riviersonderend

Pous rev Ferrari in die rooi, straight mans se twyfelagtige smaak en nog ‘n verjaarsdag

with 5 comments

Onlangs het die pous die 10 gebooie vir padgebruikers bekend gestel. Ja, die Vatikaan wil jou nie net vertel met wie jy mag slaap nie, maar ook hoe jy moet ry. Volgens die 10 gebooie vir padgebruikers, gaan almal in Suid-Afrika hel toe. Ferrari is egter nie gelukkig met die pous se jongste verbeeldingsvlug nie. Dit is sonde om ‘n kar te hê wat ander mense kan jaloers maak. Ferrari meen tensy prethê ‘n sonde geword het, is dit nie verkeerd om ‘n Ferrari te ry nie. Pret? Ek dink die pous glo dit is per definisie sonde. Ferrari is wel skuldig aan ‘n ander sonde: om Formule 1 te wil domineer. Hulle is darem nou gerehabiliteerde sondaars.

‘n Britse soldaat, John Rigby, wat in Irak diens gedoen het, sterf op sy 24ste verjaarsdag in ‘n bomaanval. Happy birthday. Vandag se gedig, Futility, vir John.

“Om mani padme hum.” Sê dit en doen iets goed vir ander lewende wesens. Dit is Saga Dawa, ‘n heilige maand vir Boeddhiste, waartydens jy ekstra moeite doen om lewe te bewaar. ‘n Groep Tibetane het in New York seeslakke en ander seegediertes gaan koop wat vir die etenstafel bedoel was en hulle in die hawe vrygelaat. Dit is merkwaardig dat hulle $ 1,400.00 ingesamel het tussen 15 families vir die doel, gegewe die feit dat almal families is wat 6, 7 dae ‘n week moet werk om te oorleef.

In ‘n meningsopname is 58% van Nieu-Seeland se inwoners gekant teen die idee dat die Christelike geloof Nieu-Seeland se amptelike geloof moet word. Hulle verkies ‘n sekulêre staat.

Slog berig oor iets wat almal nog altyd oor gewonder en vermoed het: lesbiërs het beter smaak as straight mans. Die bewyse? Onlangs het Maxim se lesers hul Top 100 Hot Women aangewys. AfterEllen het dieselfde gedoen. Straight mans dink Lindsay Lohan (ek jok nie) is die hotste van die hotstes, gevolg deur Jessica Alba en Scarlett Johansson. Lesbiërs plaas Leisha Hailey (The L Word) eerste, gevolg deur Angelina Jolie en Kate Winslet. Foto van Kate (vanaf AfterEllen):

winslet2.jpg

Advertisements

Written by George Maru

26 Junie 2007 at 7:08

Posted in nuus

Tagged with

5 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Ek hou daarvan dat Kate Winslet soveel aandag kry. Ten spyte daarvan dat haar look glad nie in die gewone modevormpie pas nie – sy het ronde heupe en hangtieties in plaas van die gewensde seunsagtige seninglyf met twee stywe spanspekkies, en tog is sy onmiskenbaar hot.

    idiwidi

    26 Junie 2007 at 8:23

  2. Ganadiglik het elkeen sy eie tipe smaak, of die een beter is as die ander is seker ‘n beredeneerbare onderwerp. Feit bly staan, meeste mense settle vir ‘n partner wat glad nie so damn hot is om mee te begin nie, wat maak hulle dus die experts?
    Ek het dus nie ‘n idee hoekom ek my sal wil steur aan enige aanwysing deur ‘n belaglike tydskrif soos Maxim nie. En nog minder AfterEllen. En vergeet gerus van FHM…

    Al wat ek vir al daai stemmende lesers kan se is: Put your money where your mouth is en date ‘n stunning girl, dan sal ek glo jy weet waarvan jy praat.

    Da Mario

    26 Junie 2007 at 8:49

  3. […] 26th, 2007 by Da Mario Ek lees op Riviersonderend dat Maxim en AfterEllen hulle lys van “Hottest”-girls bekend gemaak het.  Wat ‘n […]

  4. Nee wat, daai meningspeilings is gekook. Ek kan jou dit waarborg.

    Johan Swarts

    26 Junie 2007 at 12:52

  5. Net sodat daar geen misverstand is nie: “die straight mans se twyfelagtige smaak”-comment is met die tong stewig in die kies geskryf.

    George Maru

    27 Junie 2007 at 12:42


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: