riviersonderend

Jackaroo se slangvel-onderbroek

with 11 comments

Ek praat weer oor onderbroeke. Maar hierdie post is actually ernstig. Ek belowe. So ‘n paar dae gelede het Boer in Ballingskap geskryf oor hoe suksesvol Australië is. Rugby, swem, enige sport, wyn, maak nie saak nie, hulle sit ons ore aan.

Een van Australië se onlangse suksesverhale is Aussiebum wat onderbroeke en swembroeke vir mans maak. Dit word bestempel as die wonderbra van onderbroeke, as gevolg van die ekstra lift wat dit verskaf.

Onlangs het Aussiebum ‘n nuwe reeks bekend gestel wat inspirasie uit die natuur geput het – iets waarvan Afrika baie het. Jy kry slangvel-, tiervel- en kameelperdvel-onderbroeke vir die kieskeurige, selfversekerde man. ‘n Voorbeeld van Jackaroo met die slangvel.

slangvel.jpg

Goed, fokus nou weer op die storie.

Teen USD 35 vir jou eie stukkie slangvel, kan Aussiebum nie te sleg besigheid doen nie. Inteendeel, dit gaan heel goed met die maatskappy.

Almal weet dat jy moeilikheid soek om tot die teksielbedryf toe te tree in die 21ste eeuse ekonomie as jy nie in China ‘n onderneming het nie. Die afgelope tyd het die tekstielbedryf in Suid-Afrika geweldig swaar gekry. Baie maatskappye oorleef skaars te midde van die Chinese kompetisie. Danksy kwotas kan die Suid-Afrikaanse tekstielbedryf nog asem haal.

Tog is daar maatskappye soos Aussiebum wat geweldig suksesvol is, ten spyte van die Chinese bedreiging. Hoe is dit moontlik? As jy nie op prys kan kompeteer nie, vind ‘n nismark waar jou handelsmerk jou sterkste wapen is. Dit is natuurlik makliker gesê as gedaan.

Myns insiens is kreatiwiteit geweldig belangrik om dit te kan vermag. Jy het mense nodig wat hulle tydgees akkuraat kan opsom, die gevoel kan bottel en bemark. Ek is bevrees dat ‘n land soos Australië ons ver vooruit is wat dit betref. Suid-Afrika het meer kreatiewe entrepreneurs en intrapreneurs nodig om met lande soos Australië te kan meeding in die globale ekonomie.

Tensy ons nie gaan begin om hierdie gees van kreatiwiteit by ons jeug te kweek nie, gaan ons nooit kan saampraat nie. Dit begin natuurlik op skool. Ek is nie seker hoe die skoolstelsel vandag daar uitsien nie, maar ‘n paar jaar terug was daar nie ruimte vir kreatiewe denke nie. Doen soos ek jou sê om te doen, en bly stil. As jy jou mond oopmaak, was jy rebels.

Dit is so jammer dat ons nie kan raaksien hoe ons kortsugtige denke ‘n invloed het op die groter sisteem nie. As jy grootgemaak word om nie vrae te vra nie en om dinge op die “aanvaarbare” manier te doen, is jy hopeloos onvoorbereid om vinnig te reageer te midde van vinnig-veranderende industrie omstandighede.

Tot tyd en wyl ons die probleem kan aanspreek, sal Ramkat maar Woollies-onderbroeke – wat jy 3 in ‘n pak koop – moet dra, terwyl Jackaroo in Afrika se bosse avonture het in sy slangvel.

Advertisements

Written by George Maru

4 Julie 2007 at 9:59

Posted in afrika, nuus, so gay!

11 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Hoor die anderdag ‘n dokter se raad: vroue MOET met bra’s slaap (vir die uitsak, sien), en verkieslik sonder broekies (vir die ventilasie). Nou wonder ek, met hierdie wonderpanty-vi-hommes, of mans ok uitsak?
    Oor iets anders: die een ding wat ons die minister van onderwys moet krediet gee is die Curr2005-salabis. Ja-ja-ja, ek ken al die kritiek ook, maar die waarde daarvan is juis dat dit ‘n buitengewone fokus op kreatiwiteit en entrepreneurvaardighede vir kinders gee. (Die argaise prentjie van luister-en-praat-nie-terug nie, is regtig LANKAL verby!!) Kinders het besighede … speel op die aandelemark … is versorgers/vervraaiers van die samelewing … Alles projekte van Curr2005. (En ja, weer ‘n keer: ek is ook bewus van die kritiek. Maar gee da’m krediet waar dit toekom ook!)
    Tweedens, het onlangs na ‘n lesing geluister van ‘n bemarker van Ogilvy’s … ek dink nie ons krisis is by kreatiwiteit nie. Dit is by ‘n baie-baie klein en eksklusiewe mark (as jy nie brood kan bekostig nie, is leeuveltiertertnommertjies nie prioriteit nie), swak produktiwiteit (kan jy jou die pantie-industriestakings voorstel!)

    oppietrap

    4 Julie 2007 at 11:30

  2. Is dit van regte slangvel gemaak, of is daar net slangvelpatrone op?

    Bertus!

    4 Julie 2007 at 12:55

  3. dankie, dankie, dankie george. dis inderdaad pragtig! ek aanvaar dat jy ‘n diep verskoning moes uitdink om daardie prentjie te kon post. dit was die moeite werd.

    lol@oppietrap. nou wonder ek ook…

    maeree

    4 Julie 2007 at 13:17

  4. Oppietrap, geen kommentaar op die sakke-ry :). Ek sal volhou dat kreatiwiteit ‘n issue is, want soos in Aussiebum se geval gaan dit veral oor uitvoere ook. Soos met die wynmark, behoort ons nie net na die plaaslike mark te kyk nie. Welvaart word geskep deur uitvoere en daarvoor het mens geweldig baie kreatiwiteit en insig in ander markte nodig. Dankie vir die inligting oor ons skole se nuwe kurrikulum.

    Bertus! Teen $35 sou mens seker gehoop het dat dit eg is (ek weet egter nie hoe slangvel op… nevermind), maar dit is materiaal.

    Maeree, my plesier. Is dit nie jy wat van die wildtuin hou nie, of verbeel ek my?

    George Maru

    4 Julie 2007 at 16:28

  5. ek kan dit nie glo nie. amazing. en hulle voel holle han ons rugby kritiseer.

    Bongi

    5 Julie 2007 at 0:19

  6. sorry, maar ek kon nie weer fokus op die storie nie. nevermind die onderbroek, daai man se arms. ai.

    oopkop

    5 Julie 2007 at 10:52

  7. hmmm. hummmm. hhhhmmm. vele dank – dit was nou ‘n plesier.

    idiwidi

    5 Julie 2007 at 12:24

  8. Bongi, met die toestand waarin SA rugby is, kan enigeen kritiseer.

    oopkop en idiwidi, julle moet aan julle konsentrasievermoë werk. Werklik.

    George Maru

    5 Julie 2007 at 12:49

  9. Daai bokkies inni agtergrond kan sekerlik gay wees nie… dis die ene ore….!

    johannes_11

    5 Julie 2007 at 14:50

  10. Johannes, dis die eerste keer dat ek jou ‘n wereldse opmerking hoor maak. At last, ‘n bewys: die Here leef!!!

    oppietrap

    5 Julie 2007 at 17:29

  11. ek sien daai website het selfs speletjies! wow.

    maeree

    5 Julie 2007 at 19:18


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: