riviersonderend

Die oorsprong van Goth

with 18 comments

monalisa.jpg

Twee nuwe boeke het verskyn oor die Goth-kultuur: Contemporary Gothic deur Catherine Spooner (Reaktion Books), en Goth: Undead Subculture, Lauren M.E. Goodlad and Michael Bibby (Duke University Press):

As both books point out, there’s nothing new about goth culture, which goes back — well — to the Goths, the Germanic tribe that was dissed by mainstream culture (i.e., the Romans) as uncivilized and barbaric. The term was later applied to a style of medieval architecture by critics who regarded it as similarly uncultured, and subsequently to a late-18th- and early-19th-century style of literature dwelling on death and the supernatural. The modern goth movement emerged from the Batcave, a popular London nightclub, and as punk faded away, goth developed from an aberrant offshoot into a subculture of its own. Today the influence of the original goth bandsFields of the Nephilim, Joy Division, Sisters of Mercy, the Cure, Bauhaus — can be heard in the dominant bass lines and gloomy lyrics of bands like Mephisto Walz, London After Midnight, the Birthday Massacre, and Android Lust.

Die Goth-subkultuur word dikwels verkeerd verstaan:

Although they may look scary, goths tend to be unusually tolerant and peace loving. It’s a truism that, despite their fringe status, rejection of social norms, and interest in death, most of those who dress in goth styles tend to be shy and withdrawn, though not necessarily depressed. Anyone can be a goth; you don’t need to run in a pack (goths are traditionally loners). And, as teenage subcultures go, it’s unusually quiet and friendly. Goths are generally hygienic; their piercings are clean and discreet; they don’t stick dirty safety pins through their noses or ride around on motorbikes spitting and swearing.

Goth’s consistent popularity does not mean, as some curmudgeons assume, that young people today are becoming increasingly nihilistic and alienated. Anyone who feels that way doesn’t understand the essence of goth, which is really all about self-acceptance, self-expression, and creativity. Taking for granted the misery of the human condition, goth turns depression into an aesthetic, a semi-ironic pose — a perfect style for the awkward and self-conscious. Pale makeup, for both sexes, perfectly conceals bad complexions; goth clothing tends to cover, rather than display. And although its dark style was originally taken up as a backlash to the colorful disco music of the 70s, it may, in the end, be goth’s most successful feature. After all, who doesn’t look good in black?

Gotiese argitektuur:

450px-joan_of_arc-notre_dame.jpg

Standbeeld van Joan of Arc in Notre Dame katedraal.

Advertisements

Written by George Maru

18 Junie 2007 at 8:46

Posted in kuns

18 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Moet sê ek het nog nooit rerig die beheptheid met die dood verstaan nie. Ek is mal oor Joan, veral daardie standbeeld.

    Pienk Zuit

    18 Junie 2007 at 10:00

  2. Ek dink as ek tans ‘n tiener was sou ek myself dalk ook met die Goths align – sodat mense my sou uitlos en my nie altyd wil query oor hoekom ek ‘n sekere ding doen nie. Ek hou van die Goths want hulle druk die wEreld ‘n pit en die wEreld wonder nie of dit wel so is nie.

    nicovdm

    18 Junie 2007 at 10:27

  3. Is jy ‘n Goth?

    Salige Rus

    18 Junie 2007 at 12:15

  4. Ek? Nee.

    nicovdm

    18 Junie 2007 at 12:51

  5. Ek is ook nie een nie. Ek is saam met Pienk Zuit; kon dit nog nooit verstaan nie. Ek is ook nie mal oor die musiek nie.

    Maar ek dink wel hulle word verkeerd verstaan en verkeerdelik gedemoniseer deur sommige mense. Verder het ek ‘n rede gesoek om vir Joan hierbo te plak. Ek hou wel van die argitektuur.

    George Maru

    18 Junie 2007 at 13:42

  6. Daar is natuurlik ‘n verskil tussen regte Goths (hulle kom by so klub in Obs bymekaar) en wannabee Goths (tieners wat net kwaad is vir die wêreld en dan ‘n ruk lank swart klere dra). Eersgenoemde hou nie veel van laasgenoemde nie. Ek weet min van Goths, maar daar was ‘n paar wat saam met my gewerk het in Engeland, en hulle was nogal into pynlike seksgoeters. En hul make-up was nie vir my baie mooi nie, maar ek is heeltemal seker dis net omdat ek dit nie verstaan het nie.

    Salige Rus

    18 Junie 2007 at 15:10

  7. Ek is ook gek na Jean. Ek het eenkeer ‘n moerse groot, indrukwekkende ou skildery van haar in Versailles gesien. Die beeld bly my altyd by.

    boerinballingskap

    18 Junie 2007 at 16:33

  8. Dan hou ek maar liewer by die swart Boek… die Bybel.

    Al is dit soms bitter in die maag… en moeilik verteerbaar.

    (Openb 10:10) Toe neem ek die boekie uit die hand van die engel en eet dit op, en in my mond was dit soet soos heuning; maar toe ek dit geëet het, het my maag bitter geword.

    johannes_11

    19 Junie 2007 at 9:06

  9. Johannes, eet jy dit net so skoon, sonder margarien of botter? Jy moet vir Salige Rus vra ‘n broodjieresep met die swart boek in plaas van brood. Met ‘n komkommerskyfie of twee van die komkommerplantjie.

    George Maru

    19 Junie 2007 at 13:43

  10. george

    ongesuurd my vriend, ongesuurd (en so droog as wat Camping dit maar kan aanbied oor die radiosenders van Family Radio…)

    ek is baie bang vir die suurdeeg van die fariseers

    Salig is na afloop van die sinode nog te deurdrek van daai suurdeeg, ek wag maar dat hy my een of andertyd “unban”op sy blog,dan sal ek hom vra, intussen laat ek hom maar met Rus.

    Ek sien op hierdie stadium egter makliker kans vir een van daai suur groenolywe van hom… Intussen wag ek maar dat die wurm daai wonderboom waaronder hy tans skuil opvreet…

    (Jon 4:7) Maar God het die volgende môre toe die dag breek, ‘n wurm beskik; en dié het die wonderboom gesteek, sodat dit verdor het.

    johannes_11

    19 Junie 2007 at 15:04

  11. Ek het ‘n groot skildery van Joan in die NY Metropolitan gesien, en was dadelik verlief (dis voor ek my vrou ontmoet het 😉 Selfs mooier as Mila Jovovich.

    Pienk Zuit

    19 Junie 2007 at 16:44

  12. Johannes 11 really has a way with words. Nou nie dat ek hom sal unban nie, maar ek moet van tyd tot tyd my hoed afhaal.

    Salige Rus

    19 Junie 2007 at 17:03

  13. Ek is mal oor gotiese argitektuur. Op ‘n punt in my tienerjare het ek level editing gedoen vir rekenaarspeletjies; daai was een van die moeiliker boustyle om na te boots juis weens die gedetailleerdheid daarvan. Tos moeilik as jy net met convex polyhedrons en bezier curves kan werk en nog steeds r_speeds ingedagte moet hou.

    Johan Swarts

    19 Junie 2007 at 20:06

  14. Salige Rus, moenie die hoed afhaal nie. Dit is ‘n cool hoed.

    Ek gaan nog goeters oor Jeanne d’Arc plaas.

    Johan, ek verstaan glad nie jou laaste sin nie.

    George Maru

    20 Junie 2007 at 8:40

  15. Salig ek like daai reënboog hoedjie van jou…. moet hom nooit vir my afhaal nie, dit laat my dink aan die boog in die dae van Noag…

    (Gen 9:16) As die boog dan in die wolke staan, sal Ek dit aansien om gedagtig te wees aan die ewige verbond tussen God en al die lewende wesens in alle vlees wat op die aarde is.

    ook die reënboog wat ons eersdaags gaan sien wanneer die volgende Skrif letterlik in vervulling gaan..

    (Openb 10:1) En ek het ‘n ander sterk engel uit die hemel sien neerdaal, bekleed met ‘n wolk, en ‘n reënboog was oor sy hoof, en sy aangesig was soos die son, en sy voete soos pilare van vuur;

    (Rev 10:6) en hy het gesweer by Hom wat tot in alle ewigheid lewe, wat die hemel geskape het en wat daarin is, en die aarde en wat daarin is, en die see en wat daarin is, dat daar geen tyd meer sal wees nie;

    geen tyd meer….? Ook vir die Gothraeliete, en al daai ander …tiete.

    johannes_11

    20 Junie 2007 at 8:42

  16. r_speeds is ‘n maatstaf vir die aantal driehoeke wat op enige gegewe oomblik deur ‘n 3d-engine (spesifiek by rekenaarspeletjies soos quake) gerender moet word. hoe meer driehoeke, hoe meer berekeninge, hoe meer berekeninge, hoe meer tyd voordat ‘n volgende frame gerender kan word…en hoe langer dit neem om ‘n volgende frame te render, hoe laer die framerate.

    lae framerates het choppy, hakkerige beweging tot gevolg, wat die illusie van ‘n smooth werklikheid breek. in hedendaagse speletjies moet daar maklik 5 of meer reekse berekeninge vir een driehoek gedoen word agv shaders en bumpmapping en ander oulike dingetjies, wat beteken dat iemand wat ‘n virtuele wêreld bou, uiters versigtig moet wees met die aantal polyhedrons wat hy gebruik.

    ‘n polyhedron is ‘n veelvlakkige figuur bestaande uit polygons. polygons kan in hulle eenvoudigste vorm weer opgedeel word in driehoeke. om level editing te doen vir rekenaarspeletjies soos quake vereis normaalweg (weens die aard van die 3d-engine) dat levels uit konvekse polyhedrons gemaak word. laasgenoemde akkordeer nie so goed met die nabootsing van kurwes nie. bezier patches (wat uit bezier curves bestaan) is ‘n oplossing hiervoor, maar omdat hulle tydens rendering buitensporig meer driehoeke as polyhedrons tot gevolg het, moet hulle ekonomies gebruik word.

    om gotiese argitektuur met al haar kurwes en grilletjies en uitstekerige dingetjies na te boots en steeds gangbare framerates te kry, is ‘n uitdaging.

    Johan Swarts

    20 Junie 2007 at 15:20

  17. Jinne, Johan. Ek ken my rekenaars, maar graphics was nog nooit my forte nie; Jy het my nou in ‘n paar sinne meer geleer van graphics rendering as wat ek ooit geweet het daaraan is! Sjoe.

    nicovdm

    21 Junie 2007 at 9:22

  18. Hoekom in godsnaam ‘Joan of Arc’?? Sy’t as Fransvrou teen die Engelse geveg, for god’s sake!! Haar naam is ‘Jeanne d’Arc’, of as dit nou noodgedwonge in ‘n ander ander taal gemeld moet word, doen dit dan in Afrikaans (wat sover ek kan sien die taal van hierdie blog is): “Johanna van Arkel”, soos ook in Nederlands.

    bliepie

    9 Desember 2007 at 20:00


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: