riviersonderend

‘n Meer verdwyn, moles in Jerusalem en ‘n verjaarsdag

with 11 comments

Watter geloof groei die vinnigste in Australië? Boeddhisme, natuurlik! The Voice of America report said Buddhism was now moving beyond Asian immigrant communities and spreading as a mainstream religion. The report said, “Experts who study religious trends in Australia say many converts to Buddhism found the teachings of some Christian churches too rigid and intolerant of questions about the faith.”

In Chile het ‘n ysgletsermeer verdwyn. Die meer was 2 hektaar groot en het tussen Maart en Mei verdwyn. Niemand is presies seker waarom dit gebeur het nie. Sommige spekuleer dat ‘n aardbewing daarvoor verantwoordelik was.

Marlene van Niekerk het die Sunday Times Fiksie Prys gewen met haar deurstopper Agaat. Geluk!

Studies bewys wat almal nog altyd vermoed het: praat oor jou issues en jy voel beter.

Aung San Suu Kyi het die week 62 geword. Sy is steeds onder huisarres, ten spyte van verskeie beroepe deur regerings vir haar vrylating. China en Indië steun die militêre Junta wat Birma onwettig regeer.

Jerusalem se gay pride optog het voortgegaan, ten spyte van besware en dreigemente van ortodokse Jode. Polisie is ingeroep om die vrede te bewaar. ‘n Man is gearresteer, nadat hy met ‘n tuisgemaakte bom betrap is.

Die Kreasioniste museum in Kentucky het onlangs sy deure vir die publiek oopgemaak. So hoe dink julle het Adam en Eva gelyk? Wel, hulle lyk maar baie, uhm, Europees vir my.

museum.jpg

Die New York Times berig:

It could be like any other natural history museum, luring families with the promise of immense fossils and dinosaur adventures.

But step a little farther into the entrance hall, and you come upon a pastoral scene undreamt of by any natural history museum. Two prehistoric children play near a burbling waterfall, thoroughly at home in the natural world. Dinosaurs cavort nearby, their animatronic mechanisms turning them into alluring companions, their gaping mouths seeming not threatening, but almost welcoming, as an Apatosaurus munches on leaves a few yards away.

Advertisements

Written by George Maru

22 Junie 2007 at 8:15

Posted in nuus

Tagged with

11 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. En die geloof wat die vinnigste groei in Brittanje? – Jedi, natuurlik. Dit het reeds Judaisme en Boeddhisme verbygesteek.

    alleman

    22 Junie 2007 at 9:38

  2. Gemeet aan die aantal ouens wat op Salig se artikel oor Ateïste (“Atheists are restless”) gecomments het… lyk dit of die support daar ietwat aan die taan is…? Of weet die humaniste nie hoe om die ateïste te handle nie…? Dit wil vir my voorkom of ons nou in soortgelyke era leef toe die Israeliete nie geweet het vanuit watter “…tiete” hulle afkomstig was nie…?

    (Gen 10:13-18) En Misraim was die vader van die Ludiete en Anamiete en Lehabiete en Naftuhiete en die Patrusiete en Kasluhiete—waaruit die Filistyne voortgekom het—en Kaftoriete. En Kanaän was die vader van Sidon, sy eersgeborene, en Het en die Jebusiete en Amoriete en Girgasiete en die Hewiete en Arkiete en Siniete en die Arwadiete en Semariete en Hamatiete. En daarna het die geslagte van die Kanaäniete hulle versprei.

    Dit lyk my die mens moes maar eerder ‘n muskiet gebly het… ek wonder wat was ons voordat ons ons volgende evolusie sprong 4biljoenjaar gelede gemaak het en toe ons nog almal muskiete was… ek raai ons was toe perdebyeniete… of was ons dalk ‘n heuningblyeliete…?

    Salig se Japeneeste kan dalk die oorsprong wees van ‘n heel nuwe nasie of volk “die japeneestemetofsondertiete” … sonder geslag natuurlik. Dit kan dalk die finale spyker in die kis van die NGKerk gay debat beteken. Dis nou as hulle kerkeenheid binne die volgende 100jaar kan bewerkstellig …. hopelik nadat Darkin se wetenskaplikes alles van hierdie skepping weet….!

    johannes_11

    22 Junie 2007 at 10:25

  3. Sorry “Darkin” moes “Dawkins” (Richard Dawkins)… se wetenskaplikes gewees het. Dalk ‘n nuwe generasie Dawkinsiete…?

    johannes_11

    22 Junie 2007 at 10:43

  4. Wie sal nie ‘n Jedi wil wees nie, as Yoda jou leermeester is? Ek sal ook aansluit.

    Johannes. Soms lewer ‘n mens nie kommentaar op blogposts nie, omdat jy SAAMSTEM. En waar o waar kom die androgene gedagtes vandaan? Dit lyk my jy het te veel -tiete op die brein.

    George Maru

    22 Junie 2007 at 11:28

  5. ek het volgende semester klas in skeppende skryfkunde by marlene van niekerk. ek dink dit gaan die gelukkigste ses maande van my lewe tot dusver wees.

    van die os op die jas – dankie vir hierdie weeklikse post. as inligtingverslaafde geniet ek dit gate uit.

    Johan Swarts

    22 Junie 2007 at 12:07

  6. dit moet seker van die androgene fenomeen wat wêreldwyd in die lug hang sy oorsprong hê… ek kan nie onthou of dit ‘n hy of ‘n sy is nie?

    johannes_11

    22 Junie 2007 at 13:11

  7. Johan ek is baie, baie jaloers op jou!

    Ek het Agaat geweldig geniet. Dis ‘n uitstekende boek. Ek kan myself egter amper nie voorstel dat jy die waarde daarvan in sy totaliteit kan behou in ‘n Engelse vertaling nie. Michiel Heyns het definitief nie ‘n maklike taak gehad nie.

    idiwidi

    22 Junie 2007 at 13:23

  8. China en Indie steun die junta in Burma (nou Myanmar), maar moenie vergeet dat SA nie in die VN Veiligheidsraad teen hierdie regime wou stem nie…so miskien is dit China, Indie en SA….

    boerinballingskap

    22 Junie 2007 at 15:28

  9. 1. ek kry afgryslike koue rillings as ek hoor van gletsers wat verdwyn. vandag is 23 junie en hier by ons is dit 29 grade celcius. dis alles pienk zuit se carbon footprint se skuld.

    2. is daai foto van adam en eva? dan was dit werklik paradys, as vroue hul gesighare met trots kon dra.

    3. ek laaik ook die weeklikse nuusberigte.

    maeree

    23 Junie 2007 at 16:41

  10. Johan en maeree, dankie. Nou hoef julle nie meer koerant te lees nie.

    Boer, Suid-Afrika se menseregte rekord post ’94 t.o.v. buitelandse beleid is ‘n verleentheid.

    George Maru

    24 Junie 2007 at 11:23

  11. Dit klink anyway baie beter om ‘n gay wall te besit as ‘n wailing wall.

    freddy

    24 Junie 2007 at 11:40


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: