riviersonderend

Rerig?

with 11 comments

Lank gelede het daar ‘n man in ‘n afgeleë dorpie in Japan gewoon. Die inwoners het hom geken as ‘n wyse en regverdige man.

In die dorpie het daar ook ‘n meisie gebly wat swanger geraak het. Haar ouers was woedend. Wat sou mense in die konserwatiewe dorpie dink? Eers het sy geweier om die pa se naam bekend te maak. Later het sy geswig en die wyse man as die pa uitgewys.

Haar ouers was geskok dat die wyse man so onverantwoordelik kon optree. Hulle het hom gekonfronteer, waarop hy geantwood het: “Rerig?”

Nadat die baba gebore is, het die ouers die kind vir die wyse man gegee om groot te maak. Hy het baie mooi na die kind gekyk. Omdat hy ook maar arm was, het hy soms by mense gebedel vir melk en kos. Dit het ook maar moeilik gegaan, omdat sy reputasie aan flarde was. Die dorpie se inwoners het net hulle koppe in afkeur geskud. Dit het hom egter nie veel gepla nie.

Sowat ‘n jaar het verloop. Op ‘n dag kon die meisie nie langer met haar gewete saamleef nie. Sy vertel haar ouers toe die waarheid. Die werklike pa werk op ‘n nabygeleë plaas.

Die ouers gaan toe na die wyse man om sy vergifnis te vra en die baba terug te neem.

Die man was nie moeilik nie en het die baba teruggegee. Hy het net gesê: “Geen probleem nie.”

Advertisements

Written by George Maru

5 Julie 2007 at 6:30

11 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Ek ken so ‘n mens. My pa. Wens daar was meer sulke mense in die wêreld. Ek glo ook dat hiedie man geen mense veroordeel het nie – nie eens na hulle die babe teruggevat het nie. Laat mens dink, eh?

    Louis

    5 Julie 2007 at 8:03

  2. Ek was as ‘n pasgebore baba omgeruil in die hospitaal. Is vir die verkeerde ma gegee. Stroesbob!! Geniune, geniune! Ek belowe. Hand opi bybel! Almal spot my nou nog in die familie as ek iets weirds doen wat contra ons clan is met, “dis omdat jy Van Vuuren melk in jou het”.
    Ek wonder of ek dieselfde “mens” sou wees as die Van Vuurens my groot moes maak? En of hulle my sou teruggegee het as ek lank by hulle gebly het?

    oppietrap

    5 Julie 2007 at 13:09

  3. Klink vir my na ‘n Salomo verhaal wat nie inni Bybel aangeteken is nie…. seker die deadline gemis

    johannes_11

    5 Julie 2007 at 14:28

  4. Sulke stories oor edelmoedige onbaatsugtigheid is ook baie gewild in Sjinese ‘folk tales’. Om nie te oordeel nie en om in stilte te suffer is ‘n belangrike deug in die Ooste dink ek.

    Wow Oppietrap – dis ‘n interessante storie. Vertel meer.

    idiwidi

    5 Julie 2007 at 17:19

  5. Dis nie so ongewoon dat hospitale babas omruil nie. My meisiekind was die enigste dogtertjie tussen 5 seuntjies. Toe bring hulle een voedingstyd vir my ‘n ander baba. Toe ek die verpleegster daarop wys dis nie my kind nie, wou sy eers moeilik raak. Ek het die baba se doek weer oopgemaak en haar mooi laat verstaan EK het ‘n dogtertjie gehad, NIE ‘n seuntjie nie. Sy was daarna verskriklik apologeties. Maar sê nou maar hulle het vir my ‘n ander dogtertjie gebring? Sal mens weet? Ek wonder baie dae.

    Oppitrap, hoe het hulle uitgevind jy is omgeruil?

    sonkind

    5 Julie 2007 at 19:10

  6. ek was ook omgeruil. weird. die moeder het (on?)gelukkig onmiddelik geweet.

    maeree

    5 Julie 2007 at 19:21

  7. Is dit miskien ook ‘n storie oor die futiliteit daarvan om te argumenteer?

    alleman

    5 Julie 2007 at 23:04

  8. Ek was omgeruil met ‘n ander babadogtertjie. Ons het albei dieselfde identiteitsbandjies aan ons arms gehad. Met presies dieselfde inligting daarop. Albei baba’s was “Baba van Vuuren”. Dieselfde oggend, deur dieselfde ginekoloog, die wereld ingebring. Die dokter het ‘n munt opgeskiet om te kyk wie sal vir wie vat…

    oppietrap

    6 Julie 2007 at 8:33

  9. Oppitrap

    Regtig…!

    johannes_11

    6 Julie 2007 at 9:51

  10. Nee, ek’s nie helemal eerlik nie. Altwee die ma’s wou vir my gehad het. Toe skiet die dokter die munt op.

    oppietrap

    6 Julie 2007 at 9:59

  11. Dankie vir almal se stories. Oppietrap, sjoe! Ek weet nie hoe ek so iets sal hanteer nie. Ek dink wel dit is makliker as jy ouer is.

    Louis, dit is juis wat my van die storie opgeval het, dat daar nie veroordeling is nie. Alleman, ek wonder baie oor die futiliteit van argumente, maar tog het die storie my ook effe ongemaklik gelaat.

    Het ‘n mens nie ook ‘n verantwoordelikheid teenoor die waarheid nie? Sê nou maar die vrou sou nie die waarheid vertel het nie, het die kind nie die reg om die waarheid te weet nie.

    Is daar nie ook ander maniere hoe mens die situasie kon hanteer het nie, sonder om veroordelend oor te kom?

    George Maru

    6 Julie 2007 at 10:02


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: