riviersonderend

As jy soek…

with 20 comments

Die afgelope tyd land soekers hier met die vreemdste vrae en stellings wat hulle in soekenjins intik. Ek plaas ‘n paar hier. As iemand een van die soekers kan help, laat weet tog.

hoe spreek ek n demoon aan

Afrikaans “threesome”

studies haarkapper (Kyk Edward Scissorhands.)

waar is God?

ek sê daar is ‘n God

hoe wordt ik gothic

bybel tekste oor studeer

misleiding in die kerk (Good grief. Vra gerus riviersonderend se inwonende sendeling, Johannes_11.)

Ek is nie lus om te werk nie (Welkom, jy is op die regte plek.)

Defenisie van Saligheid (Meer inligting hier.)

wat is bose drome (Seker droë drome?)

gay slaaf

ik wil vrye (Meld onmiddellik op die blog aan!)

naai poesie

mooi borste

loopdop

Advertisements

Written by George Maru

3 Julie 2007 at 7:57

Posted in sommer net

20 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. “hoe spreek ek ‘n demoon aan” … Vra die demoninasies wat daarin spesialiseer…

    Oeps amper sondig ek.

    johannes_11

    3 Julie 2007 at 10:28

  2. Johannes, gaan en sondig nie meer nie.

    Hoe praat jy met de moon? Jy huil soos ‘n wolf.

    George Maru

    3 Julie 2007 at 14:30

  3. As jy soek, trek ek R50 af!

    Namens Johan Stemmet, Noot-vir-Noot!

    3 Julie 2007 at 14:41

  4. Ai, hoe het ek nie na julle verlang nie. Liewe-liewe Johannes, ek moet bieg, ek’t gedag dat ek dalk in die maand wat ek weg was, tog aan die wegraping sal kan glo as jy nie meer hier op die blogs rondboer nie, maar helaas, nou weet ek die wegraping is nie regtig nie. Ek’t selfs gelag oor jou slim opmerking van demo(o)ninasies, maar ek weet nie of jy die krediet verdien nie, en of dit net ‘n spelfout was? Hey George, ek’s terug. (Hoor by Maeree van jou stunning stuk wat jy oor jou ouers geskryf het. Sal soek en lees…)

    oppietrap

    3 Julie 2007 at 15:03

  5. Dit was wonderlik, veral jou eie kommentaar.

    freddy

    3 Julie 2007 at 18:47

  6. Ek kry ook ‘n paar (((weird))) soekenjin hits. Sal dit nog deel.

    idiwidi

    4 Julie 2007 at 5:56

  7. Sal probeer “vader”…!

    johannes_11

    4 Julie 2007 at 9:46

  8. Names Johan Stemmet, identifiseer jouself!

    Oppietrap, yay, jy is terug. Jy onderskat vir Johannes 😉

    Freddy, dankie.

    idiwidi, doen, doen!

    Johannes, 7 hail marys vir jou.

    George Maru

    4 Julie 2007 at 10:02

  9. As jy dié goed uittik, sal selfs meer mense met soortgelyke soekterme jou blog besoek, want jou Google-rang vir hierdie terme sal styg. Ek moes die naam van ‘n sekere selfoonprogram geheel en al verskans op my blog omdat ek soveel besoekers gekry het wat raad by my kom soek het oor hoe om dit te hack.

    Mense besoek my blog op soektogte na Bok van Blerk se handtekening, kaal Maties, liefde, engele in woonstelle, mieliepap en selfs Google se Antarktika-kantoor. Kan jy nou meer.

    Tania

    4 Julie 2007 at 12:07

  10. Waar is God?

    As ons na die “finale oes” kyk wat God tans besig is om in Koninkryk in te bring onder die geledere van die Hindus, Muslims, Buddiste…. en onder die taalgroeperinge soos die Arabics, Farsi, Hindi, Bengali, Urdu, Burmese, Amharic, Punjabi, Nepali, Gujarati,Telugu, Korean,Myanmar, Marathi, Tagalog, Tamil… via die radio uitsendings van Family Radio. Ons kan nie anders as om met groot opgewondenheid al die eer aan die God te gee wat tans deur Sy Woord (die Bybel) en Sy Heilige Gees “big time” te oes nie!!!

    En dit nogal sonder die christen kerke en kerkstrukture ….

    Waar is God….? Hy is besig om via radio onder die neuse van hierdie afvallige christen kerke en kerkstrukture Sy laaste en finale oes in te samel…. ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie…

    (Openb 7:9) Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande;

    Besoek gerus http://www.familyradio.com as jy wil deel in hierdie vreugde…!

    johannes_11

    4 Julie 2007 at 15:40

  11. Tania, party van die soekterme maak vir my sin, maar party wonder ek hoe op aarde hulle op ‘n mens se blog land. Jy het self ‘n paar vreemdes 🙂

    Johannes, sommige mense sal met jou verskil.

    George Maru

    4 Julie 2007 at 16:19

  12. George wat “sommige” mense dink is nie wat saak maak, wat wel saak maak is wat Woord van God (die Bybel) verklaar.

    Kajafas en Kie het hulle min gesteur aan wat Jesus gepredik het, vandag weet ons wie was Wie…? Wie was toe Wie… en Wie is nog steeds Wie!

    johannes_11

    4 Julie 2007 at 16:52

  13. Johannes ek is nie lus om hieroor in ‘n debat betrokke te raak nie. Dit is nie die blog se fokus om mense te probeer ontkeer nie. As jy wil glo, is dit jou saak.
    Maar daar is soveel probleme met die bestaan van die christelike god. Indien jy dus werklik in gesprek wil tree, stel ek voor jy vergewis jou eers van al die argumente teen die bestaan van die christelike god. Neem nou maar die teodisee-vraagstuk, hermeneutiek en naïewe realisme, die teenstrydighede in die Bybel, onversoenbare leerstellings van Christelike dogma, die probleme met “Pascal’s wager”, die probleme met persoonlike ervaring, die aanwesigheid van naby oosterse mitologiese verhale in die Bybel, die probleem van gelowiges se sirkulêre redenasies. Ag tog, daar is so baie.
    En dit tel nie om na ‘n Christelike apologetiese webwerf te gaan wat die geloof teen modernisme en post-modernisme verdedig nie. Dikwels verstaan hulle nie eers die argumente mooi nie.
    Anders kan ek nie sien hoe ons sinvol hieroor kan gesels nie.
    Maar wees gewaarsku: hy wat van die boom van kennis eet, sal sien dat hy kaal is…

    George Maru

    4 Julie 2007 at 17:28

  14. Hulle wat van die boom van kennis van goed en kwaad eet, eet nou al vir die afgelope 13000jaar lustig voort, en dink dat hulle binne die volgende 100jaar die boom sal kan opeet. Net om te ontdek dat daar geen einde daaraan is….!

    Ek neem jou waarskuwing nie ligtelik op….! Maar weer verskil ons , dankie tog die kerk-era is verby anders het ons al lankal ‘n nuwe kerk gestig. Dankie tog dat ons mekaar kan verdra… en nugter gedagtes uitruil, opsoek na die Waarheid. Genadiglik dat ons weggehou is van die Boom van Lewe … ander sou ons vir ewig in hierdie “sondige” staat moes voort-verskil.

    Ek wil ook nie debatteer… miskien lees jy my verkeerd. Het jy al ‘n search gedoen met die woorde “Tyd Het ‘n Einde” of “die Einde van die kerk-era en daarna”….?

    Dalk word riviersonderend al raakgesien…. veral met johannes_11 wat lustig voort “sondig”…!

    Een ding weet ek…. dit werk. En ons Afrikaanse volkie moet dit ook hoor…. al luister hulle nie.

    johannes_11

    4 Julie 2007 at 18:33

  15. ‘n Paar van ons het hekelpatrone as gemene deler. Maar die “katterige naaldwerk” wat by jou gesoek is laat mens wonder oor jou argiewe. 🙂

    Jo-Ann Schou

    4 Julie 2007 at 22:39

  16. George, ek kan nie glo jy mors nog jou asem om met die “profeet” te redeneer nie! Ek vermoed dat hy dalk die verwagting het dat sy lewe 2011 gaan eindig wanneer die “wêreld tot ‘n val kom” — moet ons hom nog verdra tot dan??

    René Boshoff

    5 Julie 2007 at 11:54

  17. Johannes, in die “recent comments” verskyn mense se avatars nou. Ek dink ons moet vir jou ‘n vrolike prentjie kry.

    Jo-Ann, ek is bitterlik onskuldig. Rerig. Een van my tags is “poësie”, ‘n edele tydverdryf. Daai ander woord het ek net eenkeer hier gebruik in ‘n onskuldige, dog speelse, konteks. Non mea culpa!

    René, leef en laat leef. Deur te praat skaaf ons mos maar so bietjie aan mekaar. Ek het nuus vir jou as jy dink jy moet hom net tot 2011 verdra 😉 (maar moenie vir hom sê nie; ons wag maar vir 2012).

    😛

    George Maru

    5 Julie 2007 at 12:47

  18. George dankie vir die “genade”…

    Vrouens kan soms genadeloos wees… kyk maar wat het met arme regtige johannes die doper gebeur.

    Ek sidder as ek moet dink wat op ons wag as die Isebels, die Herodiane, die Winnies, die (oeps amper praat ek van die Renes..) die wereld gaan begin regeer.

    Nou moet ek ook in dieselle asem sê … when push comes to shuffle… ons het beslis die Marias, die Elisabets, die Jaels, die Deboras, en die (oeops amper noem ek die Renes…) nodig…. maar maar dan aan ons kant.

    Hulle kan makliker “koppe laat waai”, en “slape met tentpenne deurboor” …. veral as hulle deur hulle ma’s aangehits word,
    (Mat 14:8-12) Toe sê sy, nadat sy deur haar moeder aangehits was: Gee my hier op ‘n skottel die hoof van Johannes die Doper. En die koning het treurig geword, maar ter wille van die eed en die feesgenote het hy beveel dat dit gegee moes word. En hy het gestuur en Johannes in die gevangenis onthoof. Sy hoof is toe op ‘n skottel gebring en aan die meisie gegee, en sy het dit na haar moeder gebring. En sy dissipels het gekom en sy liggaam weggeneem en dit begrawe; en hulle het gegaan en dit aan Jesus vertel.

    en dit het regtig gebeur…!

    johannes_11

    6 Julie 2007 at 10:12

  19. Johannes, vroue is hipercool. Ek dink in elk geval jy kan baie, baie nicer met René wees.

    “en dit het regtig gebeur”
    Regtig, egtig?

    George Maru

    6 Julie 2007 at 13:55

  20. George ek is gek oor vroue…. dont be mistaken.

    René ek vra omverskoning as ek jou ‘n wond toegedien het met die woorde wat ek gebruik het… vergewe asb.

    (Spreuke 27:6) Die wonde deur een wat liefhet, is opreg bedoel, maar die soene deur ‘n vyand is oorvloedig.

    johannes_11

    6 Julie 2007 at 14:49


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: