie verander (hoewel daar tog nog heelwat van hulle is).

    Bertus!

    11 Julie 2007 at 14:58

  6. Bertus dis maar so met die begeertes na alle anner vrugte wat nie van die Gees is nie…. ons “eet” lustig voort en die meeste mense “beoefen” een of ander godsdiens net om die gewete so biekie onder bedwang te hou.. (want hy weet dat hy een of ander tyd verantwoording sal moet doen…. teenoor Iemand, en dan sal hulle selfs sover gaan om ‘n mens te offer)

    (Gal 5:19-21) En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.

    Die oomblik wanneer die Gees van God in iemand se hart kom woning maak… begin die tweedstryd

    (Gal 5:22) Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.

    johannes_11

    11 Julie 2007 at 15:28

  7. MKOB, welkom.

    René, jou ouma was reg oor die bruinbrood. Dit is definitief lekkerder as witbrood. Die verskil is dat ‘n mens kan kies watter brood jy wil koop en eet. Jy kan nie kies of jy staight of gay wil wees nie. Jy kan wel kies om te doen waarna Bertus! verwys oor drange onderdruk ens.

    idiwidi, (ek fluister maar vir jou): kap diewitdraak se snoet af en verkry die voordeel.

    Johannes, jy praat strooi. Maar sê gou vir my oor daardie vrugte wat jy hier neergeplak het. Kan ‘n ongelowige ook liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing hê?

    George Maru

    12 Julie 2007 at 9:15

  8. Ja want hy is geskape na die beeld en gelykenis van God sy Skepper, en die Goddelike wette is in hart geskrywe, en doen van nature die dinge van die wet (van God soos vervat in die Bybel)

    (Rom 2:14-16) Want wanneer die heidene, wat geen wet het nie, van nature die dinge van die wet doen, is hulle vir hulleself ‘n wet, al het hulle geen wet nie; omdat hulle toon dat die werk van die wet in hulle harte geskrywe staan, terwyl hulle gewete saam getuienis gee en die gedagtes mekaar onderling beskuldig of ook verontskuldig, in die dag wanneer God die verborge dinge van die mense deur Jesus Christus sal oordeel, volgens my evangelie.

    Instinktief weet die mens dat hy teenoor God (of ‘n god) moet “regmaak” en verantwoording sal moet doen vir sy dade… vandaar die universele verskynsel van godsdiens onder volke tale en nasies deur die eeue heen en wat dikwels gepaardgegaan het met een of ander vorm van aanbidding en die bring van offers… selfs mense offers! Die mens was nog altyd en is nog steeds soekend, daai gap in sy hart kan egter slegs deur Een gevul word, vir solank daai gap gevul is nie sal hy deurlopend iets soek om dit te vul…. en dan vanwee sy sondige natuur (waarin hy verval het na die sondeval) eet hy lustig aan die ander vrugte wat ek ook hier neergeplak het.

    Dis die krisis waarin die christene wat hulself nog in kerke vandag bevind… naamlik dat die hindu en die buddist en die muslem en noem dit maar se morele waardes dikwels nie eers vergelykbaar is met diegene wat hulself “christene” noem nie. Wanneer ‘n hindu, of buddist, of muslem dan die ware Evangelie hoor en deur die Skepper God gered word is so ‘n persoon dikwels onverskrokke in sy lewenswandel…. maar dan as volgeling van Jesus Christus.

    Dis een van die redes waarom die Blye Boodskap vandag soos ‘n veldbrand in die derde wereldlande versprei(sonder om enigsins die eer wat God toekom af te maak.

    Hoop nie ek was te lank nie….!

    Lekka dag

    johannes_11

    12 Julie 2007 at 10:03


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: