riviersonderend

Afrika se “image problem”

with 6 comments

Time berig dat beleggers skrikkerig is om in Afrika te belê, Where Investors Fear to Tread. Ten spyte van die feit dat Afrika se ekonomieë sterk groei, bly beleggers versigitig.

In die artikel beweer Mo Ibrahim, ‘n Sudanees-gebore sakeman: “We are fighting an image problem.” Ibrahim verteenwoordig ‘n gewilde sentiment in Afrika. Die buiteland het die verkeerde persepsie van Afrika. Selfs Suid-Afrika se president, Thabo Mbeki, vra dat die buitelandse pers meer regverdig oor Afrika berig. Afrika sal sukkel om beleggers te lok, solank die kontinent se probleme gesien word as ‘n “image problem”.

Daar is wesenlike probleme wat die kontinent moet aanspreek om ernstig opgeneem te word deur buitelandse beleggers. Deur die probleem as ‘n “image problem” te sien, ontken jy die probleem. Beleggers investeer waar die risiko’s die laagste is en die winsmarges die grootste is. Dit is die realiteit van kapitalisme. Afrika het heelwat potensiaal om beleggers bogemiddelde opbrengste te lewer. Die gepaardgaande risiko’s is dikwels net so hoog, wat die beleggingsgeleentheid minder aanloklik maak.

Solank Afrika nie ernstig is oor die risiko’s nie, sal beleggers versigtig bly. Korrupsie word as die grootste rede aangevoer waarom beleggers versigtig bly. Neem ‘n land soos Angola. Die land se ekonomie groei teen ‘n verstommende koers, as gevolg van oliehulpbronne. Tog word weinig van die winste teruggeploeg in die land se infrastruktuur. Daar is biljoene oliedollars waarvoor niemand kan verantwoording doen nie. Dit skep nie sakevertroue nie.

Zimbabwe dreig om besighede te nasionaliseer. Waarom sal buitelandse beleggers belê in lande waar hulle hul belegging kan verloor? Soedan is in ‘n burgeroorlog betrokke. Twee van Afrika se beweerde voorbeelde van goeie regering, Ethiopië en Eritrea, staan weer op die vooraand van oorlog oor woestynsand. Nigerië is een van die korrupste lande in die wêreld. In baie Afrikalande is daar nie sprake van sterk burgerlike instellings nie. As die howe handpoppe van die regering is, na wie kan jy jou wend? Dit skep nie sakevertroue nie.

Afrika se suksesvolste en grootste ekonomie, Suid-Afrika, word in die artikel as volg getipeer:

South Africa, where 28% of firms see corruption as a “severe problem,” is said to be hobbled by “the business costs of crime and violence and the unreliability of police services to protect from crime.”

Misdaadstatistiek wat later die week bekend gemaak word, gaan die onrusbarende tendens onderstreep.

‘n Mens kan seker redeneer dat elke land sy probleme het, en dat mens nie die hele kontinent moet veroordeel vir ‘n paar se foute nie. Maar Afrikalande veroordeel ook nie mekaar se foute nie. Neem Zimbabwe as ‘n voorbeeld. Die onkritiese omgang van Afrikaregerings met bure se sondes, skep nie sakevertroue nie.

Natuurlik gebeur daar ook goeie dinge in Afrika. Die eweknie-evaluasie meganisme sou 20 jaar gelede ondenkbaar gewees het. Suid-Afrika begin uiteindelik ‘n meer aktiewe rol in Zimbabwe speel. Suid-Afrika se ekonomie beleef ook ‘n ongekende groeifase waarvoor die regering dikwels nie genoeg krediet kry nie. Dit alleen bewys dat Afrika wel oor die leiers beskik om ‘n verskil te kan maak. Trevor Manuel is sekerlik nie die enigste bevoegde leier nie.

Slegs deur goeie leierskap, kan Afrika hoop om sy probleme te aan te spreek. Spreek hierdie probleme aan, en die “image problem” verdwyn outomaties. Die vraag waaroor ek steeds wonder: “Hoekom word daar nie meer Trevor Manuels in leierskapposisies aangestel nie?”

Ten spyte van die paar swaeltjies wat te bespeur is in die blou lug, het Afrika se somer nog nie aangebreek nie. Te veel onweerswolke dreig nog op die horison.

Advertisements

Written by George Maru

2 Julie 2007 at 9:35

Posted in afrika, nuus

6 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Paternalistiese Westerse beleggers hanteer Afrika nie veel anders as bv. Indië, Sjina, Brasilië of Rusland nie, behalwe dat die skale miskien verskil.

    Meer geleentheid vir ons, sê ek…

    Theo

    2 Julie 2007 at 13:14

  2. George

    Wat is sondes nou weer….?

    johannes_11

    2 Julie 2007 at 13:15

  3. George, ek stem saam met jou en ek het dit ook so gestel op my eie blog. Jy lig ‘n baie belangrike probleem uit, naamlik dat Afrika-state nie mekaar veroordeel nie. En ja, sekerlik Afrika se grootste probleem is ‘n gebrek aan bevoegde en demokratiese leierskap. Ek dink baie van Afrika se skerpste breins emigreer en bevind hulself in ander lande. En wat jy oor Angola noem is 100% in die kol. Baie Afrika-lande is nie arm nie – dis net dat daardie geld in persoonlike sakke verdwyn en dit nie bele word in infrastruktuur ens. nie. Ek is bevrees dat driekwart van Afrika se “image” probleme self geskep word. Om die media daarvoor te blameer “is to shoot the messenger”.

    boerinballingskap

    2 Julie 2007 at 14:55

  4. Wat jy sE pas aan by die slagoffer-sindroom waaraan Afrika dikwels ly. Die fout word altyd elders gesoek.

    Tog dink ek wel daar steek ‘n klein bietjie waarheid in die persepsie-teorie. Maar, ek dink daardie wiel gaan stadig maar seker begin draai – en Sjina sal heel waarskynlik daarvoor verantwoordelik wees.

    idiwidi

    3 Julie 2007 at 4:31

  5. Theo, natuurlik. Maar baie Afrikalande ervaar Suid-Afrika presies dieselfde. Dit hang ook af hoe ons in Afrika gaan besigheid doen. As ons byvoorbeeld ‘n brouery koop, die brouery toemaak en produksie na SA skuif, help ons ook nie veel nie.

    Johannes, sonde is om te veel Bybelversies te quote.

    Boer, jy spreek ‘n ander probleem aan wat sake nie verbeter nie. Dit is deesdae baie maklik vir professionele mense om te emigreer. As jou land jou nie die geleenthede bied wat jy soek nie, is daar wel ‘n ander land wat sal. Ongelukkig vir ontwikkelende lande, het ontwikkelde lande ‘n groot behoefte aan goedgeskoolde arbeid. Baie van Afrika se beste leiers sit waarskynlik in Europa en Amerika.

    idiwidi, dit mag so wees, maar Afrika moet besef dat sy toekoms in sy hande is. As ek reg onthou is dit Ghana (of Kenia?) wat se BNP in die 1960s gelyk was aan Suid-Korea. Vandag is daar geen vergelyking nie. Kan jy uitbrei op wat jy bedoel met Sjina wat die wiel laat draai?

    George Maru

    3 Julie 2007 at 8:13

  6. George

    Ons vorder… ten minste erken jy nou al dat daar so iets soos sonde is, en per jou defenisie verkies ek met graagte om ‘n sondaar te bly, en het ek ‘n onversadigbare begeerte om aan te hou sondig. Seker omdat ek deur die “grootste” sondaar (Jesus die vleesgeworde Woord en Sy Heilige Gees) daarvan oortuig word.

    (Joh 1:29) Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!

    Laat ek dan nog een op my kerfstok kry….! Ek kan nie wag vir die dag dat jy saam met my begin “sondig” nie…!

    johannes_11

    3 Julie 2007 at 10:22


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: