riviersonderend

Joan of Arc

with 11 comments

Leonard Cohen het ‘n song geskryf oor Johanna van Ark. Ek dink dit is een van sy heel coolste songs. Gewoonlik as ek dit ‘n love song noem, stem mense nie saam nie. Hy sing oor haar laaste oomblikke op die brandstapel. Hier sing hy die song. Ek plaas ook die lirieke.

Now the flames they followed Joan of Arc
As she came riding through the dark;
No moon to keep her armour bright,
No man to get her through this very dark and smoky night.
She said, Im tired of the war,
I want the kind of work I had before,
A wedding dress or something white
To wear upon my swollen appetite.

Well, I’m glad to hear you talk this way,
You know I’ve watched you riding every day
And something in me just yearns to win
Such a cold and lonesome heroine.
And who are you? she sternly spoke
To the one beneath the smoke.
Why, I’m fire, he replied,
And I love your solitude, I love your pride.

Then fire, make your body cold,
I’m going to give you mine to hold,
Saying this she climbed inside
To be his one, to be his only bride.
And deep into his fiery heart
He took the dust of Joan of Arc,
And high above the wedding guests
He hung the ashes of her lovely wedding dress.

It was deep into his fiery heart
He took the dust of Joan of Arc,
And then she clearly understood
If he was fire, oh then she must be wood.
I saw her wince, I saw her cry,
I saw the glory in her eye.
Myself I long for love and light,
But must it come so cruel, and oh so bright?

Advertisements

Written by George Maru

20 Junie 2007 at 8:48

Posted in musiek

Tagged with

11 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Fantasties … dit het my dag gemaak.

    Ek dink Johanna het geweet dat om “uit die liggaam uit te woon” as sy te sterwe sou kom is om “by die Here in te woon”….!

    (2Kor 5:8) Maar ons het goeie moed en verkies om liewer uit die liggaam uit te woon en by die Here in te woon.

    Min van ons besef dat Moses gouer in die Beloofde Land was as die klomp Israeliete wat in die jaar 1407BC op die punt gestaan het om in die “fisiese beloofde land in te trek” … die nuttelose stukgrond waaroor die Israeliete en die Filistyne steeds vandag so baklei en steeds sal baklei tot die wederkoms waarskynlik in 2011.

    johannes_11

    20 Junie 2007 at 9:32

  2. Johannes, wat maak jy?

    George Maru

    20 Junie 2007 at 10:13

  3. […] 20 Jun 2007 Jeanne Posted by Pienk Zuit under Uncategorized  Dis nie net George wat mal is oor Jeanne d’Arc […]

    Jeanne « Die Pienk Zuit

    20 Junie 2007 at 10:30

  4. wat bedoel jy?
    rephrase.. ? vra jy of ek ‘n tikster of ‘n timmerman is…?

    johannes_11

    20 Junie 2007 at 11:46

  5. Die versies Johannes, die versies. Ek meen teen hierdie tyd weet almal sekerlik al dat jy glo die wêreld gaan in 2011 eindig. Dat jy ‘n uitgebreide kennis van Bybelversies het, is ook duidelik.

    Maar ek wonder hoekom jy op elke post in daardie rigting neig, saam met die Bybelversie? Dink jy dat jy die saad saai en hoop dat iets gebeur met een van die heidene wat hier lees? Indien wel, het ek vir jou slegte nuus. Die kwessies waaroor hierdie mense wonder, kan nie met ‘n Bybelversie opgelos word nie. Sorrie.

    Indien jy dit plaas om mense se geloof te versterk, wonder ek ook. Ek weet nie of hulle hier lees nie, want ek dink hulle wag reeds in die berge vir 2011.

    Ek kritiseer nie en ek wil jou ook nie sensor nie. Ek wonder maar net.

    George Maru

    20 Junie 2007 at 12:49

  6. OMD het ook ‘n song gehad wat baie nice is, naamlik “Maid of Orleans” – natuurlik meer pop as LC.

    boerinballingskap

    20 Junie 2007 at 14:09

  7. George dis jou goeie mening.

    Ek het ook vir jou slegte nuus… of dalk goeie nuus, afhangende vanuit watter hoek jy dit sien. Ek glo nogal dat die heiden wat die Woord hier lees ‘n groter kans het om in die ewige Koninkryk van God ingelei te word as in die kerke of kerkstrukture. Ek poog geensins om iemand te oortuig nie (dit was nog altyd God se soewereine werk…anyWay).

    Die volgende Skrifgedeelte bly daarom steeds toepaslik…. en beleef ek dit toenemend dienooreenkomstig dit wat verklaar word (veral buite om die kerke en kerkstrukture heen, glo dit as jy wil… selfs in die pub)

    (Jes 55:11) so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur.

    Dieselfde ou gesigte waarvan jy hier praat ken dalk my siening… maar ons weet nooit watter ander gesigte vandag jou blog besoek het nie. (dis immers hoe ek op jou blog afgekom het, deur ‘n search wat ek gedoen het)

    Ek vang maar biekie vis hier in jou rivier(sonderend)… “wie weet”… dalk dra dit by tot die “final harvest” wat tans aan die gang is (dis ook God se soewereine werk) … ! Ek “comments” maar soos wat dit op daardie oomblik in my gedagtes opkom…. en het niks om op te roem nie.

    Ek geniet steeds jou blog en die reis “moer toe die vreemde in” …. dis ten minste heel anders as kerk al voel dit soms soos “godsdiens”, jy vra vir comments en ek gee dit sonder hangups.

    Ek waardeer kritiek, en is geensins so fyngevoelig soos byvoorbeeld iemand soos Salig nie. As dit jou egter pla… sal ek aanbeweeg.

    johannes_11

    20 Junie 2007 at 15:29

  8. Johannes, nee man. Ek gesels met jou. Ek vra nie dat jy aanbeweeg nie. Jy bly welkom. Ek probeer maar net sê dat baie mense nie oortuig gaan word deur teksversies nie. Jy sal met hulle moet gesels en bewus moet raak van die probleme wat hulle met geloof het. Ek sien nie hoe ‘n teksvers die probleme gaan ongedaan maak nie.

    In elk geval, vis maar verder. Jy het my nou aan iets herinner oor visvang. Wag, ek gaan dit gou op die blog plaas.

    George Maru

    21 Junie 2007 at 8:31

  9. Boer, as ek reg onthou het OMD 2 songs gehad oor haar: Maid of Orleans en Joan of Arc.

    George Maru

    21 Junie 2007 at 9:39

  10. George ek dink nie die teksverse kan enige probleme ongedaan maak nie… probleme sal met ons bly solank hierdie geslag (die geslag vanaf Adam tot nou…) in die lewe bly. Maar weereens moet ons nie die Woord van God onderskat nie… Hy maak nuut sonder dat iemand daarvan bewus is. Die “big bang” vind nie met ‘n harde fisiese “oerknal” plaas nie. Maar “wie weet” wat in die diepste wese van die mens plaasvind…. daar waar geen wetenskaplike met sy “meetinstrumente” kan bykom nie…?

    (Rom 8:26 en 27) En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.

    Die song oor Johanna van Ark stel dit eintlik verstommend mooi…

    “If he was fire, oh then she must be wood.”

    aangrypend hoe “duurgekoop” die Evangelieboodskap in werklikheid is.

    Verstommend is dit egter hoe “afgewater” die mens (Adam) dit gemaak het.

    Ek wonder soms wat ek in so ‘n situasie sou doen….?

    johannes_11

    21 Junie 2007 at 10:22

  11. Heeltemal reg, George!

    boerinballingskap

    21 Junie 2007 at 14:36


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: