riviersonderend

Plekke waar jy nie wil wees nie

with 21 comments

Onlangs het Boerinballingskap sy top 10 bestemmings in Suid-Afrika aangewys. Time het ook ‘n lysie gemaak, maar van “depressing destinations“. Time se lys is werklik depressing. Dit sluit plekke soos Auschwitz, Omaha en Phnom Penh se volksmoordmuseum in. Ek weet nie of ek ooit enige van die plekke sal wil besoek nie. Die Jad Vashem (volksmoordmuseum) in Israel was erg genoeg.

Die lysies en depressing plekke het my laat wonder oor plekke in Suid-Afrika waar ek nie wil bly nie. Bo-aan my lys, sal Vereeniging wees (sorry aan almal wat familie daar het, daar gebore is, hulle eerste hond daar gekry het, of ‘n vakansiehuis daar besit). Waar is jou depressing plek in Suid-Afrika of plek waar jy nie wil bly nie?

Advertisements

Written by George Maru

28 Junie 2007 at 7:46

Posted in sommer net

21 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Pretoria.

    freddy

    28 Junie 2007 at 8:16

  2. Robertson
    Da’s hoekom ons buite Robertson woon.

    Weird and Passionate

    28 Junie 2007 at 8:37

  3. Ek stem met jou saam oor Vereeniging en alle ander plekke waar vaal mynhope en rook en stof is. Ek bly in Kempton Park – hopelik nie meer vir lank nie – weens beoogde uitbreidings aan die O.R. Tambo Lughawe. Die firma waarvoor my man werk, gaan binne die volgende jaar of 2 Pretoria toe verskuif en hierdie keer wil ek in ‘n mooi omgewing gaan bly (moontlik Irene).

    Ek sien Freddy hou nie van Pretoria nie maar daar is darem ‘n paar mooi voorstede in Pretoria, veral noord van die Magaliesberg en ook by Harties. Maar as ek rerig kon kies sou dit êrens in die Suid-Kaap wees (moontlik op ‘n plaas) waar ‘n prentjiemooi uitsig my begroet as ek by die vensters uit kyk!!

    Thea

    28 Junie 2007 at 8:56

  4. Sutherland…dis hopeloos te koud in die winter…mens bly net daar as mens wil oefen hoe om ‘n eskimo te wees

    PS. hou van jou blog

    aventer

    28 Junie 2007 at 11:30

  5. Ek sou die rysmuseum in Maleisië ingesluit het. Dis baie depressing.

    Salige Rus

    28 Junie 2007 at 11:50

  6. Daardie museum en die killing fields in Phnom Penh is erg. Ek het nou nog ‘n baie vivid prentjie in my kop van ‘n sekere boom met ‘n lang spyker waarteen babas doodgegooi is.

    Boksburg klink vir my na ‘n baie depressing plek in Suid-Afrika.

    idiwidi

    28 Junie 2007 at 12:32

  7. baardskeerderbos.
    of enige plek met net een (of geen) hoërskool.

    maeree

    28 Junie 2007 at 12:59

  8. Freddy, het jy al ooit in Pretoria gewoon? Dis meer as net Danville… PTA is een van die lekkerste plekke waar ek ooit gewoon het.

    Robertson?? So ‘n nice plek! Wat’s fout met Robertson?

    Die plekke waar ek NOOIT wil woon nie, is Sasolburg, Secunda en Witbank…jighhhh!

    boerinballingskap

    28 Junie 2007 at 14:52

  9. Robertson is great.

    Salige Rus

    28 Junie 2007 at 15:12

  10. aventer, dankie.

    Weird and Passionate, Robertson is cool, ten spyte van die feit dat ek al verskeie spoedkaartjies daar gekry het.

    George Maru

    28 Junie 2007 at 15:57

  11. Pretoria – het daar gebly vir 1 jaar – het in my lewe nog nooit sulke aanstellerige afrikaanse mense ontmoet nie!
    Witbank/scunda/sasolburg – vir “obvious reasons”

    amanda

    29 Junie 2007 at 1:18

  12. Zimbabwe

    Moenie vir my sê daai plek is nie deel van Suid Afrika…!

    johannes_11

    29 Junie 2007 at 10:31

  13. Ek is oop vir oortuiging re. Pretoria. Dankie vir die clue oor Danville. Thea, we-la-ka-pe-la, ek is in die Suid-Kaap!
    Ek is net nie so seker of ek baie gelukkig sal wees in ‘n plek waar Afrikaanse kitsmusiek thrive nie.
    (Shocking realization coming up) Gits, dis dalk beter as ‘n plek waar dit net bloot nog nie gearriveer het nie.

    freddy

    29 Junie 2007 at 18:32

  14. Vryf dit in Freddy, vryf dit in… 🙂

    Thea

    30 Junie 2007 at 18:07

  15. Mees depressing plekke in SA = Kriel, Ogies, Evander, Bethal, Trichardt. Ek sal my polse afkou as ek ooit weer gedwing word om daar te bly.

    sonkind

    30 Junie 2007 at 21:11

  16. Vanderbijlpark is veel meer depressing as Vereeniging. Ugh.

    Theo

    30 Junie 2007 at 22:25

  17. sonkind

    meeste van my familielede het daar groot geword (onder andere my ma en my pa) en sover is niemand nog op anti-depresante nie. As jy nou gesê het dis vaal en vervelig het ek 100% met jou saamgestem.

    Dis beter as wakkerstroom of amsterdam (mpumalanga)

    aventer

    1 Julie 2007 at 15:38

  18. Theo, ek was nog nooit in Vanderbijlpark nie (ek dink?). Maar die hele Vaaldriehoek kwalifiseer eintlik.

    George Maru

    2 Julie 2007 at 12:02

  19. Jy (eintlik jou longe) sal weet as jy al daar was!

    Maar ek stem saam… Die Vaaldriehoek is definitief korrek benaam…

    Theo

    2 Julie 2007 at 13:17

  20. Ek wil op geen plek bly waar daar nie regte egte hoë, klipperige berge is nie! Ek moet my stem teen die kranse hoor eggo so nou en dan!

    Om van Ceres (omring deur berge) na Malmesbury (met feitlik geen berge) te trek was ‘n erg traumatiese ondervinding – maar dit troos darem dat Tafelberg nie te vêr is nie!

    René Boshoff

    3 Julie 2007 at 10:07

  21. Dis net sissies wat die Vaaldriehoek uitvloek as “depressing”. Vra maar hierdie wereldreisiger! Die Vaal het charisma, persoonlikheid, karakter. As julle kon hoor hoe lekker storm die reendruppels vanaand op my dak, sou julle jul voortanne gee om nou saam met my ‘n pannekoek en glasie OBS af te sluk. Wees dapper en kom leer ons mense ken. .. dan sien jy wat mis jy nog jou lewe lank!

    Retha

    2 Oktober 2007 at 22:08


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: