riviersonderend

Sit dit af, Sodom se vrou, ‘n fliek-rating vir jou blog en dit is hier!

with 6 comments

Slegte nuus. Die Spice Girls is terug. Slegter nuus. Hulle kom Kaapstad toe in Januarie. Slegste nuus. Dit is nou weer nie veilig om radio te luister nie. Dit is wat ek rêrig nie wou gehad het nie.

Baie hoërskoolleerlinge in Amerika dink Sodom en Gomorrah was getroud. Blykbaar kan meeste Amerikaners nie een van die 4 evangelies noem nie. Ek glo dit skaars. Ek dog meeste Amerikaners is Christene? Wel…

Binne 10 jaar het Amerikaners wat geen geloofsvoorkeur het nie, gestyg van 7% na 14%. “The unexpected spike wasn’t the result of growing atheism, Hout and Fischer argued; rather, more Americans were distancing themselves from organized religion as “a symbolic statement” against the religious right. If the association of religiosity with political conservatism continued to gain strength, the sociologists suggested, “then liberals’ alienation from organized religion [might] become, as it has in many other nations, institutionalized.” In Australië beskou 19% van die bevolking hulself godsdiensloos, 3% meer as in 2001. In Europa neem geloof toe.

Me. Playfoot vat haar skool hof toe omdat sy nie haar “ware liefde wag”-ring skool toe mag dra nie. Me. Playfoot voel dit is diskriminasie teen haar geloofsoortuigings.

Madagaskar gaan huwelike tussen kinders verbied. 33% van meisies tussen 15 en 19 jaar is getroud. Madagaskar is een van die wêreld se armste lande.

Die Richtersveld is tot ‘n wêrelderfenisgebied verklaar.

Kliek hier en kry jou blog se rating, sou dit ‘n fliek gewees het. Hierdie blog, selfs al word dit in Afrikaans geskryf, het ‘n PG-rating vir die gebruik van woorde soos “gay” en “gays”. Skryf nog ‘n keer “gay” en dit is ‘n porn site!

Juig al wat leef oor die blye tyding! Dit is hier. Amerikaners kan van vandag af die Apple iPhone koop. Toue het reeds Dinsdag begin vorm buite die Apple winkel in New York. As jy goed is met jou vingers, is dit die foon vir jou. Dit is al wat jy nodig het om die foon te bedryf.

Vrese dat Eva ‘n baard gehad het, is ongegrond. ‘n Uitbeelding van Adam en Eva volgens die kreasionistiese museum:

adam_eve.jpg

Te fraai. Dit lyk of die tweetjies besig is om ‘n Timotei advertensie te maak.

Advertisements

Written by George Maru

29 Junie 2007 at 7:20

Posted in nuus

Tagged with

6 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Ha-ha! 🙂
    Jy’s in die kol – Timotei inderdaad! En hoekom het Adam nie borshare nie?

    Jeju-eiland (wat nog op my agenda is), die volkaniese eiland suid van Korea, is ook tot Wereld-erfenis gebied verklaar.

    boerinballingskap

    30 Junie 2007 at 10:53

  2. Boer, Adam was seker ‘n metrosexual.

    George Maru

    30 Junie 2007 at 12:48

  3. lol.
    sodom en gomorrah getroud. ha. maar dit sou sekerlik onwettig gewees het in die vsa.

    ek het vir ‘n vriend, nadat hy een van hierdie “ware liefde wag” sessies bygewoon het, gevra of hy ook so ‘n ring gaan dra. sy antwoord: “dit pas nie”. hehe.

    die huwelik goed is baie kompleks en moeilik vir ons om te verstaan. ons dink huwelike moet gebasseer wees op liefde – wat ‘n betreklik jong idee is. en dan verdoem ons heelwat ander mense tot hongersnood, omdat ons die idee van ‘n huwelik as ekonomiese transaksie veragtelik vind. maria was blykbaar 14 toe jesus gebore is.

    My blog is “G – General Audiences”, aangesien die woord “vagina” een keer daarop voorkom.

    ai, ek het so gehoop eva het ‘n baard gehad.

    maeree

    2 Julie 2007 at 11:02

  4. maeree, nou jaag jy my blog se rating op met die gebruik van die woord vagina! Volgende gaan iemand seker penis hier skryf. Skande. Ek probeer so hard vir ‘n all audiences rating.

    George Maru

    2 Julie 2007 at 12:01

  5. George

    Jou (blog) rating moes al lankal geklim na om voorsiening te maak vir SNV en B …. die search engines verstaan noggie wat die woord “hoer” nie, maar kan ook noggie die kloutjie by die oor uitbring om uit te figure wat Babilon en die kerk met die woord “hoer” in gemeen het nie….? Nog minder verstaan hulle wat die woord “gruwels” beteken.

    Wonder net of dit Adam en Eva was voordat hulle besef het hulle was “naak”…?

    (Gen 2:25) En hulle was altwee naak, die mens en sy vrou, maar hulle het hul nie geskaam nie.

    kom ons kyk wanneer die search engine die woord “naak” optel.

    johannes_11

    2 Julie 2007 at 13:04

  6. hei…van wanneer is mense uit daai deel van die wêreld wit?

    Johan Swarts

    3 Augustus 2007 at 18:33


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: