riviersonderend

Wetenskap en geloof

with 10 comments

Die afgelope paar jaar het verskeie boeke die lig gesien wat geloof ongenaakbaar aangeval het. Terme soos “militante ateïs” en “fundamentalistiese ateïs” word gebruik vir skrywers soos Richard Dawkins en Sam Harris. Myns insiens het twee gebeure aanleiding gegee tot die opkoms van die sg. “militante ateïsme”: 9/11 en die verkiesing van George Bush tot Amerikaanse president.

Nadat George Bush, ‘n wedergebore Christen, president geword het, het hy dadelik begin om mense te polariseer rondom geloof. Dit het gou duidelik geword dat hy ‘n president vir fundamentalistiese Christene sou wees, en nie die hele Amerika nie. Dit het gepaardgegaan met minagting vir die wetenskap.

Die gebeure van 9/11 en Bush se gevolglike optrede het godsdiens in die spervuur geplaas. Dit is geen wonder dat daar soveel reaksie was nie. Mense reageer op ekstreme posisies (soos dié van Bush en sy ondersteuningsbasis van fundamentalistiese Christene) met ekstreme standpunte.

Neem vir Bush uit die Withuis en vervang hom met ‘n gematigde president en dit sal ook die einde wees van militante ateïsme. Dawkins en Harris sal nie naastenby soveel boeke verkoop soos nou nie en die debat oor die onversoenbaarheid van godsdiens en wetenskap sal sy dringendheid verloor.

Dit maak ‘n mens eintlik benoud om te besef hoeveel mag die Amerikaanse president het. Baie van George Bush se mislukkings is reeds bekend, alhoewel dit nie maklik gekwantifiseer kan word nie. Hoe plaas mens ‘n prys op Iraki’s se lewens? Ek wonder egter of toekomstige geslagte sal terugkyk en die skade wat Bush geloof aangedoen het, kan meet?

***

In die onlangse Scientific American verskyn ‘n gesprek tussen Richard Dawkins en Lawrence Krauss oor hoe die wetenskap godsdiens en sy volgelinge moet benader. Krauss verdedig ‘n rustiger gesprek tussen die groepe, in vergelyking met Dawkins se meer onverdraagsame aanslag.

Krauss vra ‘n interessante vraag aan Dawkins in die gesprek: “Kan wetenskap geloof verryk, of moet dit geloof noodwendig vernietig?”

The question came to me because I was recently asked to speak at a Catholic college at a symposium on science and religion. I guess I was viewed as someone interested in reconciling the two. After agreeing to lecture, I discovered that I had been assigned the title Science Enriching Faith. In spite of my initial qualms, the more I thought about the title, the more rationale I could see for it. The need to believe in a divine intelligence without direct evidence is, for better or worse, a fundamental component of many people’s psyches. I do not think we will rid humanity of religious faith any more than we will rid humanity of romantic love or many of the irrational but fundamental aspects of human cognition. While orthogonal from the scientific rational components, they are no less real and perhaps no less worthy of some celebration when we consider our humanity.

Waarop Dawkins as volg antwoord:

As an aside, such pessimism about humanity is popular among rationalists to the point of outright masochism. It is almost as though you and others at the conference where this dialogue began positively relish the idea that humanity is perpetually doomed to unreason. But I think irrationality has nothing to do with romantic love or poetry or the emotions that lie so close to what makes life worth living. Those are not orthogonal to rationality. Perhaps they are tangential to it. In any case, I am all for them, as are you. Positively irrational beliefs and superstitions are a different matter entirely. To accept that we can never be rid of them—that they are an irrevocable part of human nature—is manifestly untrue of you and, I would guess, most of your colleagues and friends. Isn’t it therefore rather condescending to assume that humans at large are constitutionally incapable of breaking free of them?

Advertisements

Written by George Maru

25 Junie 2007 at 8:14

Posted in godsdiens

10 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Titels, titels, titels…
    Dr. Prof. ere dr. director, author…
    ‘n kragtelose menslike poging om die “gesag” van hulle “woorde” te probeer onderskryf…
    maar steeds soekend..
    steeds meer vrae as antwoorde

    Dan verkies ek veeleerder om as “ongeleerde en eenvoudige” bekend te staan

    Handelinge 4:13 En toe hulle die vrymoedigheid van Petrus en Johannes sien en verstaan dat hulle ongeleerde en eenvoudige manne was, was hulle verwonderd en het hulle as metgeselle van Jesus herken.

    of dalk ‘n “metgesel van Jesus”.

    “ongeleerde en eenvoudige” johannes

    johannes_11

    25 Junie 2007 at 9:10

  2. soms kan kuns dinge beter sê as die wetenskap. kyk gerus futurama season 3 episode 20.

    die wetenskap is ‘n uiters nuttige tool. maar dis dit. dawkins se woorde het verseker gesag, maar hy sal vir my altyd aan die een kant van ‘n spektrum bly wat vir my lagwekkend geraak het.

    daar is net soveel wat jy forensies kan aflei omtrent die heelal voor jy in spekulasie begin verval. primeaval soup is een van daai spekulasies wat na alle waarskynlikheid nooit bevestig kan word nie.

    Johan Swarts

    25 Junie 2007 at 10:40

  3. […] Clark Link to Article george w bush Wetenskap en geloof » Posted at Riviersonderend on Monday, June […]

  4. Ek stem heeltmal hiermee saam:
    “Neem vir Bush uit die Withuis en vervang hom met ‘n gematigde president en dit sal ook die einde wees van militante ateïsme. Dawkins en Harris sal nie naastenby soveel boeke verkoop soos nou nie en die debat oor die onversoenbaarheid van godsdiens en wetenskap sal sy dringendheid verloor.”
    maar ek dink dit werk dalk in albei rigtings. Bush en Dawkins is mekaar se ying en yang, ek dink nie hulle kan sonder mekaar betaan nie.

    Ek dink baie van die sogenaamde opmars van fundamentalisme wat mense in die VSA en die Midde-Ooste sien, is nie noodwendig ‘n langtermyn fenomeen nie, maar eerder ‘n stuiptrekking van iets anders wat besig is om oor te gaan.

    Salige Rus

    25 Junie 2007 at 13:15

  5. My opinie is dat wereldryke soos die VSA, en die Britse Ryk voorheen, hul eie dryfkragte het wat met godsdiens niks te make het nie. Hierdie dryfkragte is die belange van groot maatskapye en die militere establishment, en om hierdie 2 redes sal groot ryke altyd oorlog maak, of die president nou ‘n fundamentalis is of nie. Die non-fundamentalis Clinton het ook oorloe gemaak en ander lande bombardeer. Ek reken hy sou ook Irak ingeval het as hy nog president was, want hy sou nie die militere establishment en groot maatskappye kon weier nie.
    Die non-fundamentalis Blair het ook Irak aangeval, en hy is eintlik ‘n ywerige neo-kolonialis.
    Godsdiens is maar net ‘n manier om die mense agter jou te kry, en in lande soos Brittanje waar godsdiens nie beskikbaar is vir hierdie doel nie, word ander verskonings eenvoudig gebruik, byvoorbeeld die ‘bevryding’ van Irak se mense, of die leuens oor wapens van massavernietiging.
    Na my mening oorskat julle ouens die rol van godsdiens meer as net ietwat.

    alleman

    25 Junie 2007 at 14:49

  6. Johannes, as dit nie vir die Prof. dr. ere dr. whatever was nie, het jy nog in ‘n grot gebly en was jy op 33 reeds oorle.

    Johan, waar gaan ek Futurama 3.20 kry?

    SR, en ek stem saam met jou!

    alleman, ek probeer nie die punt soseer maak dat Bush oorlog maak en godsdiens alleen gebruik as regverdiging nie. Dit gaan vir my meer oor die reaksie wat sy ultra-konserwatiewe verstaan van sy geloof tot gevolg gehad het. Daarom dat jy skielik die reaksie van ateïste soos Dawkins gekry het. Onder Bush het regse Christene se invloed in Amerika geweldig toegeneem (bv. die stryd rondom evolusie en intelligente ontwerp in skole). Myns insiens is die “militante” ateïsme ‘n reaksie daarop. Dit is eintlik al wat ek probeer sê.

    George Maru

    25 Junie 2007 at 15:52

  7. Wonner net hoe Adam dit kon regkry om 930 jaar oud te word..? Sonder ‘n dr en ‘n overdraft …?

    johannes_11

    Anoniem

    25 Junie 2007 at 17:04

  8. George en SR, ek het dit met julle gelyk.

    idiwidi

    25 Junie 2007 at 18:01

  9. om te kontekstualiseer – die robot (Bender) het gaan slaap in die loop van ‘n ruimteskip se kanon; toe die skip op ‘n ander skip skiet, is hy per ongeluk die ewigheid in geblaas deur sy vriende (Fry en Leela).

    die clip is saamgeflans. in die volle episode word (soos dit ‘n goeie narratief betaam) die kykers se aandag behou deur te verwissel na ‘n subplot wat op die aarde afspeel (Fry en Leela wat vir Bender probeer soek met die wêreld se grootste teleskoop). die clip wys meestal net relevante dele met Bender en (later) “God”.

    maar probeer tog om die hele episode te kyk. (dalk is dit beskikbaar in ‘n plaaslike videowinkel.) as ‘n geheel sê dit baie meer as net hierdie stukkies. ‘n stukkie met “God” aan die einde is ook uitgesny – saam met die laaste toneel van die subplot is dit die belangrikste stuk van die hele episode. (daar’s bv ‘n stuk waar bender vir “God” vra of Hy hom terug aarde toe kan stuur. dan sê “God”: “Earth? Where’s that?”)

    geniet.

    Johan Swarts

    25 Junie 2007 at 22:30

  10. Baie cool. Thx Johan.

    George Maru

    26 Junie 2007 at 8:13


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: