riviersonderend

Gay Massachusetts, ‘n warmer aarde en die gevare van tennis

with 6 comments

Vandag is Vrydag. Drink vanaand ‘n bier, ‘n glas wyn of watookal op Massachusetts. Pogings van Christeniste om die staat se gayhuwelik-wetgewing ongedaan te maak, het misluk. Christeniste wou kiesers in 2008 vra om die huwelik te definieer as tussen ‘n man en ‘n vrou. Hulle moes ten minste 50 stemme in die wetgewer van 200 kry om die wysiging op die stembrief te kry. Hulle kon net 45 stemme kry. 151 het daarteen gestem. Meningsopnames wys dat 56% van Massachusetts se inwoners in elk geval teen die Christeniste se voorstel sal stem.

Groenland is heel opgewonde oor die vooruitsig van ‘n warmer aarde. Dit kan meer toeriste vir die wêreld se grootste eiland beteken. ‘n Nuwe eiland is selfs ontdek, noudat die ys smelt. Natuurlik, terwyl Groenland eilande ontdek, verloor die Maldives syne.

Tussen 2,5 en 3 miljoen mense het vanjaar deelgeneem aan Sao Paolo se gay pride optog. Dit is die grootste een in die wêreld.

Een man en drie vrouens word in Pakistan tereggestel vir owerspel. Hulle is in die openbaar doodgeskiet.

In Amerika, seker die gelowigste Westerse nasie, glo meer mense in kreasionisme as in die feite van evolusie. Dit is veral Republikeine wat daaraan ly.

Marc Gicquel het nie sy oog op die bal gehou nie. Sy opponent in Duitsland se ATP Halle toernooi, Benjamin Becker, het gedien teen 208 km/h. Die bal het Gicquel tussen die bene getref waar dit seermaak. Nadat hy weer bygekom het, het Gicquel 6-2, 7-6 gewen. Fotos:

marc_gicquel.jpg marc_gicquel2.jpg

Advertisements

Written by George Maru

15 Junie 2007 at 6:24

Posted in nuus

Tagged with

6 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. ooooh eina, teen 208 km / h kan dit kan nie lekker wees nie.

    Johan Swarts

    15 Junie 2007 at 8:53

  2. Ek sou ook kwaad wees en my opponent op@$# as hy my crown jewels teen daai spoed tref… EINA!

    Toe ek in Israel was het ek ‘n meisie van Groenland af ontmoet… ek het tot op daardie stadium nie besef daar is mense wat daar bly nie.

    nicovdm

    15 Junie 2007 at 9:33

  3. Ouch. Bly vir Massachusetts (vreeslike woord daai), dis my 2e keuse vir emigrasie…

    Adam

    15 Junie 2007 at 15:27

  4. “New balls!”

    BWB

    15 Junie 2007 at 16:59

  5. @BWB: 😛

    George Maru

    18 Junie 2007 at 13:42

  6. balls off!!!

    Anoniem

    1 Oktober 2009 at 12:47


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: