riviersonderend

Daar is net die dans

with 15 comments

dance1.jpg

Gister kry ek ‘n boodskap wat begin: “Liewe familie en vriende, na ‘n verhouding en lewensverbintenis van 10 jaar, skei ons paaie…” En ek dink onwillekeurig of dit dan enigsins die moeite werd is. Tien jaar later, en daar is net die memories, ‘n paar foto’s wat vergeel en stof opgaar, en dalk die kat. Noem my maar sentimenteel en my reaksie selfs onvolwasse.

Ja, onvolwasse. Ek dink mense se harte is soos Kaapstadstasie. Party mense is net te dankbaar om uit die stasiegebou te verkas en belowe hulself: “Such a bloody awful experience never again.” Ander bly langer en koop ‘n hotdog vir ontbyt of blomme vir ‘n geliefde. Daar is ook die freeriders wat saam met die skare die trein inbondel na die game op Nuweland terug stad toe, sonder om te betaal. Dan is daar diegene wat die stasievloer plattrap. Hulle sal daar wees, selfs na die renovations en die onvermydelike skuif na ‘n nuwe perseel. Bless them.

Soveel mense kom jou lewe binne. Sommige trap diep spore, selfs net in die verbygaan. Ander bly langer en jy raak meer attached aan hulle. Ek het geleer dat jy by elkeen iets kan leer. Selfs die drolle. Dit hang maar net van die gesindheid af waarmee jy die verhouding benader. So gesien, is ‘n nihilistiese reaksie op ‘n liefdesverhouding wat na 10 jaar versplinter, onvolwasse. Selfs belaglik.

Tog kan mens nie jou denke en reaksies ontken nie. Might as well face them. Gisteraand chat ek met S. oor idees en vrese wat te dikwels lê en stof opgaar in die kamers van die hart. Ek bekyk die kamers so en by die venster uit na al die verlepte meubels en seekoei- en kameelperdcurios wat op die sypaadjie gedump is. Ek kyk weer om my. Daar is wragtag nog. Kan mens in 36 jaar soveel kaggelkak versamel? Blykbaar, ja. Die bed is nog een van daardie siersteen-konstruksies uit ‘n Bosveld-lodge, vasgemessel met die komplimente van my Christelike erfenis.

Dalk bestaan happy ever after net in Shrek-moewies. Maar maak dit enigsins saak? Dat die lewe géén waarborge bied nie, is ‘n gegewe. En, ja, shit happens, maar soos S. opgemerk het: “Bliss also.” K’s Choice het ‘n song, Almost Happy, en ek dink dit is hoe ons dikwels lewe. Amper gelukkig. Later raak dit selfs goed genoeg. Ons is te begaan met die what-ifs dat ons die oomblik vergeet. En dit is al wat daar is – die oomblik. Elke oomblik van elke dag word ons uitgenooi om te dans. Dalk ‘n wals, ‘n tango, die derwisj se draai of selfs Van den Budenmayer se doodsmars.

Deur nie in die oomblik te leef nie, verloor jy dit. En dit is al wat jy het! Gister en môre kan nooit nóú wees nie. So doen vandag, of hierdie week, iets outrageous, leef in die oomblik. Dans die Neutkraker, of soen die tuinnimf. Nee wag, kak idee. Dit steek maar sleg af by wat prinsesse nou al vir eeue doen:

Prince Charming was a toad. He lived in a terrarium at the foot of Leigh-Cheri’s bed. And yes – you nosy ones – she had kissed the toad. Once. Lightly. And yes, she’d felt silly as shit. When one is a princess, however, one is tempted by things that we common people barely comprehend. Besides, the circumstances under which she had acquired the toad encouraged superstitious behaviour, and, moreover, was a little teenie quick peck on the top of a frog’s head so much sillier than kissing the picture of a desired one – and who hasn’t kissed a photograph at one time or another? Leigh-Cheri kissed Ralph Nader’s photo fairly frequently.

It might be noted here that Freudian analysts of fairy tales have suggested that kissing toads and frogs is symbolized fellatio. In that regard, Princess Leigh-Cheri was, on a conscious level, innocent, although not so naive as Queen Tilli, who thought fellatio was an obscure Italian opera and was annoyed that she couldn’t find the score. (Still Life With Woodpecker, Tom Robbins.)

Wees dan maar soos die common people, as jy rêrig wil. Of dans soos ‘n prins of ‘n prinses. Selfs al breek dit jou hart. Dit is al wat ons het. Nou. Die dans.

Advertisements

Written by George Maru

9 Julie 2007 at 10:57

15 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. …wow. Dit is regtig baie goed gestel.

    Nico

    9 Julie 2007 at 13:40

  2. Baie mooi inskrywing en so raakgevat!

    boerinballingskap

    9 Julie 2007 at 14:43

  3. Baie mooi inskrywing George!!

    Thea

    9 Julie 2007 at 16:26

  4. Ons lewe partykeer so op die randjie van ons eie lewens. Miskien moet ons meer sò lewe:
    Do what makes you happy
    Work like you don’t need the money
    Love like you’ve never been hurt before
    And…
    DANCE like nobody’s watching!

    sonkind

    9 Julie 2007 at 20:37

  5. jy vat raak

    idiwidi

    10 Julie 2007 at 6:30

  6. George

    ‘n Blog darem boring raak as ons almal begin saamstem… met “regtig goed gestel”, “raakgevat”, “baie mooi”, “jy vat raak”…

    Nie dat ek enigsins ‘n voorstaander is van enige egskeiding nie… maar ek dank God vir egskeidings….! Die “plaag” en die impak daarvan op die gemeenskap is ondermeer besig om die mensdom tot die besef te bring dat soos daat natuurwette bestaan (soos swaartekrag… as jy spring gaan jy hard val, hoe hoër die dak hoe duideliker die damage..), daar ook “goddelike wette” bestaan.

    As die mens hom steur aan natuurwette, soveel te meer behoort hy hom te steur aan die “goddelike wette” wat in die Bybel vervat is.

    (2Sa 6:16) Toe die ark van die HERE die stad van Dawid inkom, kyk Migal, die dogter van Saul, juis deur die venster en sien koning Dawid huppel en dans voor die aangesig van die HERE; en sy het hom in haar hart verag.

    Daars diegene wat dans, en dans daar diegene wat diegene wat dans verag…!?

    Geniet die dans van die lewe.

    johannes_11

    10 Julie 2007 at 10:58

  7. Hoor hoor Johannes!
    I’ve been married, divorced, re-married, re-divorced – ek het elke keer geglo dis die één – hiérdie keer ‘til death… dankie tog vir egskeidings! anders was die dodemars dalk ‘sy’ voorland hahaha!!
    En ek is steeds een van die grootste voorstaanders van die huwelik – have yet to give up an inch of hope – en wie weet, dalk het ek dié keer die regte danspartner raakgeloop??
    “de moer in? – gereeld!… bitter? – nooit!!”

    BB

    10 Julie 2007 at 13:15

  8. Dankie George, jy het my nou uit my depro geskryf!

    Vanaand gaan ek daai hifi top volume sit en dans tot ek pê is! Bogger die bure…!

    René Boshoff

    10 Julie 2007 at 14:41

  9. Doen ‘n wilde dans op die musiek van Joan Jett!

    boerinballingskap

    10 Julie 2007 at 16:20

  10. Ek kan vanmiddag nie help om te wonder of daar soveel egskeidings vandag is, as gevolg daarvan dat ons sukkel om te vergewe nie. Wanneer mens sukkel met iets is mens nogal geneig om dit te los, want niemand hou van sukkel nie. Miskien omdat ek self met die term vergifnis sukkel. My kollega stel dit so: “Wanneer jou ego in die pad is, sukkel jy om te vergewe”. Jou ego verhinder jou om te vergewe, want dit gaan om jouself – en ek dink verder…. as jou ego in die pad is kan jy ook nie dans nie, want wat sal die mense se? Dus bogger jou ego, maak tyd om te dans, te vergewe, te lag, te leef – getroud te wees!

    Pro-grense

    10 Julie 2007 at 16:58

  11. George! Buiten Three Colours Blue, het jy enige ander musiek van Van den Budenmayer?? Klink my nie hy het baie musiek gemaak nie.

    freddy

    10 Julie 2007 at 20:00

  12. Dankie vir die mooi woorde en “Hallo!” aan almal wat vir die eerste keer hier skryf. Hoop ek sien julle weer.

    Freddy, nee ek het nie.

    George Maru

    11 Julie 2007 at 7:10

  13. […] het wat ek gekies het nie – gaan lees self en ek glo julle sal verstaan. Die Gode van Bertus. Daar is net die dans van George. Wat ek glo van Boer in Ballingskap. Jou ode van Skoor. Weerlose mense van […]

  14. […] George se Daar is net die dans […]

    Onvergeetlik

    31 Januarie 2010 at 20:41

  15. […] George se Daar is net die dans […]


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: